Page 1 of 1

soek demaskus staal

Posted: Fri Sep 14, 2012 9:41 pm
by Raakgeskiet
Hallo  manne

Ek is nie 'n mesmaker nie, of sal ek se nog nie. Sal baie graag eendag dit wil aanvat.
Ek wil weet waar ek stukke demaskus staal kan kry.
Sal waardeer as julle my in die regte rigting kan stuur.

Groete
Steve

Re: soek demaskus staal

Posted: Fri Sep 14, 2012 9:45 pm
by bex

Re: soek demaskus staal

Posted: Sun Sep 16, 2012 6:02 pm
by Nickvn
Hier naby my is twee mense wat dit maak. Jy kan vir Kevin Harvey bel op 0 agt 7 8084413

Hulle kan ook vir jou custom made demaskus maak. Hulle het n damaskus gemaak waar die staal figuurtjies van n forel op gehad het. Ongelooflik.

Re: soek demaskus staal

Posted: Sun Sep 16, 2012 6:34 pm
by Raakgeskiet
Baie dankie
Ek het op sablade se site gaan kyk, daar is darem mooi goed.

Ek sal hom bel, dankie nickvn

Re: soek demaskus staal

Posted: Thu Sep 20, 2012 6:40 pm
by basie
Raakgeskiet

Gaan kyk by die sa mesmakersgulde se webwerf. Daar is baie inligting.

Mooiloop
Basie

Re: soek demaskus staal

Posted: Thu Sep 20, 2012 7:27 pm
by Raakgeskiet
Ek sal gaan kyk, dankie Basie
Steve

Re: soek demaskus staal

Posted: Sat Sep 29, 2012 7:13 am
by WillJak
Dit hang af wat jy met die staal wil doen - van dit is baie mooi maar bloot dekoratief, ander weer is geskik vir werkende items soos messe. Kevin is 'n baie goeie plek om te begin, soek op SA Blade vir Ettoire Gianferrari van Kaapstad, hy doen bitter goeie werk, kyk op KMTS se web blad vir onder andere Bertie Rietveld se staal en google vir Dennis Kappetijn van Pretoria - hy gaan omtrent die bes gepryste damaskus van die lot h

Re: soek demaskus staal

Posted: Sat Sep 29, 2012 8:07 pm
by Raakgeskiet
Baie dankie Willjak

Ek sal gaan kyk. Ek wil nog begin met die mesmaakery, vir nou wil ek dit gebruik om 'n ring mee te maak.

Re: soek demaskus staal

Posted: Sun Sep 30, 2012 10:15 am
by Nickvn
Kevin bied kursusse aan om te help met die mesmakery. Sal dit voorstel as jy net gaan begin.

Re: soek demaskus staal

Posted: Sun Sep 30, 2012 4:54 pm
by WillJak
Vir 'n ring sou ek voorstel kyk na Ettoire se werk en vra die manne op SABlade of iemand nie dalk 'n stukkie "Off cut" het nie. Hy maak bitter mooi Damascus.

Re: soek demaskus staal

Posted: Sun Sep 30, 2012 6:23 pm
by Raakgeskiet
dis 'n goeie plan, 'n offcut sal genoeg wees. Sal hulle kontak.
Dankie

Re: soek demaskus staal

Posted: Fri Oct 05, 2012 8:25 am
by MartinSchutte
Hi jammer ek val so laat in die pap in soos Wiljak gese het Ettoire maak van die mooiste mosaik damaskus en hopelik het iemand vir jou n stukkie "offcut" ek weet die ouens hou vas aan dit want hulle gebruik dit vir bolsters! Maar as jy so n stukkie kan kry sal dit n helse mooi ring maak. 

Vir nog info kyk knifemakersdirectory.com en ek weet Neels Van den Berg (Web soek op google Novus designs hulle is n juweel skool) bied `n baie maklike een dag mesmaak(Bladesmithing) kursus aan vir baie goedkoop of n 3 dae duurder maar nogsteeds goedkoop kursus.

Groete Martin

Re: soek demaskus staal

Posted: Fri Oct 05, 2012 10:06 am
by Raakgeskiet
Baie dankie vir die terug voer ek waardeer dit sal dit opvolg!

Re: soek demaskus staal

Posted: Sat Oct 06, 2012 2:49 pm
by morne smith
HALLO RAAKGESKIET

Damaskusstaal vir 'n ring moet jy net kyk na die koolstofinhoud van die staal, want met ring verstaan ek vingerring? As iemand dit sou dra  en die koolstofinhoud is te hoog dan mag die sweet dit laat roes. Ek is nie 'n metaalkenner nie, maar maak net seker jy gebruik die regte damaskus. Die ouens hierbo se raad is goeie raad. klink vir my Ettoire is jou man om by te begin. Groete en onthou foto's

Re: soek demaskus staal

Posted: Mon Oct 08, 2012 7:55 am
by Raakgeskiet
Dankie.

Ek sit goud in die binnekant wat teen jou finger is.
Dan moet jy maar net die ring droogmaak as hy natword.
Sal 'n foto opsit, het al een gemaak.

Re: soek demaskus staal

Posted: Mon Oct 08, 2012 8:15 am
by Raakgeskiet
Die staal het ek by 'n pel van my gekry. Die staal was klaar uitgesny en gevorm, ek het net die goud ingesit.
Hy wil my nie se by wie hy die klaar bewerkte staal gekry het nie, dis hoekom ek nou self soek.
My tyd is net bietjie beperk. My vrou se ek het hopeloos te veel ysters in die vuur, sy is seker reg, daar is te min ure (en geld)  in 'n dag vir alles wat ek wil aanvang.

Re: soek demaskus staal

Posted: Mon Oct 08, 2012 11:58 pm
by morne smith
en ek dog ek het alles gesien Baie mooi hoor

Re: soek demaskus staal

Posted: Tue Oct 09, 2012 7:29 am
by Raakgeskiet
Toemaar ons almal leer gedurig nuwe goed by. Dis deel van die lekker van die lewe.

Re: soek demaskus staal

Posted: Tue Oct 09, 2012 9:21 pm
by Raakgeskiet
Ek het nou na al die manne en nog ander se werk gaan kyk. Dis darem ongelooflik van die messe wat die manne maak.
Daar is die mooiste messe!!!

Re: soek demaskus staal

Posted: Wed Nov 21, 2012 6:00 pm
by johan1
julle kan gerus na bertie rietveld se website ook gaan kyk hy is n wereld leier op damaskus staal

Re: soek demaskus staal

Posted: Fri Nov 23, 2012 1:03 pm
by Raakgeskiet
Johan
Ek het gaan kyk na bertie se mes, en ja dit is soos jy se, hy mag maar.
Sy messe is ook baie netjies!

groete
Steve