Page 1 of 1

P14 Sneller

Posted: Sat May 22, 2010 1:33 pm
by Monrique (SJ)
Dagse

Ek het n .303 BSA met n P14 aksie, wat ek graag wil weet is kan n mens die sneller stel of nie.
Dit het n redelike lang voortrek, ek is dit al gewoond maar dink die ror sal nog beter groepe skiet as die voortrek uit is.

Groete

SJ

Re: P14 Sneller

Posted: Sun May 23, 2010 5:54 am
by Robert
SJ. Jy kan altyd n Timmeny (spelling nie reg) of n Thor sneller opsit. Ek het my k98 se sneller vervang en dit maak n wereld se verskil. Kyk by jou wapenhandelaar en vra een vir die P14. Mens sit dit self in. Party maal nodig om bietjie houtwerk te doen om sneller te maak pas. Jy sal nie spyt wees nie. Robert

Re: P14 Sneller

Posted: Sun May 23, 2010 11:30 am
by Francois Marais
SJ

Daardie sneller kannie stel nie, die beste opsie is n "after market" sneller soos Robert genoem het.

Die snellers is ma duur, ma elke sent werd. Ek het seker 4 mauser aksies, almal met Timney snellers op, jy sal eers die verkil glo as jy hom self skiet.

Mooi loop
Francois

Re: P14 Sneller

Posted: Sun May 23, 2010 1:46 pm
by Tiny
SJ
Robert wrote: SJ. Jy kan altyd n Timmeny (spelling nie reg) of n Thor sneller opsit. Ek het my k98 se sneller vervang en dit maak n wereld se verskil. Kyk by jou wapenhandelaar en vra een vir die P14. Mens sit dit self in. Party maal nodig om bietjie houtwerk te doen om sneller te maak pas. Jy sal nie spyt wees nie. Robert
My pa het vir my 7x57 'n Timney sneller ingesit omdat ek nie so lekker reggekom het met die 2 snellers (haarsneller) van Brno nie. Hy moes bietjie houtwerk doen, maar ek was nog nie 1 skoot spyt gewees nie. Dit maak regtig die wereld se verskil. Doen dit - sal nie spyt wees nie.\

Mooi gaan
Tiny

Re: P14 Sneller

Posted: Tue May 25, 2010 8:44 pm
by Monrique (SJ)
Ek dink ek gaan maar vir my een van die snellers kry. Maar eers as die jagseisoen klaar is en die finansies weer begin mooi lyk.

Dankie manne waardeer die terugvoering.

SJ