Page 1 of 1

RAT PACKS

Posted: Sun Sep 23, 2012 7:16 pm
by bullseye
Naand manne ,
weet iemand dalk waar mens rat packs of iets soort gelyks in die hande kan kry?
dankie
Bullseye.

Re: RAT PACKS

Posted: Sun Sep 23, 2012 7:36 pm
by grumpy
Waar val jy uit die bus met die goed? ???  Hetb laas van dit gehad in 80 in die bos toe ek nog DP gedoen het. Ek dog manne het al van dit vergeet!!! ;D

Re: RAT PACKS

Posted: Sun Sep 23, 2012 8:14 pm
by ruger
Gesien by 'n kampeerwinkel verkoop hul iets soortgelyk

Re: RAT PACKS

Posted: Sun Sep 23, 2012 9:41 pm
by Cobus(Cobb)
bullseye wrote: Naand manne ,
weet iemand dalk waar mens rat packs of iets soort gelyks in die hande kan kry?
dankie
Bullseye.
in Pta Wes is daar 'n surplus army issue winkel....het al daar gesien...ek was geskok oor die prys..

Cheers

Re: RAT PACKS

Posted: Mon Sep 24, 2012 9:04 am
by molopohunter
Dagse manne,

Soos Cobb se, daai surplus plek in pta het. Hulle was laas so R850 n kas van 10.
Hulle nr: 012 327 3282
Ons gebruik dit party keer vir die slagters, en ek onthou die goed ook van as my pa'le na partollies terug gekom het. Bivak kampe was die goed goud werd.

Hoop jy kom reg. Anders het party trappes en k-way winkels n mre weergawe. Dink het al in due south ook al gesien.

Groete,
Peet

Re: RAT PACKS

Posted: Mon Sep 24, 2012 9:10 am
by bullseye
Cobb skok my en s? naastenby wat die goed kos. Grumpy ja ek het nie gedink ek sal weer n ratpack wil sien nie maar daai boksie kan jou ver vat. Ek onthou toe ek my eerste ratpack gekry het ons was besig met veldfase en ek wou nie my ratpack eet nie wou die ding vir my ma-hulle wys.Ek dink ek het een kasie van die pack geeet. Later die middag besluit die kompanie bev ons is laks ons moet n op****k kry. Ek het begin met die pale dra so na n ruk toe voel ek hier is fout op die ou end moes my maats my terug dra kamp toe, ek het soos n hond gevoel.Een van my maats het toe my ratpack oopgemaak en n RUM&RAISEN sjokolade in my mond gedruk .dit was nie lank nie of my kragte was terug. Het baie respek vir daai kospakkie.

Re: RAT PACKS

Posted: Mon Sep 24, 2012 9:11 am
by bullseye
Dankie Peet.

Re: RAT PACKS

Posted: Tue Oct 02, 2012 10:11 pm
by Cobus(Cobb)
bullseye wrote: Cobb skok my en s? naastenby wat die goed kos.
Mmmm, mater, as ek reg onthou, ek wil nie lieg nie, was dit R110 as jy hulle los koop.

Cheers