Skietstoel vs Skietraam

Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Skietstoel vs Skietraam

Post by Smirre »

More
My stoel is nie meer lekker nie en kyk nou na die opsies:

1. Bou weer 'n stoel

2. bou 'n raam 360 grade wat op die tralies pas met ' stoeltjie wat in die rondte draai

Wat stel julle voor??

Smirre
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Danie01 »

Stoel loshande, net soveel beter om die ligte, dimmer, roeper ens te hanteer en sal ook minder geraas wees van los drade ens.

Kry n lekker sterk bearing of as en bou op hom n stewige stoel wat nie sal breek nie. Mens kan n stoel regtig eenvoudig bou om prakties en maklik te werk.

Groete
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by JACQUES BOTHA »

Smirre
Ek is loshande die groter voorstaner vir raam, maar n raam is nie altyd die beste vir die manne wat baie jag nie,
Daar is baie rede bv jou lig is altyd op die regte plek op die stoel die geweer le reg en loop lekekr sag in die rondte ens...
Die raam maklik om op te sit en af te haal  aleen vir my  2 minute dan is hy op en vas en weer 2 minute dan is hy af(aleen)
As jy raam oplos vat hy min plek op jou bakkie,
Meeste verkies die stoel , lang nagte is beslis korter op die stoel as die raam, en as jy n gat slaan kan raam nogal so klein piekante letseltjie los hier op die hhogte waar hy staan waar jy as jyn ne jou safetybelt aanhet nie  net so lekker skut op die stoel.
So as jy baie jag en baie jag is die stoel  so pisdruppeltjie beter 
Maar raam is beslis akurater as die stoel en jy het meer bestendige platvorm om jou koele te lanseer.
Jy moet ligte ruil as jy oog optel; en dan geweer weer rig wat nie nodig is van die stoel af nie.
Maar mees gewildste beslis die stoel.  So bou eerder die stoel
Die raam is my persoonlike keuse omdat ek aleen moet oplaai en aflaai en dit vinnig wil doen en dit vir my werk, maar jy het voordele met die stoel wat ek ook het , maar min gebruik .
Groete
lekekr skiet van die stoel af ---meer voordele as nadele beslis
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Eugene »

Smirre, ek dink Ian hier op die forum bou skietstoele. Ek het een gesien wat hy vir 'n pel van my gebou het, wat kan links en regs skiet en dis BAIE netjies.

Groete
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by BLOK »

Ek reken JB het dit vir jou mooi opgesom.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Smirre »

Jacques

"Maar raam is beslis akurater as die stoel en jy het meer bestendige platvorm om jou koele te lanseer. "

Dit is BAIE waar en en van die redes hoekom ek na beide die opsies kyk.

Die lig en die dimmer moet ek nog sorteer en dan sal ek besluit

Smirre
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Wayne »

Smirre, build a new chair that can fit any bakkie, if you build a frame and then later change bakkies, you have to alter the thing again. my 2c worth
9mm Tanfoglio, .Parker Hale 308, Bruno 270, Savage 22-250, Ruger .204, .22 Bruno
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Martin Marais »

Naand Smirre

Ek verkies die skietraam. Ek het al stoele vir mense gebou,en dit dan self ook deeglik uitgetoets. Ek het op die skietbaan gaan skiet uit hierdie stoele,en ek het gevind dat ek baie beter groeperings vanuit die skietraam skiet as vanaf die skietstoel. Die nadeel van die raam is soos die manne reeds genoem het,dat jy sukkel met die ligte se drade. Ek gebruik die raam saam met 'n stoel waarvan die hoogte verstelbaar is. Ek jag oorwegend in bergwereld waar die terrein baie ongelyk is. Met die verstelbare stoel kan ek redelik maklik en vinnig aanpas vir 'n opdraande of afdraande skoot. Ek neem altyd iemand saam om die ligwerk vir my te doen. Die goeie staanplekke in my omgewing is gewoonlik baie klein,daarom moet 'n man maar vinnig skiet as die kat of jakkals sy verskyning maak. Ook in hierdie opsig werk my opset vir my beter as die skietstoel.

Elkeen het sy voor- en nadele. Jou persoonlike behoeftes sal bepaal wat in jou opsig vir jou die beste sal werk

Groete

Martin Marais.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Louis102 »

As jy ernstig wil roepjag, is 'n skietstoel 'n moet.  99,9% van ernstige roepjagters, met genoeg ervaring, sal 'n stoel verkies.  Geriefliker, stiller, meer georganiseerd.

Die argument van kamtige "akkurater" skietrame, is teoreties en dra nie water as dit by roepjag kom nie.  Dalk is daar 'n argument daarvoor op die skietbaan.  Onthou egter, uit 'n stoel is jou skietposisie en outomatiese rigting altyd min of meer reg en die selfde, seker van die belangrikste faktore, as dit kom by raakskiet van 'n teiken kom wat teen spoed inbeweeg en waar jy soms vinnig moet skiet as jou kans daar is.  Roofdiere kom soms teen ho? spoed inbeweeg en jy geen idee het waar en wanneer jy jou kans gaan kry om te skiet nie.  Ek is doodseker jy gaan in praktiese roepjag, akkurater uit 'n skietstoel wees.

'n Goeie skietstoel is meer as stabiel genoeg, as platvorm, om vannaf te roepjag.  Hoe "akkuraat" wil die manne nou dan nou vannaf 'n skietraam op die bakkie wees?  Taffie Mulder het al 'n jakkals op 480m uit sy stoel geskiet.  Op Heinrich Funck se DVD is daar 'n jakkals wat op 429m geskiet word uit sy skietstoel.  My rekord is 'n beskeie 370m, uit my skietstoel.  Hoe ver wil hierdie manne dan nou die jakkalse met hul skietrame skiet?

My beskeie opinie is om maar altyd te kyk hoe die beste van die bestes dit doen.  By Ops Mooihuil was daar 'n stuk of 25 bakkies en ek het nie een met 'n skietraam gesien nie.  Ek is doodseker die beter en meer ervare roepjagters is bykans almal skietstoel manne (weet nie of Jakes dalk onder een van hulle tel nie?)  Maak net seker die stoel wat op jou bakkie is, is nie 'n flintergat stoel nie.

Mooiloop!

Ns.  As jy sukkel om die stoel op- en af te laai, koop 'n blok & tackle by die pantjies winkel en hang dit aan die stoor se dakbalk op.  Boer maak 'n plan.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Ian »

Louis

10 uit 10 vir jou opinie. Ja, gelukkig verskil smaak want dan was ek, Freek en ander manne net besig om skietstoele te bou. My 2 sent - ek skiet al die jare alleen en soos jy ges? het is dit net baie meer georganiseerd. My geweer en ligte is permanent in die stoel as ek jakkalse skiet en al ry ek self. 'n Groot voordeel van 'n skietstoel - "It is a one mans game".

Groete
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by JACQUES BOTHA »

"|meer ervare roepjagters is bykans almal skietstoel manne (weet nie of Jakes dalk onder een van hulle tel nie?)  ""

Oom Leeu

Of ek onder hulle tel maak nie saak nie, My keuse bly m,y keuse en dalk maak ek nie n plan nie omdat ek ook nie n boer is nie..maar Ek glo vir die stoel skieters is die stoel n plesier en hulle keuse.

so die manne soos  Heinrich en hendrik en johan en almal wat net die raam geskiet het  en ek glo nie hulle het minder jakkalse geskiet as nou nie en ek glo nie hulle was ongeorganiseerd soos gedink of vemoed word nie.
Ek respekteer elkeen se manier van jag en skiet en is beindruk met die "beskeie Afstande " waarop julle ervare manne dit kan doen  .

Die stoel is beslis die een emt meer voordele en daar kan nogal soms selektief gelees word  as ons wil of hoe.

Conrad bv het duisend plus jakkalse van sy raam af geklits,
Heinrich baie jare met raam geskiet,
Hendrik  ook
Stefan ook n klompie meer geskiet as wat baie ouens al ooit in hul lewens gesien het. maar dis irrelevant  .
Die Belangrikste is kry die beste toerusting moontlik  waarvan jy hou en wat jy mee gemaklik is en as dit nou n stoel is , gebruik hom en ek se weer baie meer voordele  as nadele.
Vir die  man wat graag wil kan n raam bou vir r300 tot r500 rand die stoele is ongeveer 5000.00 as hy nou n nuwe een wil koop,

So geniet die stoel hy is lekker en gerieflik en georganiseerd .
Groete
Jacques
(kamtige akkuraatheid is nie kamtig nie dis n feit maar soos ek ook genoem het ) 
   
Shoot straight and tell the truth!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Eugene »

Kan ek as leek 'n dom vragie vra?

Ek weet hoe 'n skietstoel lyk, maar hoe lyk 'n skietraam?

Kan iemand 'n foto van 'n skietraam opsit?

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Geno »

So lyk 'n skietraam:

Image
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Eugene »

So, as ek reg verstaan, is jou geweer "vas" by 'n skietstoel in 'n arm, maar nie "vas" by 'n skietraam nie, alhoewel jy ook 360' kan skiet?
Aim small, miss small
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Louis102 »

Jakes, nogal geraai ek gaan jou tjank raaktrap! ;D

Ja, as jy 'n skietraam verkies, is dit mos nou nie nodig om na 'n stoel oor te slaan, op grond van my beskeie, leke opinie nie?  Wonder net hoekom die mees ervare manne wat jy noem (Heinrich en Hendrik, ken nie vir Conraad nie) later jare oorgeslaan het skietstoele toe?  Is dit nie dalk omdat hulle skietstoele bo skietrame verkies het nie?  Kan nie regtig aan 'n ander rede dink hoekom hulle sou verander het nie. 

Wonder ook hoekom het ek en jy geen skietrame daar by Ops Mooihuil gesien het nie?  As skietrame 'n goeie opsie was, sou daar sekerlik onder die hele aantal jagbakkies, 'n raam of twee gewees het, is dit nie?  Ons was mos beide daar, het jy enige skietrame gesien?

Let wel, ek het nie ges? dis onmoontlik om jakkalse vanuit 'n skietraam te skiet nie,  net dat 'n skietstoel die beter opsie is.  Klink amper asof jy dan en wan, daarmee wil saamstem?

T.o.v. die akkuraatheid "feit":  Mag ek verskil?  As 'n jakkals op meer as 400m uit 'n skietstoel doodgeskiet kan word, is dit nie meer as akkuraat genoeg nie?  Onthou, ons praat nou nie hier van papierskiet nie, ons praat van jakkalse doodskiet.  As 'n jakkals dood is, is hy dood, hoeveel akkurater as morsdood kan jy hom skiet?  Dit gegewe die veronderstelling dat ek en die meerderheid ander sterflinge wat verantwoordelik probeer jakkalse skiet, selde sal waag om bo 250m, miskien 300m op 'n jakkals te skiet.

T.o.v. georganiseerd:  Betwyfel jy dat 'n skietstoel meer georganiseerd is as 'n skietraam?  Ek glo nie jy sal nie, sal jy?

Lekker om met jou te redekawel Jakes!

Mooiloop!

Eugene, dit is nie nodig dat jou geweer "vas" is in 'n skietarm nie.  My skietstoel het slegs 'n mik op en my geweer l? los daarin.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Eugene »

Louis, dankie, ek en jy bedoel dieselfde ding, ek druk my net swak uit!  :-[
Het eintlik bedoel dat daar by 'n skietstoel 'n arm is waarin die geweer l?, terwyl daar nie 'n soortgelyke arm by 'n skietraam is nie!  ;D ;D ;D
Aim small, miss small
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Martin Marais »

Jammer as ek afdwaal van die topic af. Ek sien julle manne praat van "meer ervare jagters",my vraag is nou,Wanneer en hoe kwalifiseer 'n jagter om as ervare beskou te word.

Ek hoor graag

Groete

Martin Marais
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Wouter Roets »

Martin

Blykbaar as jy vir jakkie hier by die 370m merk kan omdop. Weet nie of dit dieselfde vir die skiettafel ook is nie maar dit lyk of dit wel die merk is vir die stoel. Klink vir my dat dit dalk moontlik verder kan wees vir die skiettafel aangesien die inherent meer akkuraad is.

Regtig nie seker hieroor nie, leer ook maar saam met jou!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Louis102 »

Martin Marais wrote: ... Wanneer en hoe kwalifiseer 'n jagter om as ervare beskou te word ...
Martin, geen amptelike kwalifikasie wat jy kan verwerf, sover ek weet nie, so dit hang seker maar af deur wie se o? jy kyk.  Ek sou reken 'n roepjagter wat na 5 jaar plus, steeds volhoubaar, suksesvol en voltyds in die bedryf is (jakkalse sy hoof inkomste), daardie is die manne om na te luister.  Dis die manne waarvoor ek in elk geval respek het, jy sal nie so 'n lewe kan maak, as jy nie iets weet van jakkalse skiet nie.  Daarna kom die manne wat so seker 1000 plus jakkalse tussen die skaapboere omgedop het (daai jakkalse is normaalweg so effe meer van 'n uitdaging as die wildtuin se jakkalse)

Nee Wouter, om 'n jakkals op 370m dood te skiet, kwalifiseer jou nie as 'n ervare roepjagter nie ;D  Dan kon kwakke soos ek ook met bietjie oefening, die regte gereedskap en 'n ton geluk, kwalifiseer!  Terloops, die lang afstand jakkalse waarvan ek vermelding gemaak het, het niks met kennis en ervaring van roepjag te doen nie, as jy mooi gaan lees.  Dit was slegs om 'n punt te staaf dat skietstoele nie so slegte skietplatform is om vannaf te jag nie, behalwe as jy natuurlik die jakkals dooier as dood wil skiet :laugh:.

Sommer net so terloopse opinie van my.  Dalk is ek verkeerd, hoor graag wat die manne s?, wat weet.

Mooiloop!
Goeie dade oortref goeie woorde.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Wouter Roets »

Louis

Nee ek vat sommer gat! Dis so stil hier ek dink ons moet maar die manne wat op vakansie is terug roep vir n bietjie vermaak! ;D EK mag einlik niks hier se nie want ek weet net minder as boggerall van die goed!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by cassie_calvinia »

ek verkies ook skiet stoel.
ek kan nie sien as 'n mens 2 sekondes het om te skiet, hoe 'n raam akkurater is nie. tensy 'n mens maar treurig sweis, en jou stoel lomp is.
HOU HOM DAAI DIKTE
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Louis102 »

cassie_calvinia wrote: .... tensy 'n mens maar treurig sweis, en jou stoel lomp is ....
Nou praat jy 'n ding Cassie!!  Ook al skietstoele gesien (en gehad) wat nie baie lekker is nie - selfs gevaarlik!  Maar my ou stoeltjie, soos hy nou is, sal ek jakkalsoorlog toe mee .... wonder hoeveel tyd ek in hom spandeer het?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by BLOK »

Louis102 wrote:   Maar my ou stoeltjie, soos hy nou is, sal ek jakkalsoorlog toe mee .... wonder hoeveel tyd ek in hom spandeer het?

Jy bedoel weer terug jakkals oorlog toe, ons was mos al daar as peleton onder ene generaal Taf.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Martin Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 573
Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Martin Marais »

Middag Manne

Ek het die jakke vir 'n ekstra inkomste gejag vir ongeveer 12 jaar. Ek het my werk verloor a.g.v. 'n werksongeluk,was medies ongeskik verklaar vir my beroep as sweiser na vele rugoperasies. Ek het ongelukkig so 4 jaar gelede doof geword a.g.v. erge breinvliesontsteking. Dink my aantal slagoffers,dit is nou rooikatte en rooijakkalse trek al anderkant 800. Ek hoop darem ek tel ook nou onder die meer ervare jagters.(Grappie)

Dankie vir jul insette,ek waardeer dit.

Groete

Martin Marais
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Skietstoel vs Skietraam

Post by Kleinpiet »

hoe 'n raam akkurater is nie. tensy 'n mens maar treurig sweis, en jou stoel lomp is.

Ek het ook met 'n raam begin en toe meerste stoel gebou.  Die sweis en vakmanskap was egter op daardie stadium nie so goed nie. (Wou hom vinnig maak)  ek't toe my tweede stoel gebou en het al 'n paar modifikasies ook gemaak.  Dit is egter belangrik om hom ordentlik, stewig, prakties en gemaklik te maak.  My eerste stoel het 'n plantersaal as sitplek gehad.  Glo my in die winter het 'n man letterlik van onder gevries en daar is niks wat 'n man so frustreer as 'n sweisplek wat breek of 'n stoel wat raas as jy in die rondte draai nie.

Groete
Post Reply