Hier is dinge baie deurmekaar, die rooi duine brand en dit is nie mooi nie. Ek het gisternamiddag 15:00 eerste slagoffer van veldbrand geword, 1 van 8 in die omgewing
Tot op die huidige kon ek gelukkig geen diere opspoor wat gebrand het nie, meestal kampdrade wat afgebrand het. Die vuur moes baie warm gewees het, staaldrade sommer so tussen niks en nerens stomp afgebrand.
Hier is so 3 foto's om te wys hoe dit by my vanoggend gelyk het, kon nie van die brand gister neem nie, vlammehel het alle aandag geverg.
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... ed0c86.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... 5f0827.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i1185.photobucket.com/albums/z34 ... 43ebf1.jpg[/img]
Vir elke een wat al 'n boer in nood met brand gehelp het, baie dankie, julle weet nie wat dit beteken vir daardie boer nie.
Groete en mag die reen spoedig val.
