Page 1 of 1
ql vir 7x57M
Posted: Wed Sep 19, 2012 2:40 pm
by Beyers
Ek wil solank begin met die een
Koeel: 139gr Hornady Interlock
Kruit: S355 44gr gemiddelde spoed 2734
TPL 78.1mm
PMP doppe: 59.1gr H2O
Primer: CCI 200
Looplengte: 626mm = 24.6"
OBT: 1.3084ms
OBT: 1.2282ms
Re: ql vir 7x57M
Posted: Fri Oct 12, 2012 2:26 pm
by Louis Louw
Beyers,
Het jy al die lading gelaai.
Ek stel belang want ek wil dieselfde doen. Wil ook Sierra ProHunter 140g so probeer.
Re: ql vir 7x57M
Posted: Fri Oct 12, 2012 8:07 pm
by tripodmvr
Beyers
Gaan net op met 0,9gr om node by 1,261ms te kry met spoed van 2785vps. Dit is die hoogste node met die' koe?lkombinasie.
Re: ql vir 7x57M
Posted: Wed Oct 17, 2012 6:45 pm
by Ralph
Goeie naand manne
Ek soek asb so bietjie hulp met QL by die wat kan help. Data is as volg op my 7x57:
Loop: 25" met 1:12 twist
Dop: Norma met 57.7gr kapasiteit
Primer: CCI 200
Poeier:S365
Koeels:
1. Barnes ttx 120gr
2. Sierra 130gr MK
3. Nosler 120gr BT
4. Sierra 120gr Pro Hunter
Dankie by voorbaat.
Ralph
Re: ql vir 7x57M
Posted: Wed Oct 17, 2012 9:37 pm
by Frikkie Coetzee
Beyers
As jy Saterdag skiet kan ons bietjie gesels oor my ou 7mm.
Ek is nie naby my QL en herlaai data nie, maar ek skiet die 130gr Speer met 47g S355, DIT IS OOR MAXIMUM. maarblyk OK te wees in my geweer. Die lading het ek gedoen voor QL en voor ek kennis gehad het van die Sweetspot metode. Hyt gewerk en ek het net nog nooit verander nie.
Ek vermoed dat druk dalk hoer is wat aanbevolle is maar dit is veilig in my geweer.
Ek wil hom deur QL harloop en sien of die voorspelling naby realiteit kom
Frikkie
Re: ql vir 7x57M
Posted: Thu Oct 18, 2012 9:50 pm
by Ralph
Ralph wrote:
Goeie naand manne
Ek soek asb so bietjie hulp met QL by die wat kan help. Data is as volg op my 7x57:
Loop: 25" met 1:12 twist
Dop: Norma met 57.7gr kapasiteit
Primer: CCI 200
Poeier:S365
Koeels:
1. Barnes tsx 120gr
2. Sierra 130gr MK
3. Nosler 120gr BT
4. Sierra 120gr Pro Hunter
Dankie by voorbaat.
Ralph
Manne is daar niemand wat kan bietjie bystand lewer asb?
Re: ql vir 7x57M
Posted: Thu Oct 18, 2012 10:20 pm
by tripodmvr
Ralph
Het jou versoek gsien maar tyd was bietjie skraal.
Daar is twee dinge wat my pla. Eerste is die 1 : 12 groefdraai. Het jy dit gemeet of waar kom dit vandaan. Die 7x57 het gewoonlik 'n 1 : 8.7 groefdraai. Jy sal dit moet bevestig.
Tweedens wil jy S365 gebruik. As jy na Somchem se handleiding loer sal jy sien dat met die ligter koe?ls die vinniger kruite beter presteer. Hier is S355 optimum met S335 in die 2 de plek. In die vergelyking is S365 die swakste presteerder. Ons kan S365 gebruik, maar dopkapsiteit gaan 'n probleem word voor ons bruikbare spoed kry.
Laat weet wat se kruit het jy beskikbaar en jou werklike groefdraai.
Re: ql vir 7x57M
Posted: Fri Oct 19, 2012 6:32 am
by Ralph
Hi Tripod
Dankie vir die reply.
Die groefdraai is reg. Jy kan gerus na S355 ook kyk.
Dankie
Ralph