More Julle,
Ek het n vlakvark karkas wat ek boude en blaaie laat sny het. Het iemand dalk vir my n resep vir varkboud maak en selfs die blaaie?
Dankie by voorbaat.
Groetnis
Robert
Vlakvark Vleis
- Robert86
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Mon Apr 09, 2012 3:26 pm
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Vlakvark Vleis
'n Rooiwyntjie gaan goed af saam met die lot.
1 vlakvarkboud
210 g repies spek
3 eetlepels swartpeper
110 ml bruinasyn
130 ml rooiwyn
12 ml bruin suiker
70 g glanskersies
3 knoffelhuisies gekap
2 uie - in skywe gesny
10 ml appelkooskonfyt
20 ml worcestersous
8 naeltjies
Maak gate in boud en steek knoffel glanskersies en stukkies spek in elke gat.
Gooi uie bo op boud en plaas vir twee dae in mengsel van coke en melk.
Net voor jy braai haal boud uit, smeer appelkooskonfyt en worcestersousmengsel op boud.
Plaas boud in groot pot en gooi asynmengsel by en ongeveer 350 ml water.
Kook stadig tot vleis sag is.
Braai dit nou bruin nadat die sous eenkant uitgegooi is om later oor vleis te gooi.

Marinade the leg for 24 hours using the following ingredients:
8 bay leaves
handful of peppercorns
2 onions, sliced
3 sliced chilli peppers
1 bottle of red wine
Add water to marinade to cover leg
Braise the leg at 180 * C and for 40 minutes to the pound.
When it is cooked, drain it, place on a long dish and pour over a few tablespoons of the strained braising juices, sprinkle with sugar and glaze in the oven
Reduce remaining braising juices and add 12 prunes and 24 cherries pickled in vinegar.
At the last moment add a little chocolate dissolved in water and serve the ham with the sauce.
8 bay leaves
handful of peppercorns
2 onions, sliced
3 sliced chilli peppers
1 bottle of red wine
Add water to marinade to cover leg
Braise the leg at 180 * C and for 40 minutes to the pound.
When it is cooked, drain it, place on a long dish and pour over a few tablespoons of the strained braising juices, sprinkle with sugar and glaze in the oven
Reduce remaining braising juices and add 12 prunes and 24 cherries pickled in vinegar.
At the last moment add a little chocolate dissolved in water and serve the ham with the sauce.
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Vlakvark Vleis
1 vlakvarkboudjie
12,5 ml knoffel en kruie geurmiddel
5 ml fyn naeltjies
2 ml groente-aftrekselpoeier
2 ml gegeurde seesout
5 ml fyn gemmer
swartpeper
2 pakkies (250 g elk) streepspek
Meng al die smaakmiddels.
Rol spekrepies in geurmiddels en lardeer boudjie.
MARINADE
200 ml appelsap
nartjieskil
100 ml Coke
marmelade
Plaas die boud in die appelsap en marineer 24 uur lank in die yskas.
Draai gereeld om.
Druk nou eers die stukkies nartjieskil in spekgaatjies in die boud.
Plaas boud en appelsap in 'n swaarboomkastrol en voeg Coke by.
Sit deksel op en bak sowat 4 uur stadig by 160 * C tot sag en gaar, afhangende van die grootte van die boud.
Bedruip nou en dan met marinade tot mooi bruin.
Smeer marmelade oor en sit terug in oond sonder die deksel.
Verhoog die temperatuur tot 200 * C en bak die laaste 20 - 30 minute sonder deksel om die boud mooi te verbruin.
Pasop egter vir verbrand.
VARIASIE
Springbok of Blesbokboudjie.
Berei soos hierbo, maar gebruik suurlemoen en kruie-bedruipsous pleks van appelsap

Die eerste en derde resep is al beproef ! 
- Robert86
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Mon Apr 09, 2012 3:26 pm
Re: Vlakvark Vleis
Sarel,
Baie dankie vir die resepte, dit klink bevange lekker.
Kan mens die resep in n Webber ook probeer?
Groete
Baie dankie vir die resepte, dit klink bevange lekker.
Kan mens die resep in n Webber ook probeer?
Groete
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Vlakvark Vleis
Hallo Robert,
Jy kan dit in 'n Weber ook doen.
Jy kan ook dan 'n dik spuitnaald gebruik en van die marinade in die boud spuit.
Die boud moet dan in foelie toegedraai word en vir 3-4 ure bak. As jy 'n vleistermometer het, soveel beter. As die binnetempratuur van die boud 60 - 70 grade is, is die boud so te se gaar. Jy kan dan die foelie afhaal en verder mooi bruin braai as jy wil.
Onthou dat die hitte nie te warm moet wees nie.

Last edited by Sarel on Mon Sep 10, 2012 11:49 am, edited 1 time in total.
- Robert86
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Mon Apr 09, 2012 3:26 pm
Re: Vlakvark Vleis
Sarel,
Dankie vir die hulp. Ons gaan die volgende naweek verseker probeer.
Sal jou laat weet hoe dit uitgekom het.
Groete
Robert
Dankie vir die hulp. Ons gaan die volgende naweek verseker probeer.
Sal jou laat weet hoe dit uitgekom het.
Groete
Robert