Page 1 of 1

Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Thu Sep 13, 2012 8:40 pm
by Jacko
Ek het vandag vir Jan van opticsinternational.co.za op kort kennisgewing gebel (bietjie by werk ge-AWOL) en toe bring hy vir my 'n Burris 4.5-14x42 (wenk: dit werk net as jy in die Kaap bly  ;D).

Ek gaan hom more-aand of Saterdagoggend mount en bietjie met die .270 gaan skiet. Daai Ballistic Plex lyk of dit die ding kan doen. Sal later besluit of ek in Des nog "ietsie" in Amerika gaan koop. Dalk 'n Leupold of 'n Zeiss Conquest ($399!)

Die Burris lyk gaaf en ek hoop hy werk so goed soos hy lyk.

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Thu Sep 13, 2012 9:33 pm
by Herman Venter
Baie lekker scope daardie! Glo hy sal lekker werk! Myne le in die kluis, wag net die kaartjie dan word hy ook opgesit!

Groete
Herman

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Thu Sep 13, 2012 11:18 pm
by Kalahari
Jacko

Laat weet hoe die scope loop. Myne le in die poskantoor 160km van my huis :'(, maar die buurman gaan hom more afhaal en saambring, dan sal ek ook sien waaroor die manne so aangaan 8).
Myne gaan op 223 kom.

Herman

Hoop jou kaartjie kom sommer baie vinnig.

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Thu Sep 13, 2012 11:43 pm
by erx
Hi manne

Ek het so maand terug so outjie op my 22-250 gesit.
Het hom gestel dat hy so 2" hoog skiet op 100m dan klap hy die 300m gong lekker met eerste strepie onder middel as mikpunt.
Het nog nie tyd gehad om verder te speel nie.
Kyk net in julle turret caps wat se hy is die verstelling per click op 100Yards, daar is glo 2 opsies, myne stel definitief nie wat sticker se nie.
Sticker seker maar op 'n Maandag geplak.

Groete
erx

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Fri Sep 14, 2012 6:47 am
by Musgrave
Gaaf! Laat weet hoe hy loop!

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Fri Sep 14, 2012 8:01 am
by matewis
Teen sy prys het hy ook my oog gevang en is op die kortlys vir my 270. Hoop ek kan hom bietjie vergelyk volgende naweek by Huntex. Hou ons op hoogte...

Groetnis

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Fri Sep 14, 2012 10:41 am
by rakker
Die manne met die Burris ballistic plex reticle.
Ek skiet met n 308. Kom daar instruksies saam met die scope wat jou help om te bepaal waar jou geweer behoort te skiet op elke afmik strepie? Sal die reticle goed werk vir n 308 trajek? Dis nou as ek op ronde syfers wil werk, bv 100,150,200m... ens

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Fri Sep 14, 2012 10:55 am
by Jacko
rakker wrote: Die manne met die Burris ballistic plex reticle.
Ek skiet met n 308. Kom daar instruksies saam met die scope wat jou help om te bepaal waar jou geweer behoort te skiet op elke afmik strepie? Sal die reticle goed werk vir n 308 trajek? Dis nou as ek op ronde syfers wil werk, bv 100,150,200m... ens
Rakker ja, daar is 'n volledige lys tabelle vir die meeste algemene kalibers. Vir 270 is daar bv. tabelle vir 130 en 150 gr. Dit wys jou dan dat as hy op 100 gezero is, hy op 200 bv  op 0 sal skiet en op 300 dalk -1 sal slaat met die Ballistic Plex. (ek maak nou syfers op, maar dis iets in daai lyn). Elke kaliber/gewig punt verskil effens van die strepies, maar die tabelle verduidelik mooi wat die afwyking is. Dis vir die meeste algemene kalibers baie min tot op 300m. Ek praat van 1 of 2 duim weerskante, en in baie gevalle presies op 0. So ek sou se dis 'n moerse slim beginsel.

Oukei, ek het nog nooit met sulke reticles geskiet nie, so ek is maklik beindrukbaar.  ;D

Het hom vanoggend gou voor werk gemount en gaan netnou ammo koop. Raai wat gaan ek more-oggend doen?....

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Fri Sep 14, 2012 12:31 pm
by rakker
Hi Jacko

Laat weet hoe dit gegaan het. Ek het n ander fabrikaat met afmik strepe en dit werk lekker vir afmik. Ek het die scope al lank maar nog nie tyd gehad om regtig goed met die afmik strepe te eksperimenteer nie. Ek het nog net so rofweg getoets tot so 300m.  Ek moet eers ook nog lading ontwikkeling doen en dan kan ek begin oefen op die afmik en gewoond raak daaraan.

cheers!

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Fri Sep 14, 2012 11:08 pm
by erx
Hi manne

Onthou net daai tabelle wat hulle saam gee is op Yards uitgewerk.
Op 91.44m is jy op 100 yards, so die verskil hier is maar 8.56m nader, nie te groot om oor te worry.
Hoe verder jy skiet, se maar op 300m, is dit nou 328.08 yards. So 300 yards is maar 274.32m, 'n hele 25.68m nader wat 'n redelike verskil is.
Mens sal maar met jou spesifieke kaliber moet rond speel en vertroud raak met die mikpunte op 'n reeks afstande.
Maar nou ja, dit gee net meer skiet tyd en ons hou mos daarvan.

Groete
erx

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Fri Sep 14, 2012 11:21 pm
by Herman Venter
Erx,
Dit is baie waar wat jy daar s? dat die tabelle in yards is, mens is geneig om dit mis te kyk en dan so die afstand verkeerd te maak! So as mens die geweer nou zero op 100m en die 300m strepie is met 1-2 duim uit glo ek nie dit is iets om oor huis toe te skryf nie! Mens moet maar jou geweer leer en lekker speel met hom dan sal jy mooi weet waar om te mik met daardie strepies!

Groete
Herman

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Sun Sep 16, 2012 6:11 pm
by Jacko
Raait, ek's terug.

Ek het hom sommer by die huis gebore sight met die geweer vasgetrek op 'n kroegstoel met 'n Rok Strap (www.rokstraps.com).  ;D

My derde skoot was 'n bullseye op 50m.

Die scope se optics is lekker skerp in die dag. Onthou net om die objective voor te stel as jy op verskillende afstande skiet, anders gaan die teiken of cross hair bietjie geblur wees.

Ek hou van die scope en sy verstellings was konstant en sekuur.

Na so paar skote het die 270 se loop warm geword en weer begin "loop". En ja, ek het net 3 skote geskiet voordat ek weer laat afkoel het. Ai f*k tog. Ek het uiteindelik net 12 rondes geskiet en kon uiteindelik 'n 1-duim kol op 100m klap. Die ander twee skote in daai groepering was teenaan mekaar - so drie duim skuins boontoe.  :-[

Hoe dit ook al sy, ek dink hy bied uitstekende waarde vir geld.

O ja, en daar is nie 'n manier wat ek in die Kaap weer na 'n ander skietbaan as Atlantis gaan nie! Dis skoon, met puik geriewe en baie meer skietbankies as Durbanville. Ek wil nie Durbanville knock nie, maar Atlantis se geriewe is ligjare beter.

Die baanoffisiere is gawe ouens. Geen geskreeuery nie. Net 'n hoflike vermaning hier en daar. Ek het myself al 'n slag by Dbnville vererg vir 'n jongman se RSM-stemtoon.  :police:

Atlantis is net so veilig. My ervaring was net dat jy meer soos 'n grootmens behandel word. Wat nogal ironies is aangesien dit op 'n militere perseel is.

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Mon Sep 17, 2012 7:36 am
by Musgrave
Ek het so 'n idee dat wanneer daai Howa sy opwagting maak, 'n sekere BSA in die hoekie van die kluis gaan bly staan...  ;D

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Mon Sep 17, 2012 8:06 am
by Jacko
.45-70 Govt wrote: Ek het so 'n idee dat wanneer daai Howa sy opwagting maak, 'n sekere BSA in die hoekie van die kluis gaan bly staan...  ;D
Ek het nogal dieselfde vermoede...  ;D

Re: Burris Fullfield II 4.5-14 x42 gekoop by Optics Intl.

Posted: Thu Sep 27, 2012 8:13 am
by Alvar
More manne!

Ek wil net vinnig by julle hoor, sal die scope kan werk op 'n 375 Ruger?

Dankie

Alvar