Page 1 of 3
Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:13 am
by Wouter Roets
Hallo Mede Forumlede
Hierdie spesifieke debat heers nou vir ongeveer 2 jaar op die Forum en ons sien ongelukkig nie n einde daaraan nie. Na aanlyding van die laaste ruk se gebeure het dit vir ons van die bestuur se kant af genoodsaak om nou in te gryp in die verband. Ons het tot nou toe probeer om dit te bestuur en die lede vrye teuls te probeer gee om sodoende te kyk of hulle dit onder mekaar nie kan uitsorteer soos volwasse mense nie. Dit is die gees wat Jaracal nog altyd probeer handhaaf deur riglyne te stel maar nog steeds lede die geleentheid gee om vrylik te kan komminikeer met mekaar. Gesonde debat is die hoekstene van hierdie wonderlike platform waar so baie mense baat mee vind deur die proses.
Ongelukkig het sekere lede hierdie te ver gevat en dit het ontaard in moddergooiery wat persoonlik van aard geraak het. Dit skep n ontsmaaklike atmosveer vir die normale lede en die Forum in geheel vind geen baat in die verband nie. Ons as bestuur het dit goed gedink om drie lede in die verband te "ban" vir n tydperk sodat hulle bietjie introspeksie kan doen oor hulle optrede. Ons hoop van harte dat die drie persone hierdie tydjie sal gebruik om hulle optrede hier op die Forum sal ontleed en te besin oor wat hulle bydraes in die toekoms hier sal wees. Ons voel hierdie is die regte stappe in die verband en hoop weereens die lede dit ook so sal sien.
Om dit weereens net te bevestig noem ons dit weer dat ons graag van die Forum se kant die gebruik van regte terme aanbeveel met herlaai indien julle kan om sodoende verwarrig uit te skakel en eenvoudigheid te verseker in hierdie lewensgevaarlike tydverdryf van ons. In dieselfde asem wil ons geen persoon afsit in die verband nie en erken almal se reg tot spraak. Ons vra weereens dat almal mekaar se besluite in die verband respekteer, reg of verkeerd. Vra jou vra met gerustheid en die regte antwoorde sal gegee word. Onthou hierdie onderwerp gaan oor persone wat verkeerdelik opgetree het en het absoluut niks uit te maak met lede wat onkundig is in die verband nie. Baie lede is hier om te leer en ons doen juis hierdie om hierdie gees van vrylike uitruil van informasie te promoveer en aan te moedig. Geen persoon hier is groter as hierdie platvorm van samekoms van mense wat hulle passie onder mekaar wil deel nie! Ons almal is gaste op hierdie platvorm en moet ook probeer om dit te respekteer en diensooreenkomstig op te tree.
Ons hoop van harte dat hierdie stappe die gees van hierdie wonderlike Forum weer in ere sal herstel waar daar vrylik en met respek met mekaar gekomminikeer kan word.
Groetnis
Bestuur van Jaracal
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:23 am
by Naas
Baie dankie Manne.
Ek steun julle besluit ten volle.
Nou kan die Forum weer terugkeer na volspoed.
Naas
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:28 am
by prohunt
Baie dankie Jaracal Bestuur.
+1000
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:29 am
by Eugene
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:37 am
by the kid
DANKIE TOG!!!!
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:42 am
by kopskoot
Dankie Manne
Ek neem aan, as ek hier kan reply, is ek nie een van hulle nie, alhoewel ek self "deelgeneem" het.
Vir die wat wel ge "ban" is. ietsie vir padkos
[i

mg][/img]
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:43 am
by Chevvy SS
Hallo Wouter
Ek stem volkome saam rakende dit wat jy ges? het en is bly dat hierdie afbrekende tendens nie verder kan voortgaan nie, spesifiek rondom die punt/koe?l debat.
Vergun my egter die volgende:
1. Ek stem nie saam met die "ban" nie, aangesien ek op 'n 'n motorforum dieselfde ervaring gehad het omrede 'n moderator se siening van myne verskil het. Dit het spesifiek gegaan oor ons verskillende interpretasies van rassisme, en alhoewel ek hom daarop gewys het dat dit nie net tussen rasse bestaan nie en selfs in een ras voorkom ( meer as een begrip daarvan uit WIKIPEDIA), het hy steeds voortgegaan daarmee want hy het swak oordeel gebruik en sy siening as die enigste "korrekte" een aanvaar. Ek is nou nog bitter daaroor.
2. Om verban te word, skep 'n minderwaardigheisgevoel, terwyl van daardie persone nie die hele forum benadeel het nie,
3. Ons mis dalk waardevolle insette wat hierdie manne kon lewer,
4. Hulle vriende op die forum word ook indirek hierdeur geraak.
Ek weet julle as moderators het nie tyd om hierdie goed gedurig temonitor nie en kry dalk baie pm's van manne wat keelvol is, maar oorweeg weer asb?
Dankie.
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:45 am
by SV MAD (Henk)
Dankie
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:46 am
by Eugene
Chevvy SS wrote:

Chevvy, noudat ek mooi dink, stem ek met jou ook saam! Wat van 'n "finale waarskuwing" voor die ban?
Baie bly ek is nie 'n moderator nie....
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:54 am
by Biltong
Dankie aan die moderators, ek dink dis die regte ding - julle is geen alternatief gelaat nie.
Hoewel ons nie nou weet wie tydelik verban is nie, is ek seker dat hulle behoorlik gewaarsku is, byde deur die moderators en deur versoeke van mede forumlede.
Lekker dag.
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 9:56 am
by Piet Breedt
Baie dankie, ek wou al naar word as ek op elke denkbare geweer/jag forum dieselfde argument lees
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:01 am
by Smirre
Met ander woorde die KOEEL is nou deur die kerk vir die onderwerp!!!!!!
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:05 am
by LUAN
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:12 am
by BLOK
Wouter
Ek dink hierdie was al lankal nodag, almal van ons het maar n aandeel maar ja daar is n paar manne wat die situasie te ver beginne stoot het. Soos jy se is dit nie n permanente ban nie net n afkoel periode amper n soort van geel kaart.
Wat ek wel vir die res en dit geld vir my ook wil vra is dat van hier af geen verdere aanmerkings of opmerkings in die verband van die punt koel gedoen moet word nie. Kom ons los nou die storie en beweeg aan. Ek dink amper ons moet sommer as iemand dit opbring of op n ander plek aanhaal of vergrap die persoon ook n maand geelkaart behoort te kry.
Self praat ek van punt nie vir haaks geit nie maar as hier jagters kom ek in my plaaslike geweer winkel kom of sommer net die plaaslike baan is dit die term wat gebruik word kom ons los dit nou so en anvaar dit as deel van die breer inkorrekte beskrywing. Hier op die forum praat ek somtyds van koel andere kere van punt en ek glo almal verstaan wat ek van praat.
Kom ons gun die manne hul ruskans moontlik as hulle klaar gerus het kom hulle soos ons hoop Ludwig ook sal doen met net meer spoed en ekstra bydraes terug.
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:14 am
by PJS
Smirre wrote:
Met ander woorde die KOEEL is nou deur die kerk vir die onderwerp!!!!!!
Ek dag ons is nou klaar hiermee?!
Manne ek dink ons kan almal hieruit leer dat ons mekaar moet respekteer, maar ook grootmoedig van mekaar kan leer sonder om dit persoonlik te vat.
Dit was nodig dat daar standpunt ingneem word, tog jammer want ek dink waardevolle bydraes nie gemaak sal word as gevolg hiervan nie.
Mooiloop.
PJ
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:15 am
by Wouter Roets
Hallo Chevvy
Ek hoor wat jy se en dankie daarvoor. Hierdie was geensins n maklike besluit gewees nie en ek is deeglik bewus daar is nooit n werlike regte een in die verband nie. Maar ons voel dat daar wel iets drasties gedoen moes word om mense te laat besef ons is ernstig in die verband. Verstaan asb dat ons geensins kant gekies het in die saga nie. Ons gevoel is duidelik hier een van "let and let live" tesame met n vermaning dat ons tog vir almal vra om die regte terme te gebruik indien moontlik.
Onthou die hele stryery is die byproduk en dit het meer gegaan oor die drie persone se optrede en persoonlike aanmerkings teenoor mekaar. Verskeie vermanings is gerig in die verband deur lede sowel as moderators sonder enige effek. Dit het geheel en al hand uitgeruk. Sien die sewe dae ban as n afkoel prejode waar elkeen van die drie dan kan besin oor hulle toekomstige optrede hier op die forum. Al drie is baie welkom terug en daar is geen kwade gevoelens teenoor hulle nie, maar hulle moet ook verstaan dat hulle gaste hier is en diensooreenkomstig moet optree volgens die gees en algemen vooruitgang van die forum.
Ek is basies alleen hier en kan en wil nie elke post deurlees oordat n paar mense nie met respek teenoor ander hulself in toom kan hou nie. Die ou seding wat die meeste volwasse mense darem saamstem is hier baie van pas en dit is "To agree to disagree" en aan te beweeg sonder om persoonlik te raak. Hierdie simdroom van die laaste woord inkry het verseker alles versuur.
Ek wil nie graag he dat hierdie nou n groot debat word tussen ons almal nie en vra dat almal dit sal respekteer vir wat dit is. Dit gaan oor die Forum en die se gesonde welstand. Daar is niks wat n platform soos die laat doodloop soos die gebeure van die afgelope week nie.
Groetnis
Wouter
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:29 am
by Eugene
Dankie Wouter, ons verstaan duidelik en berus daarby!
Dankie vir jou en ook die ander moderators se harde en ondankbare werk wat julle hier doen! Sonder julle sal iets soos die forum nie kan bestaan nie!
Groete
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:37 am
by Dawie Malan
Wouter
Waar "Like" ek hierdie bladsy?
Dawie
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:46 am
by Koos Barnard
Dags?
Tydelike verbanning gaan nie help nie, veral nie vir sekere oortreders nie - die ding gaan weer opvlam as die bantydperk verby is. Dis soos met ouens wat uit is op parool, te veel van hulle pleeg dadelik weer misdade.
Mooi loop
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 10:49 am
by Lourens
Wouter en die ander Mods,
Baie dankie, dit was soos die engelsman se "long overdue". As mense hulle nie kan gedra in 'n openbare plek nie moet hulle die gevolge dra. 'n Gedurige moddergooiery bied geen voordeel vir die forum nie. Die storie was gedurig opgehaal en is by die tyd al holrug gery. Ek dink die beste besluit wat julle kon neem was om van hierdie manne 'n voorbeeld te maak. Ek hoop hulle gebruik die afkoel periode om te besin oor hoe hulle in die toekoms hier op die forum gaan optree. As hulle na die afkoel periode terugkeer hoop ek dis in goeie gees en dat daar geen kwade gevoelens sal wees nie.
Wout weereens dankie vir die goeie werk wat jy en die ander mods doen, sonder julle sou die forum 'n lee plek gewees het.
Groete,
Lou
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 11:45 am
by Chevvy SS
Eugene wrote:
Dankie Wouter, ons verstaan duidelik en berus daarby!
Dankie vir jou en ook die ander moderators se harde en ondankbare werk wat julle hier doen! Sonder julle sal iets soos die forum nie kan bestaan nie!
Groete
En die forum is goud werd vir ons!
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 11:51 am
by Chevvy SS
Koos Barnard wrote:
Dags?
Tydelike verbanning gaan nie help nie, veral nie vir sekere oortreders nie - die ding gaan weer opvlam as die bantydperk verby is. Dis soos met ouens wat uit is op parool, te veel van hulle pleeg dadelik weer misdade.
Mooi loop
Ek verskil Koos. Die 7 dae, na moontlike waarskuwings wat al gerig is, behoort die boodskap duidelik oor te dra. Ons verloor almal soms ons humeur as ons gatte gekrap word; ons is almal menslik.
Ek is baie bly vir die manne se onthalwe dat dit net 7 dae is.
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 12:22 pm
by Louis Kriel
Op 'n ander noot! Ek het nou net 2 blikke dryfmiddel gekoop vir R190 elk by S&O! Of is dit nou poeier of dalk kruit??

Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 1:09 pm
by Pitbull
Hi manne
Dankbaar dat dit tot einde gekom het. Ou DirtyOldsix jy kan dit ma noem wat jy wil so lank dit die" ding" by die loop se punt uit stoot teen 3400 foet per sekond sal ek dit koop.
Lekke dag,
Henno
Re: Die Koeel/Punt saga, Jaracal se standpunt.
Posted: Fri Sep 28, 2012 1:45 pm
by Stefan764
Wouter Roets wrote:
atmosveer
Middag manne
Terwyl hier nou n rustige
atmosfeer heers het ek dit goedgedink om die korrekte spelling van bogenoemde woordie sommer hier te plaas.
Welgedaan Wout en ander, ek stem saam met die besluit.
Lekker naweek
Stef