Page 1 of 1

Staanplek!

Posted: Sat May 22, 2010 8:22 pm
by KSV
JB en almal,

Beskryf bietjie die dagroep staanpleke en goed waarna n man moet kyk?

Ek dink ek wil bietjie die een meer aandag gee. Wil net bietjie meer inligting h? rondom die keuse van staanplek aangesien ons hier bietjie baie bosse het.

Kalahari groete

Re: Staanplek!

Posted: Sat May 22, 2010 8:37 pm
by spikkels1
Naand Hein ,

'n Windpomp kan goed werk as jy weet waarvandaan hulle gaan inkom . Dit raak net ongemaklik soos wat jy wag , met nie teveel beweegruimte nie . As jy sit , gaan jou voete na 'n tyd "dood" en sukkel jy om af te klim .

Die krippe is ook 'n goeie opsie . Hier by ons het ons nog van die ronde tipe met die resevoir in die middel en die trog om die resevoir . 'n Opvou stoel pas net mooi in die resevoir as jy nie die hele tyd in gumboots wil wees nie .

Het julle ook die vaalbos , rosyntjiebos en swarthaak ? Saag vir jou bakkie 'n staanplek uit in een van die bosse en jy kan regop staan op die bak vir hoogte . Die bosse hier by ons is net meer as dakhoogte , so jy kan darem oor hulle kyk as jy agter op die bakkie staan . Met die bakkie in die bos , lyk dit of cammo nie so noodsaaklik is nie .

Ek sal egter die kenners se menings ook wil hoor op 29 Mei .

Groetnis

Danie

Re: Staanplek!

Posted: Sat May 22, 2010 11:05 pm
by Dawie
Hallo Julle

Op pad terug vannaf NAMPO het Jan-Hendrik Loots(Die ou wat die lekker dagskietstoele maak) vir my die windpompskietstoelprototipe gedemonstreer by 'n windpomp langs die pad anderkant Victoria-Wes.

Jy klim met hom op jou rug en haak so lang haak onder die platvorm se dwarsyster van die windpompraam.  Hy klap dan oop met stoeljie en dan sit jy jou skietarm ook in.  Ek het nogal ewe 'n skoot ook geskiet uit die kontrepsie.  Jy kan +- 270? skiet.  So jy verloor +- 90?.

My broer wat by was met die demo het vannaand eers met die oplossing gekom....Kry 2,  een aan elke kant van die windpomp.  Jy en jou tjommie/drywer kan dan 'n koffie bottel of coolbag in die middel van die toring op 'n plankie sit en dan is alle hoeke gedek. ;)

Daar's plek vir 'n battery op die stoel so jy kan in die aand ook skiet.

Die ou is nogal vol pattente.

Cheers

Kojak

Ps. Ek begin al soos 'n infomercial klink :P

Re: Staanplek!

Posted: Sat May 22, 2010 11:08 pm
by KSV
Wat van n fototjie asb?

Hein

Re: Staanplek!

Posted: Sat May 22, 2010 11:15 pm
by Dawie
Hein

Het ongelukkig nie kiekie nie.  Tommie Calldo het glo ook een (wat darem geverf is) sal hom vra om fotojie te plaas.  Hy sal seker soos met die dagskietstoel nog 'n volledige advertensie hier op die forum plaas.  Klink my hy gaan eers nog bietjie skaaf ook aan die ontwerp.

Jammer man

Kojak

Re: Staanplek!

Posted: Sat May 22, 2010 11:46 pm
by Francois Marais
Manne

Julle moet laat weet, ek het die dagroep stoel, maar hierdie klink vi my na n wenner, voorwaar.

As daar dalk later fotos is, of as die proto tipe kla getoets is, laat weet as n man kan bestel.

Mooi loop
Francois

Re: Staanplek!

Posted: Sun May 23, 2010 12:56 pm
by Biker
KSV

Dagroep plekke kan mens lekker inrig deur n klipmuurtjie te bou wat permanent op goeie plekke bly. Daar is dan geen vreemde struktuur as jak inkom wat hom agterdogtig maak nie. Wat ek ook nog doen is om n voerplek skiet-afstand van so roepplek te maak en gooi dan alle dooie karkasse en afval daar. As jy spore sien merk dan met jak urine en mis by die voerplek en so dag of 2 later doen jou dagroep. Teen daai tyd is hulle goed moerig vir die 'oortreder' en kom agresief in. Ek stem saam oor die min roep. Roep hard en kort en wag daai 20min en wees wakker! Moenie oor die naweek se poppies sit en droom nie.KONSENTREER MANNE KONSENTREER!!

GROETE BIKER