Page 1 of 1

R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Wed May 26, 2010 2:49 pm
by Brno308 jagter
Hi Manne

Kan enige van julle dalk vir my se hoekom sit R1 doppe vas in my 308 as ek hulle geskiet het.? Dit wil vir my voorkom of die extractor nie die doppe lekker optel uit die magasyn uit nie.?

Het enige van julle al so probleem ondervind.?

Groete

Brno

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Wed May 26, 2010 3:37 pm
by KSV
Jy mag hulle glo nie he nie ;D

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Wed May 26, 2010 3:40 pm
by KSV
Brno,

Ek dink hier iewers was iemand wat hieroor gesels het.  As ek reg onthou kan dit wees dat hulle hoerig gelaai is.

Hein

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Wed May 26, 2010 5:21 pm
by JOHANNIC
Brno
Is dit 143gr koeels?, trek een en weeg hom,as dit is hulle ladings is baie styf(hoog) gelaai,as jou geweer se kamer styf gesny is en die goed sit vas,los dit eerder,maak jou slot ook moeilik oop ?
Skiet een deur n crony ek kyk sy spoed  ;D
Groete johan

o ja vat n magneet die wat teen die magneet opspring punt/koeel hou hulle!!!!!!!!!!!!!!!!
as jy dalk eendag n jakkels agter n enjinblok wil doodskiet,hulle skiet maklik deur ons panser gongs op n kompitiesie dag 8)

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Wed May 26, 2010 7:35 pm
by Danie Lombard .243
Te warm gelaai, dalk is jou .308 se kamer ook effens styf gesny.

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Thu May 27, 2010 1:36 pm
by ELTIE
Het selfde probleem, dink ook die kamer teorie is reg wat dan baie hoe druk veroorsaak. Het al saam met n vriend geskiet wat geen probleme ondervind nie en dan sukkel ek met my slot.

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Thu May 27, 2010 2:57 pm
by Francois Marais
Tommie
Dit wil vir my voorkom of die extractor nie die doppe lekker optel uit die magasyn uit nie.?
As jou geweer dit doen moet daar fout by sy magasyn se voer of op die extractor claw wees, die doppe se dimensies moet dieselle wees.

Die vassit ding.........................Ons het al daoor gepraat...................

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=0

Sien nu eers jy het die post self beginne, da is mos reeds vi jou gese daar kan druk probleme wees omdat militere ammo hoer druk gelaai is om die slide van n semi auto gun te kan cycle en nog genoeg spoed ook te kan gee.

Het jy ook so bonzai altheimers soos JB ;) ;) As jy klomp van daai ammo het, trek die punte en laai 125gr Sierras of 130gr Hornadies, werk mooi, het BAIE Springbokke met hulle geskiet, sonder om die kruit oor te weeg. Ek het partykeer selfs met hierdie ligte punte ook druk tekens gekry.

Mooi loop
Francois

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Thu May 27, 2010 8:12 pm
by Christo
Ek het 'n FN wat hulle opvreet vir brekvis, moenie die 308's beskadig. Stuur hulle die kant toe.

;)

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Fri May 28, 2010 7:19 pm
by 222
Brnu308 , Elti

Ek het presies dieselfde pyn met myne gehad. As hulle nie vassit nie gaan die slot effe styf toe of soms baie flippen swaar toe. (Brnu) Het my gekos al die punte trek, doppe resize (full resize) (Haal net die decapping pin uit) en oor laai. Nou werk hulle soos 'n droom.

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Fri May 28, 2010 10:03 pm
by Christo
222 wrote: Brnu308 , Elti

Ek het presies dieselfde pyn met myne gehad. As hulle nie vassit nie gaan die slot effe styf toe of soms baie flippen swaar toe. (Brnu) Het my gekos al die punte trek, doppe resize (full resize) (Haal net die decapping pin uit) en oor laai. Nou werk hulle soos 'n droom.

:(  :( Moet nie die soort raad gee, die goed gaan die 308's verniel, hoor wat ek s?. Stuur hulle maar hier na my toe.

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Fri May 28, 2010 11:55 pm
by Francois Marais
222

Net om forum lede bietjie meer info te gee.....................

Jy kan die decapping pin uithaal, maar die decapping rod met die expander ball MOET bly, dit moet met die uittrek slag die doppie se nek weer op maat bring.

Mooi loop
Francois

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Sat May 29, 2010 10:39 am
by Hein M.
Ek is geneig om saam met Christo te stem ;D  Hy het die regte roer vir hierdie ammo - as jy dit net so wil gebruik...

http://www.303british.com/id36.html

Hein M.

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Tue Jul 20, 2010 6:59 pm
by hagar
Die 7.62 dop is dalk ietwat langer, maar dit is nie waar dat hy warmder as n 308 is nie.

As jy die goed herlaai, ek het agtergekom dat die militere doppe met berdan primers moeilik is om te size, dit is asof hulle terugspring na hulle vorige grootte. Dit geving met beide ex SA ammo, RG (Brits) en FNM (Portugees). Ek het hulle tot met n small base sizer gesize, en hulle sit nog vas in my STG (R1) so nou en dan. Ek laai deesdae net die Lake City 7.62 doppe, maar daar by julle is hulle dalk unobtanium. Jy kan dalk dat n smit jou geweer se kamer so effens oopmaak, maar jy mag dalk akkuraatheid prysgee.

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Fri Sep 10, 2010 10:49 am
by Louis Kriel
Nog nooit daai probleem gehad met PW en Seuns se ammo nie!

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Fri Sep 10, 2010 8:55 pm
by hagar
In my dae het ons dit die 308 Magnus genoem.. ;D

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Sat Sep 11, 2010 8:43 pm
by theedge
Ek sal moet kom inspeksie doen.  Hierdie bekendmaking kan nogal handig wees ek hoop jy het nie meer as 200 rontes nie, SOU JY MEER AS DIT INBESIT HE SAL EK DIT ONGELUKIG MOET GAAN VERNIETIG, NB soek manne met 308 om klomp 7.62 ammo te vernietig sal laat weet ;) ;)

Ek trek maar altyd die punte, gooi die poeier (daar is gewoonlik een van 2 poeiers) uit.  Versamel die poeier - werk my ladings uit en gebruik dit met sagte punte.  7.62 raak egter al vinniger skaars alles onttrek sels die R1's.  

Eenvormigheid

Re: R1 doppe wat in 308 vas sit.

Posted: Sun Sep 12, 2010 10:33 pm
by Ponkie
Hallo almal

Ek het die naweek weer bietjie met my R1 rondtes op ons skietbaan daar agter die waenhuis gesit en skiet. Ek weet nie of enige van my mede 308 skuts dit ook ervaar nie, maar die R1 rondtes maak mu kamer geweldig vuil!!! Soms skiet ek net 10-15 rondtes en dan is my kamer onsettend vuil en is dit weer baie moeite om hom skoon te kry sodat ek met my gelaaide patrone weer kan skiet. Ek ondervind ook dat die R1 ammo in my geweer +- 'n duim hoer skiet op 100m en  dan op 200m selfs meer.

Groete
Ponkie