Page 1 of 1
Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 1:42 pm
by RUPERT
Dag almal
Ek het my eerste geweer nuut gekoop en moet hom in skiet.Gebruik ek bervoorbeeld die goedkoopste PMP ronte om dit te doen en wanneer ek nou gaan jag gebruik ek dan bervoorbeeld die pro-amm maar in die selfde gruin.Sal ek die selfde groepeerings nog kry?
Ek luister graag
Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 1:53 pm
by Johan Reyneke
Hi Rupert
As jy self herlaai, kan jy die inbreek sessie sommer gebruik om data te versamel vir jou latere herlaai sessies.
Dit is wat ek gedoen het, en dit het gewerk vir my.
Maar as jy self herlaai nie, glo ek kan jy die goedkoopste gebruik.
Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:08 pm
by Lourens
Rupert,
Geen 2 tipes ammunisie is gewaarnorg om jou dieselfde groeperings te gee nie, ongeag of hulle dieselfde gewig is. Jy kan goedkoop ammunisie gebruik om jou geweer op die teiken te kry en te oefen, maar sorg dat jy jou geweer daarna instel met dieselfde ammunisie as waarmee jy beplan om te jag. Die goedkoopste ammunisie is ook nie noodwendig geskik om mee te jag nie, maak dus seker dat die ammunisie wat jy vir jagdoeleindes kies, opgewasse is vir die taak.
Groete,
Lourens
Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:14 pm
by Dawie Malan
Rupert, dit klink my jy is nuut op die forum. Nou laat ek jou raad gee. Gaan stel jou self tog net voor, dis nou as jy dit nog nie gedoen het nie en moet om hemelsnaam net nie van 'n koe?l as 'n punt praat op hierdie forum nie. Jy sal net nie die einde daarvan hoor nie.
Skiet dan met enige ammunisie.
Dis nou raad vir jou
Dawie
Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:17 pm
by Vlakvark
Dawie Malan wrote:

Jy leer vinnig

Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:36 pm
by FCLoretz
RUPERT wrote:
Dag almal
Ek het my eerste geweer nuut gekoop en moet hom in skiet.Gebruik ek bervoorbeeld die goedkoopste PMP ronte om dit te doen en wanneer ek nou gaan jag gebruik ek dan bervoorbeeld die pro-amm maar in die selfde gruin.Sal ek die selfde groepeerings nog kry?
Ek luister graag
Rupert,
Geluk met die geweer. Ek sien jy skiet .30-06?
Laai jy self of koop jy ammunissie?
Indien jy koop. Wil ek vir jou aanbied om jou te help herlaai, dit is as jy nie te ver bly ni. Ek het al die toerusting by die huis. Jy kan jou doppe, kruit, punte en primers bring. Dan kan jy self leer laai en later jou eie herlaai toerusting aanskaf.
Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:41 pm
by Vlakvark
FCLoretz wrote:

Indien jy koop. Wil ek vir jou aanbied om jou te help herlaai, dit is as jy nie te ver bly ni. Ek het al die toerusting by die huis. Jy kan jou doppe, kruit,
punte

en primers bring. Dan kan jy self leer laai en later jou eie herlaai toerusting aanskaf.
F/C
Dis 'n baie mooi gebaar om iemand so te wil help
Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:52 pm
by Geno
FCLoretz wrote:
RUPERT wrote:
Dag almal
Ek het my eerste geweer nuut gekoop en moet hom in skiet.Gebruik ek bervoorbeeld die goedkoopste PMP ronte om dit te doen en wanneer ek nou gaan jag gebruik ek dan bervoorbeeld die pro-amm maar in die selfde gruin.Sal ek die selfde groepeerings nog kry?
Ek luister graag
Rupert,
Geluk met die geweer. Ek sien jy skiet .30-06?
Laai jy self of koop jy ammunissie?
Indien jy koop. Wil ek vir jou aanbied om jou te help herlaai, dit is as jy nie te ver bly ni. Ek het al die toerusting by die huis. Jy kan jou doppe, kruit,
punte koe?ls en primers bring. Dan kan jy self leer laai en later jou eie herlaai toerusting aanskaf.
Daarsy, reggemaak

Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 2:58 pm
by Vlakvark
Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 3:49 pm
by FCLoretz
Dankie Geno.
Amper kry ek groot pakslae

Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 6:56 pm
by grumpy
Se nou net vir my, in die weermag het hulle gepraat van skerp punt amunisie!!! Nou wat nou? Die punt is tog skerp soos hulle dit noem is dit nie!!! PUNT!!!

Re: Raad nodig asb
Posted: Thu Sep 20, 2012 7:01 pm
by Geno
grumpy wrote:
Se nou net vir my, in die weermag het hulle gepraat van skerp punt amunisie!!! Nou wat nou? Die punt is tog skerp soos hulle dit noem is dit nie!!! PUNT!!!
Juis. Die PUNT is skerp. Dis deel van 'n koe?l. Net so kry mens RONDE PUNT koe?ls ook. Of is dit ronde punt punte? Wat gaan deur die kerk? Die punt? Ek vra maar net........
Re: Raad nodig asb
Posted: Fri Sep 21, 2012 12:19 pm
by RUPERT
FCLoretz wrote:
RUPERT wrote:
Dag almal
Ek het my eerste geweer nuut gekoop en moet hom in skiet.Gebruik ek bervoorbeeld die goedkoopste PMP ronte om dit te doen en wanneer ek nou gaan jag gebruik ek dan bervoorbeeld die pro-amm maar in die selfde gruin.Sal ek die selfde groepeerings nog kry?
Ek luister graag
Ek wil net graag baie dankie se vir die offer en vernaam die geleentheid om te kan leer om dit self te kan doen.Ek is darem nie te ver van jou afnie en sal jou PM sodra ek reg is vir die laai.
Baie dankie
Rupert,
Geluk met die geweer. Ek sien jy skiet .30-06?
Laai jy self of koop jy ammunissie?
Indien jy koop. Wil ek vir jou aanbied om jou te help herlaai, dit is as jy nie te ver bly ni. Ek het al die toerusting by die huis. Jy kan jou doppe, kruit, punte en primers bring. Dan kan jy self leer laai en later jou eie herlaai toerusting aanskaf.
Re: Raad nodig asb
Posted: Fri Sep 21, 2012 12:22 pm
by RUPERT
Dawie Malan wrote:
Rupert, dit klink my jy is nuut op die forum. Nou laat ek jou raad gee. Gaan stel jou self tog net voor, dis nou as jy dit nog nie gedoen het nie en moet om hemelsnaam net nie van 'n koe?l as 'n punt praat op hierdie forum nie. Jy sal net nie die einde daarvan hoor nie.
Skiet dan met enige ammunisie.
Dis nou raad vir jou
Dawie
Dawie dankie vir die raad en ja ek het myself al seeker drie maande terug al voor gestel.Ek het gesien wat gebeur met n man wat dit nie doen.
Re: Raad nodig asb
Posted: Fri Sep 21, 2012 10:02 pm
by FCLoretz
Laat weet as jy reg is Rupert.
Beste tyd om te begin herlaai is gister.