Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Chevvy SS »

Ek het sopas met Redding se Dry Neck lube probeer size. Die eerste een het baie swaar gesize, en die 2de een het nou my probleem veroorsaak.

Hoe kru ek die res van die dop uit die sizing die?

Help asb!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by tripodmvr »

Gaan loer op GS Custom se webtuiste. Hulle gee beskrywing van hoe om dop te verwyder.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by ZKK »

Net so tong in die kies

As n man op n reenerige saterdag oggend in die hardewarewinkel instap met nat hare en vir die verkoopsman vra vir dakstopverf, dan vra n mens nie hoe gaan dit nie...........

As n jagter in n geweerwinkel instap en vir die verkoopsman se hy soek n "stuck case removal kit", dan vra n mens ook nie hoe gaan dit nie................
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Nickvn »

;D ;D Been there, done it, bought the tshirt
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by BLOK »

Haal die decapping pin en neck sizer uit en probeer met n ronde veil hom van agter uit haal. Het al doppe wat se gat adgebreek het in loop kamer vele kere so uitgehaal. Miskien werk dit
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Cobus(Cobb) »

Probeer 'n Tap & Die kit...
of daars 'n ding wat hulle noem 'n "easy out"....die naam is bietjie bullsh1t want dit was nog nooit "easy" nie

Sterkte,

Cheers.
ps, kom deel met ons hoe en wat gewerk het.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by DWB »

Haal die Decapping pin uit.

Vat dan 'n kleiner kaliber dop en smeer hom bietjie superglue en druk hom dan in die ander dop in, laat hom droog word (wees net versigtig met die gom!) En slaan hom van bo af uit met 'n punch
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by smitjs »

Dags? manne,
Ek het al uitgehaal deur 'n draadsnyer (tap) in te draai en uit te trek.
Die dikte moet net reg wees.
Groete
Johan Smit
User avatar
Kerneels S.
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Tue Jul 31, 2012 8:34 am

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Kerneels S. »

Die tap (draadsnyer) werk baie goed. Ek het ook al dit gebruik maar soos jy s? maak seker dit is die regte size dat hy nie deur die dop sny en jou die damage nie.
Hoop jy kom reg.
Goete
.22 Brno, .22 Zidi(Hornet), .223 Ruger, .243 Ruger, .270 Sako, .25-06 Rem, .308 Weatherby, .303 Lee Enfield, .30-06 Howa, .30-30 Marlin, .300 Weatherby Mag, .375 H&H, 12 BR Browning Citori Grand Lightning, .9mm Para, .44 Mag Super Black Hawk, 7.63mm Broomhandle Mauser
Gerard

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Gerard »

Voor jy begin torring aan die die, spuit dit met Miracle Tool (die blik is bruin en wit) draai dit dig toe in 'n plastiesak en sit dit oornag in die vrieskas.  Dit help partykeer.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Eugene »

ZKK wrote: As n jagter in n geweerwinkel instap en vir die verkoopsman se hy soek n "stuck case removal kit", dan vra n mens ook nie hoe gaan dit nie................
;D ;D ;D
Aim small, miss small
Gerard

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Gerard »

Die dop se agterkant het afgebreek.  'n 'Die Saver' (selfde as hier: http://www.gsgroup.co.za/stuckcase.html ) sal nie werk nie en, tensy mens baie gelukkig is, beteken dit 'n nuwe vormmatrys.  Die rede waarom die dop afgebreek het is toe te skryf aan 'case head separation'.  Dit gebeur wanneer die dop 'n breukdeel te kort (van skouer tot basis) is vir die kamer van die geweer.  Die toestand word uitgeskakel wanneer die vormmatrys reg ingestel word.  Die stappe is hier in die herlaaiafdeling onder: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Jagtersdok »

Gerard wrote: Die dop se agterkant het afgebreek.  'n 'Die Saver' (selfde as hier: http://www.gsgroup.co.za/stuckcase.html ) sal nie werk nie en, tensy mens baie gelukkig is, beteken dit 'n nuwe vormmatrys.  Die rede waarom die dop afgebreek het is toe te skryf aan 'case head separation'.  Dit gebeur wanneer die dop 'n breukdeel te kort (van skouer tot basis) is vir die kamer van die geweer.  Die toestand word uitgeskakel wanneer die vormmatrys reg ingestel word.  Die stappe is hier in die herlaaiafdeling onder: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.
Dis soos ek hom ook lees. Dis nie dat die rim "deur getrek" het nie maar wel dat die hele kop af gebreuk het.
Okay soos Gerard s? tensy jy baie gelukkig is gaan dit beteken nuwe matrys, maar jy kan die volgende probeer.
Verwyder die decap pin soos almal s? en spuit daai goodies en laat hom staan.

Nou wat jy 'n ronde vyl "wat soos medium skroefdraad lyk" en sit die matrys in jou bankskroef vas.
Skuif 'n groot "socket" oor die vyl en "draai" die vyl in die dop in soos asof jy sou draad sny, nie te v?r dat hy die dop uitskop nie, maar net genoeg dat hy goed "byt"
Probeer hom nou soos pyphammer liggies uit tik.

Maybe is jy baie gelukkig en hy kom uit
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Frikkie Coetzee »

Gerhard

Waar kan mens Miracle Tool kry? klink handig om byderhand te hou.

Frikkie
Cradock
Gerard

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Gerard »

Hier in PE hou twee elektriese/elektroniese ware handelaars dit.  Dit is 'n Momar produk.  Ek het dit die eerste keer gebruik toe ek gesukkel het om 'n Kewer se voor skokbrekers af te haal.  Ek kon nie die boonste boute los kry nie en het later die modderskerms af gehad om beter by te kom. 

My broer het Miracle Tool aanbeveel en ook ges? ek moet dit aanspuit en los vir 'n dag.  So gemaak en die volgende oggend knip ek my grootste vice grip aan die (op daardie stadium reeds ronde) boutkop vas.  Ek gooi al my krag in en haal al die velle van my kneukels af teen die bakwerk en skokbreker soos die bout loskom. 

Sedert daardie tyd was ek nooit sonder 'n kan nie.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Frikkie Coetzee »

Gerhard

Ek vermoed dit is n kruipolie soos Kroil. Baie dun en dit kruip omtrent in alles in om dit dan los te maak.

Dankie. Ek is die naweek in PE en sal soek daarvoor. Kroil is duur.

Frikkie
Cradock
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Cobus(Cobb) »

Chevyss,
het jy nou al die ding uitgekry...?? kom vertel ons. ???

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Dop se gat het afgebreek en die res sit in die sizing die- hoe nou?

Post by Chevvy SS »

Cob, ek het maar 'n nuwe matrys gekoop..........
Post Reply