Page 1 of 1
Veiligheid eerste manne
Posted: Mon Sep 10, 2012 1:51 pm
by Carl
Ek sien nou oor middagete die op 'n ander forum, beslis nie tegnies so gevorderd soos hier nie!
Help. Ek het 39gr S335 met n 100gr sierra punt gelaai vir die 257 Roberts. Die eerste skoot wou die doppie nie uitskiet nie en ek moes die slot verwyder om die doppie los te kry. Toe ek hom los maak sien ek dat die slagdoppie los geskiet het. Nog drie skote wat die selfde effek getoon het. Die vyfde skoot het my sinusse los gemaak met gas wat agteruit geblaas het. Nou sit die dop vas en ek kry nie die slot oop nie. Ek neem aan dat die S335 se lading te groot was. Enige advies hoe ek die slot kan los kry en oor die gebeure?
http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... p?t=114478
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Mon Sep 10, 2012 2:00 pm
by Cobus(Cobb)
Today, 01:54 PM
yellowfever
Member Join Date: Oct 2008
Location: Rustenburg
Age: 42
Posts: 345
--------------------------------------------------------------------------------
Piet jy was amper bokveld toe en nie om te jag nie. Gaan sluit by 'n gespesialiseerde Herlaai forum aan soos
Jaracal.com . Jy't nou klaar jou eerste lewe gehad.
Dit kan wees dat jou case extractor nou permanent skade het.
__________________
CARL
http://www.biki-bini-bos.com/weekly-update.php
Ek laaik die reply...

...Ludwig, julle manne kry nog 'n customer..
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Mon Sep 10, 2012 2:37 pm
by Marc
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Mon Sep 10, 2012 3:53 pm
by Zack Benade
Veiligheid = Commin Sence
Alle oneglukke kan voorkom word. DINK en gebruik jou Commin Sence.
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Mon Sep 10, 2012 4:27 pm
by Spanner
Dis die probleem : "Common sense" is nie meer vandag so "common" (volop) nie !
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Tue Sep 11, 2012 11:59 am
by IceRoss
Manne ja ons kan almal praat van "commin sense" maar laat ek n stuiwer in die arm beurs myself gooi! N fout is n fout en nie "commin sense' nie dis n "mis rekening" van feite na my opinie! Ek het eendag in plaas van 50,6gr 56,6 gr S365 agter n 150gr punt vir n .270 gelaai!!!!!!!!!!!!!!!! Na 2 skote het ek besef daar is fout........................dank die Here anders was dit dalk fataal.
Gelees van n man wat n 308 rondte in n 25-06 gelaai het. Hy het n duim verloor maar lewe gelukkig!
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Tue Sep 11, 2012 12:08 pm
by Stefan764
Ja nee kyk. Pille gan oki werk ni
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Tue Sep 11, 2012 12:14 pm
by IceRoss
Menslik, almal maak foute! Sommige lewe om die verhaal te vertel.....................................!

Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Tue Sep 11, 2012 12:20 pm
by JPS
Ice,
Dit is baie waar almal is menslik en almal maak foute. Ek maak baie foute dis hoe ek leer probeer om dit die eerste keer te leer en niemeer as een nie. Maar om die selfde fout te maak tot by 5de skoot is so bietjie meer fout as wat ek persoonlik sal wil maak.
Party foute is net baie ernstiger as ander.............
Soos Carl hierbo genoem het, veiligheid waneer dit by herlaai kom EERSTE!
Mooiloop
JP
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Tue Sep 11, 2012 12:38 pm
by IceRoss
JP's dit verstaan ek! Jy weet, as jy begin herlaai en jy weet skielik alles voor jy wegspring en jy maak dan n fout is jy onnosel en daarvoor is daar nie pille nie! Een sport is gevaarliker as n ander en elke sport het sy "besering" die graad van ernstigheid is egter die bepalende faktor..........sommige stap weg daarvan om te gaan vertel ander nie! Ek veronderstel wat ek wil s? is, deur stampe en stote het ons wys geword as daar "slim-word" pille op die mark was sou ek s? dis n ander saak maar die man het beslis uit onkunde aangegaan en ek dank die Vader hy lewe om dit te vertel! Oor die rooilig vir hom aangegaan het na 5 skote beteken NIE hy is onnosel nie reg!
My 2c werd!
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Tue Sep 11, 2012 1:20 pm
by Carl
Ek dink Piet sal hier aansluit, hy't sy les geleer. Hy het darem vir Somchem gebel - die manne het seker ook groot geskrik. Hy skiet nou glo lekker met die 6.5 en 335 of is dit 385;-)
Die ander probleem is wanneer ons advies gee aan manne van ladings wat werk. Ek sien in Amerika is die manne lugtig en sluit af met 'n "disclaimer" . As jy nie die man ken en sy post is so 1 of 2 wees lugtig.
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Tue Sep 11, 2012 2:10 pm
by IceRoss
Ludwig 100% reg veiligheid is op die boonste rak! Ek dink ons verstaan mekaar nie. Miskien sal jy verstaan waarvandaan ek kom as ek jou vra of jy in n vliegtuig sal klim as jy weet hoeveel vliegure die piloot het!

Dis n kans wat ons almal in die lewe vat en as dit jou tyd langs daai man op die skietbaan is "so let it be" dis nie jou keuse nie! Ons kan nie almal perfeksioniste wees in alles wat ons doen nie want jy kan nie net een wees in herlaai en nie in die bestuur van jou voertuig nie ek meen, jy het n gesin se lewens in jou hande so ook ander op die pad! Jammer ek ruk dalk die dam onder die eend uit maar wat ek hier skryf is realiteit en ek probeer n punt maak!

Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Tue Sep 11, 2012 4:34 pm
by Stefan764
Ludwig wrote:
Ek weet baie mense sal my stenig oor die opinie, maar ek en Wouter het dit al bespreek en ons voel dieselfde. Ek sal glad nie omgee as daar wetgewing in SA kom, soos daar in verskeie Europese lande is, wat die herlaai industrie begin reguleer nie. Mens moet minstens die nodige kennis en aanleg vir herlaai kan toon, voor jy wetlik toegelaat word om dit te beoefen.
Ek stem saam Ludwig. Hier het ons dit dan nounet sien gebeur...
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Wed Sep 12, 2012 7:05 am
by IceRoss
Ludwig wrote:
IceRoss wrote:
Miskien sal jy verstaan waarvandaan ek kom as ek jou vra of jy in n vliegtuig sal klim as jy weet hoeveel vliegure die piloot het!
As die vlieenieer gekwalifiseerd is, en die nodige kennis en ervaring het wat die industrie vereis, ja dan sal ek. Andersins, nee.
Ludwig en hoe sal jy dit weet? Vra jy die Lugredery as jy jou kaartjie boek/Lugwaardin voor jy aan boord stap/Piloot VOOR jy op die vliegtuig klim!
Dis n kans wat ons almal in die lewe vat en as dit jou tyd langs daai man op die skietbaan is "so let it be" dis nie jou keuse nie!
Ja, dit is my keuse.

Ek het al my goed opgepak en huistoe gegaan omdat manne onverskillig op 'n baan opgetree het. Lees vanoggend weer in die
Beeld van 'n jong leerling wildbewaarder wat in 'n skietongeluk dood is. Dink jy sy familie voel dit was maar sy tyd, en dit was maar net 'n onvoorkombare ongeluk? Net 'n vraag. Ek baklei nie.
So as jy op die baan stap en daar sit 5 manne kan jy sien wie kennis het van herlaai en wie nie?!?!? Jy kan sien wie die "ongeluk" is en jy posisioneer jouself ver weg van daai persoon af?!?!?!
Ons kan nie almal perfeksioniste wees in alles wat ons doen nie
Jy is heeltemal reg Ice. Stem 100% saam met jou. Nie almal is 'n Usain Bolt of 'n Sebastian Vettel of 'n Picasso of 'n Albert Einstein nie. Ek weet ek kan nie swem nie. Ek gaan nie my lewe in gevaar probeer plaas deur in te skryf vir die Midmar myl nie. Nie almal is uitgeknip om herlaaiers te wees nie. Ek sien dit daagliks met manne wat my kontak oor herlaai hulp, wat nie herlaai beginsels kan snap na die 10de keer wat mens dit aan hulle verduidelik nie. Dis nie oor enige fout aan hulle kant nie. Ons almal is anders aanmekaar gesit en ons almal verstaan, redeneer en prosesseer verskillend. Herlaai is nie tande borsel of jou klere aantrek nie. Dis 'n komplekse en gevaarlike wetenskap. Ek weet baie mense sal my stenig oor die opinie, maar ek en Wouter het dit al bespreek en ons voel dieselfde. Ek sal glad nie omgee as daar wetgewing in SA kom, soos daar in verskeie Europese lande is, wat die herlaai industrie begin reguleer nie. Mens moet minstens die nodige kennis en aanleg vir herlaai kan toon, voor jy wetlik toegelaat word om dit te beoefen.
Selfs by die bestuur van motorvoertuie is daar 'n proses waardeur iemand eers die wette en reels van die pad moet leer, dan sy leerlinglisensie bekom, en dan leer hoe om 'n voertuig te bestuur, en dan bestuurlisenie bekom. Hoe veilig sou jy op die pad voel as enige persoon sonder die nodige kennis van die padreels en die nodige lisensie, toegelaat was om op openbare paaie te bestuur?
En hoe voel jy oor die lisensie wat "onwettig" bekom is maar tog "wettig" voorkom alhoewel die persoon NIE kan bestuur nie!
Ludwig, Ek baklei ook nie met jou nie, al wat ek jou probeer atent op maak is dat BAIE dinge buite jou beheer is al stel jy alle nodige wette in! Die menslikheids faktor is 99.9% die oorsaak van die faling in die stelsel NIE die toerusting nie! Vrede broer ek het darm so 52 jaar se ervaaring van die' soort ding myself!
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:25 am
by Gerard
Die hele probleem sal opgelos wees as daar 'n gedeelte oor onveilige ammunisie in die vuurwapenbevoegdheid kursus ingesluit word. Jy kan nie verwag dat 'n mens moet 'n herlaai kursus doen om te kwalifiseer vir herlaai nie. Wat sal so 'n kursus behels en waar stop mens?
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:33 am
by Eugene
Ouens, ek is nuut in die herlaai besigheid en eks maar baie versigtig! Ek het orals rondgevra vir raad en hulp (voordat ek die forum ontdek het

) en party manne wat al jare herlaai, het 'n uitkyk van
" daai maksimum lading het in elk geval 'n veiligheidsfaktor in, so gooi die dop vol en druk die koeel in!". Ander ouens s? weer 'n grein links of regs gaan nie 'n m@#rse verskil maak nie....
Dit sal goed wees as daar wetgewing sou wees wat jou verplig om eers 'n behoorlike kursus te doen, maar sal dit nie maar ontaard in dieselfde situasie as die bekwaanheidskursusse nie?
Hier stap nou die oggend vroeg by my 'n ou in wat wil aansoek doen vir sy bevoegheidsertifikaat, maar hy het nog nie die kursus gedoen nie en ek wys hom daarop. Later
dieselfde dag is hy terug met 'n bekwaamheidssertifikaat vir geweer, haelgeweer, pistool en hand carbine. Sommer net so....
Elke ding het seker sy prys...
My 2c
Groete
Re: Veiligheid eerste manne
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:53 am
by Gerard
Ludwig, ek is nie 'n voorstander van meer wetgewing nie. Die situasie in Duitsland is heeltemal buite beheer. As die bevoegdheid sertifikaat vir die onderskeie wapensoorte ordentlik gedoen word, is dit al wat nodig is. Ek was verstom toe ek my bevoegdheid gedoen het. Daar was soveel foute in die opleidingsmateriaal en die eksamen was werklik 'n grappie. Dit het meer gegaan om die geld as om die kennis.