Vlakvarkboud Resepte

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Vlakvarkboud Resepte

Post by Gerhard Smith »

Naand Almal.
Het vandag my eerste vlakvark geskiet en het die twee boude uitgesny en gaan die res wors en cheese grillers laat maak. Maar nou is my probleem ek het nie n idee wat om met die boude te maak nie wil dit graag in die oond doen en het nou op die forum n paar resepte gelees maar nou wonder ek of daar nie dalk nog n paar manne is wat dalk nog n paar lekker resepte het wat hulle ken nie. Ek is nogal nie so mal oor naeltjies nie.
Lees graag julle antwoorde.

Baie Dankie
Groete
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by LUAN »

User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by Gerhard Smith »

Ja *303* ek weet dit was al op die forum :laugh:
Het dit gelees ook wou maar net weet of daar nie dalk nog ouens is wat iets meer kan by voeg nie.
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
User avatar
chill
Newbie
Newbie
Posts: 42
Joined: Sat May 19, 2012 4:18 pm

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by chill »

Ek 2 boude laat rook en Vacuum pack in 'n sout suur BBQ sous.
Hulle toegedraai in Vark Rashers en ons het hulle so 4 ure gespit teen 'n medium hitte.

Was baie lekker.
Al wat ek aan die resep sal verander vir volgende keer, is om 'n cabanossi of twee in die boud te druk vir bietjie vet.

Chill
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by LUAN »

Het hierdie gekry by werkskolega

Laat le 2 dae in old brown sherry
Draai om gereeld
Stop met knoffel, roos marein, kersies, saatlose pruime en baie gevriesde spek stukkies
Gooi sout en peper
Sit in oond sommer met die old brown in die bak
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by Skolla »

Koop 2 x 1lt brandewyn.
Gooi die inhoud van 1 bottel oor die boud en laat l? die boud van woensdag tot vrydag aand in die brandewyn.
Gooi die boud vrydag aand weg en gebruik die ander bottel tot op. ;D ;D

Sorry, kon dit nie weerstaan.
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by Gerhard Smith »

Hahahahahahahahaha Skolla

Goeie een daai ek hoop darem nie is regtig so erg nie.

Lekker aand verder

Groete
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by Dawie Malan »

'n Jong sog se boude is baie lekker. Jy kan dit amper soos sushi eet ;D, maar 'n ou groot beer se vleis is WILD. Laat dit l? in rooiwyn (goedkoop rooiwyn asseblief) en bruinsuiker in 'n plastieksak wat jy kort kort omdraai. Dis ook lekker as jy dit in slaaisous laat l?.

Moenie dronk raak op die goedkoop rooiwyn nie, jy gaan die boud verbrand.

Dawie
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by Lourens Potgieter »

Ek wil Desember 'n boud stop en dan saam met paar eisbeins op my weber braai. Dink julle die weber sal die ding doen met die boud? Maak net op die kante vuur, en laat daai boud stadig braai.....
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by Jakkalsgat »

Rook daai jong sog se boud
Vries hom en saag hom dan dun tjops so 1 cm maak nou vir jou lekker "batter" of meng meel met "sixgun" klits eier. Doop nou tjops in eier en dan in meel mengsel. Pak die tjops op yskas rak en los vir 30 minute.

Maak nou vir jou Bloukaas en Mushroom sous

125g Bloukaas
Pakkie vars gesnyde sampioene
1 Pakkie wit uiesop
500ml varsroom
fyn knoffel
100 ml melk
mosterd

Smelt kaas in botter
voeg nou knoffel en 1tlp mosterd by
meng room melk en soppoeier
roer mengsel by kaas.

op lae hitte prut mengsel vir 5 minute en verwyder van hitte.

In vlak olie braai nou tjops tot gaar,
bedien warm met bloukaas sous

Wat jy saam dit eet is jou saak

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Gerhard Smith
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Feb 18, 2012 4:46 pm

Re: Vlakvarkboud Resepte

Post by Gerhard Smith »

Dankie Jakkalsgat

Klink of daai kan loop soos stroop. Sal hom probeer en laat weet wat is die uiteinde.

Groete
.308 Musgrave "Suddenly"
.22 Norinco (Wag nog)
Post Reply