Page 1 of 1

Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 1:11 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne

Ek het dit goed geding om hierdie stukkie te skryf aangesien daar nou n lekker gespoggery aan die gang is tussen die 375 Ruger bende en die 9,3x62 faksie.

Vir die van julle wat nie weet van hierdie kaliber nie laat ek julle verduidelik. Dit is die 375 H&H wat uitgeblaas is met minimum body taper en 40 grade skouer soos dit is in die tipise Ackley tradisie. Dopkapasiteit is in die orde van 105gr teenoor die 375 H&H se 95gr en die 375 Ruger se 100gr. Die dopvorming is n baie maklike proses deur net n standaard 375 H&H te skiet in n 375 H&H Akley Improved kamer. Daar is ook minder drama met die proses aangesien headspacing plaasvind op die belt. n Groot voordeel is die beskikbaarheid van n wye verskeidenhied doppe en die beskostigbaarheid daarvan is ook n groot faktor wat nie sommer misgekyk moet word nie.

Gewone fabrieks aminusie kan gebruik word sonder enige noemenswaardige akkuraadheids nadele. Met die herlaai van die kaliber is waar n groot voordeel agter gekom kan word vanwee die pragtige werking van S365 met koeelgewigte van 270-350gr. S355 werk weer baie goed met die ligter koeels van 200-250gr. Beide die 375 H&H en die 375 Ruger se dopkapasitete is net daai rapsie te klein om S365 tot sy volle reg te laat kom wat nie die geval is met die Ackley nie. Die spoedverskille tussen die Ackley en die standaard H&H is in die omgewing van 200ft/sek met dieselfde gewig koeel so dit is n redelike stappie op. Top nodespoed is ook omternt altyd naby aan die maksimum drukvlakke wat net n bonus is. Iets wat nie altyd die geval is met die Ruger nie.

Baie mense sal nou vra of daar nou n werklike behoefte is vir die ekstra spoed? Ek kan reguit se dat daar nie eintlik n verskil kan waargeneem word in doodmaakvermoe nie(indien swakker konstruksie koeels gebruik word is die resultate asemrowend, maar moeinie die vleis probeer gebruik nie!), maar jou aanwendings afstand vergroot verseker. Iemand wat veral baie te doen het met backup skote op geweste wild sal dit baie handig vind. Dit maak die kaliber ook meer versatile op verder afstande met ons groter boksoorte. Skietafstande kan redelik maklik met n 100m gerek word in die geval. Die gebruik van 350-380gr koeels plaas hierdie knaap dan basies in dieselfde energie klas as die 416 Rigby. Penetrasie is finominaal natuurlik in hierdie gewaad.

Wanner n mens vir hom herlaai gebruik n mens die 40 grade skouer en nie die belt nie en gevolglik is akkuraadheid n droom. Half duim groeperings is die norm en nie die uitsondering nie.

Hierdie relatief onbekende kaliber is n baie goeie opsie vir iemand wat reeds n 375 H&H besit en iets meer wil he. Ek persoonlik sal die 375 Ruger roete gaan as ek van voor af moet begin vanwee die gebruik van n meduim lengte slotaksie. Balisties is die Ackley nog steeds sy baas.

Die 375 Wheatherby is basies hierdie kaliber se tweeling en ek weet selfs van manne wat die twee se amunisie al omgeruil het, iets wat ek nie sal aanbeveel nie vanwee die langer vryboor van die Wheatherby kamer. Die Wheatherby was vir n ruk uit hulle kaliber lyn uit gelos om nie kompetisie vir die 378 Wheatherby te wees, maar is weer terug agv aanvraag. "You cant keep a good man down!" soos hulle se. Ek lewe al n geruime tyd saam met myne en as ek een geweer moet gryp vir n plek wat ek nie weet wat op die spyskaart is nie gryp ek hom!

Groetnis
Wouter

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 1:25 pm
by Gerhard
Dankie Wouter.

Sit bietjie n foto op van die 375H&H en die 375 H&H AI doppe asb man.

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 5:04 pm
by ZKK
Is daar nie voer probleme met die AI dop nie?

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 5:43 pm
by Stefan764
Kom Baas Wout, ons wag vir die fotos  ;D

Moderators weet mos om fotos te plaas..

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 6:58 pm
by DWB
Hehehehe, Stefan daar trap jy nou op die man se tone ;D
Baas Wout verduidelik nou eers vir my die verskil tussen 'n bende en 'n faksie asb? ;D

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 7:44 pm
by Wouter Roets
ZKK

Nee geensins. Soos jy kan sien het ek n paar Ackleys en nie n enkele een het daai probleem nie. Daar is baie negetawie stories rondom Ackley's die vraag is nou net vir wie jy luister. Die man wat oor een praat of die een wat een het. ;)

Sully/Deon

Sal julle alby n antwoord gee as ek julle persoonlik sien!

Groetnis
Wouter

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 8:03 pm
by Gerhard
Wouter Roets wrote: ZKK

Nee geensins. Soos jy kan sien het ek n paar Ackleys en nie n enkele een het daai probleem nie. Daar is baie negetawie stories rondom Ackley's die vraag is nou net vir wie jy luister. Die man wat oor een praat of die een wat een het. ;)

Sully/Deon

Sal julle alby n antwoord gee as ek julle persoonlik sien!

Groetnis
Wouter
So iets Wouter?

[img width=264 height=480]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... mpwZWc.jpg[/img]

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 9:33 pm
by Wouter Roets
Gerhard

Dankie vir die plasing van die foto! ;)

Snaaks ek sien uit die kommentare dat daar nie veel vrae gevra word oor die kaliber nie. Seker maar bietjie intemiderend vir die bendes en faksies?

Groetnis
Wout

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Thu Sep 13, 2012 9:42 pm
by Arnold
So outjie op 'n cz550 aksie vat ek darm eerder as die 375 Ruger ... dan sal ek nie so baie hoef te wag vir doppe nie en kan selfs PMP skiet as die nood druk :)

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Fri Sep 14, 2012 7:34 am
by Gerhard
Wouter,

Nee ek begin klaar planne maak om cente bymekaar te maak vir die stel dies en geweer Potch toe te stuur...

Verbasend hoe daai kleinbietjie verandering 200fps verskil kan maak.

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Fri Sep 14, 2012 7:42 am
by Wouter Roets
Gerhard

Die foto doen die verandering nie mooi justice nie. Dopkapasiteit is op in die orde van 10-12% wat baie is. Onthou ook dat dit n mens in staat stel om S365 te gebruik wat baie help.

Groetnis
Wout

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Fri Sep 14, 2012 8:11 am
by Gerhard
Wouter Roets wrote: Gerhard

Die foto doen die verandering nie mooi justice nie. Dopkapasiteit is op in die orde van 10-12% wat baie is. Onthou ook dat dit n mens in staat stel om S365 te gebruik wat baie help.

Groetnis
Wout
Wouter,

Ek besef dit terdee...

Ek het die selfde ondervind met die Hornet na 22K Hornet...

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Fri Sep 14, 2012 12:16 pm
by tau
Wouter Roets wrote: Gerhard

Dankie vir die plasing van die foto! ;)

Snaaks ek sien uit die kommentare dat daar nie veel vrae gevra word oor die kaliber nie. Seker maar bietjie intemiderend vir die bendes en faksies?

Groetnis
Wout
Dus maar uit respek......

Wouter ek dink hierdie is rerig een lekker opgradeuring van H&H. Soos jy weet het jou invloed my nou laat begin met die .223 AI  bou en ek kan nie wag om te sien of jou weergawe van die verbetering van AI rerig so goed is nie...... :)

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Fri Sep 14, 2012 12:34 pm
by Louis Kriel
Daai 375 AI lyk mooi, amper soos 'n 375 Ruger sonder die belt!

Re: Die 375 H&H Ackley Improved

Posted: Mon Sep 17, 2012 9:20 am
by Stefan764
Wout, ag ek bedoel Gerhard, dankie vir die foto.

Wat Wouter hier se van dopkapasiteit is een enorme voordeel. Die 375Ruger het n 6% groter dopkapasiteit as die H&H en dan het die AI soos wout se n 12% voorsprong op die H&H.

Die soek na spoed op n kaliber maak nie altyd sin nie en is ook nie nodig nie. Ons weet dat minder spoed in sekere gevalle meer penetrasie beteken (vra die 9,3 manne  ;D )

Die belangrike punt wat hier ter sprake is, is die feit dat dit 2012 is  ;D en die term vlaktegeweer soos ons oupas dit geken het so bietjie verander het oor die jare. Moderne herlaaitegnieke, koeels, dryfmiddels ens ens stel ons vandag in staat op kalibers soos hierdie AI van Wouter in n besonderse vlaktewild kaliber te verander. Met korrekte kruit en n vinnige paar vestellings aan die teleskoop word die AI weer die 300gr @ 2250fps, sou jy dit van hom verlang, so daardie deel van die geweer raak nooit verlore nie. Wat die groot voordeel hier is, is dat die 375H&H AI n vlaktekaliber word wat enige grootte wild tot op enige afstand waarop jy nog akkuraat kan skiet.

Groete
Stef