Page 1 of 2
Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:07 am
by DWB
Manne,
Daar is gister ges? iemand is welkom om dit te toets.
Nou ek is nie hier om moeilikheid te maak nie, maar ek dink dit sal almal baat as hierdie storie nou tot 'n einde kan kom.
Ek stel voor, die wat dit wil sien maak 'n klein skenking tot 'n pakkie GS Custom Koeels en dan sommer 'n ander fabrikaat en dan kry ons 2 aparte mense om die toets vir ons te doen.
As dit in 'n .30 kaliber gedoen word sal ek 'n paar Hornady GMXe skenk vir die doel.
Ek sal ook die eerste R100 oorbetaal vir die toets se onthalwe.
Wat dink julle?
ASB MOENIE HIERDIE 'N MODDERGOOIERY MAAK NIE.
ONS DOEN DIE TOETS EN GEE DIE FEITE
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:21 am
by Cobus(Cobb)
DWB wrote:

Ek skenk 'n paar .30 kaliber nosslers,(sal kyk, het dalk so 5 Barnes ttsx ook) net om 'n 3e en 4e party in te gooi as vergelykings...
Cheers
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:27 am
by DWB
Dankie Cobus.
As die GS Customs in pakkies van 50 kom kan ons dit opdeel tussen 'n paar skuts.
Ek sal 'n hele pakkie GMXe skenk as dit moet.
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:34 am
by Vlakvark
DWB
Ons hoef nie ander te toets nie, geen een van die ander maak aanspraak op die deur die takke en blare skiet nie.
Dankie vir jou voorstel. Ek dink ook nie enige toets sal help nie. Daar is net te veel veranderlikes om so toets te doen. Wat gebeur as jy twee blare en dan 'n tak vang , of twee takkies op verskillende hoeke,en dan 'n blaar of 'n groot tak, koeel maak oop en dan 'n klein tak op een van sy vlerke of of of of of of of Hoe doen jy die toets of moet ons maar net glo dit wat Gerard se is waar
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 9:00 am
by Gerard
Vlakvark: Hoe doen jy die toets of moet ons maar net glo dit wat Gerard se is waar
Onder andere:
http://www.dtic.mil/dtic/tr/fulltext/u2/705381.pdf
http://www.dtic.mil/cgi-bin/GetTRDoc?AD=AD0296754
So as jy jou kleinlikheid in jou sak steek en begin glo dat ek aan die skieter se kant is en nie net vir my bankbalans uitkyk nie, sal jy miskien iets agterkom wat jou sal verbaas. Ons is mooi gevra om nie hier modder te gooi nie maar jy maak dit baie moeilik.
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 9:02 am
by DWB
Oom Gerard,
Ek sal bietjie later na die "links" kyk.
Maar ek sien uit daarna dat ons die toets kan doen.
Oom kan ook dan raad gee oor hoe ons dit kan opstel.
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 9:32 am
by Koos Barnard
Dags?
Het reeds iewers anders ges? dat ek sulke toetse gaan doen. Dis eintlik nie om GS te toets nie, maar sommer in die algemeen. Die artikel sal in Magnum verskyn.
Mooi loop
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 9:38 am
by DWB
Dankie Oom Koos!
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 11:08 am
by Vlakvark
Gerard jy moet maar altyd die laaste woord in kry. Dis al 'n jaar dat ons vra vir bewyse so ons moet maar net glo. Want jy het nog geen bewyse gegee nie
As dit dan nou klienlik is en modder gooi is omdat ons jou nie glo nie. Vra ek net sit die bewyse op die tafel.
Ek is klaar met
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 12:27 pm
by Stefan764
Deur wat wil julle manne skiet en teen watter hoeke?
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 12:31 pm
by DWB
90? Teen Staggered Dowels
Dus dek ons alle hoeke
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 1:24 pm
by Cobus(Cobb)
Koos Barnard wrote:
Dags?
Het reeds iewers anders ges? dat ek sulke toetse gaan doen. Dis eintlik nie om GS te toets nie, maar sommer in die algemeen. Die artikel sal in Magnum verskyn.
Mooi loop
Koos, het jy al 'n idee in watter uitgawe..? voor Desember of eers in 2013
Cheers
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 1:27 pm
by Koos Barnard
Stefan
Dis baie moeilik (onmoontlik) om die werklikheid te simuleer. So al wat jy kan doen is om 'n spesifieke "laboratorium" toestand te probeer skep wat vir elke skoot/kaliber dieselfde is. Ek daan dowels gebruik en hulle regop staanmaak. Boor 'n gat in 'n plank en sit die dowel in. Dan word die dowel, kom ons s? maar 25m van die skieter geplaas en nog so 10m verder (agter die dowel) die teiken. Teiken en dowel word so opgelyn dat jy deur die dowel skiet na byvoorbeeld die hart/longarea ('n spesifieke mikpunt in die area). Ek beplan om die dowel eers in die middel te skiet en daarna off-centre om te probeer om die koe?l te laat reflekteer. Die probleem met staggered dowels is dat jy nie beheer het hoeveel dowels die koe?l gaan tref nie en as 'n koe?l in een toets net twee tref en in die volgende drie of meer is dit nie meer 'n regverdige toets nie.
Ek sal wel deur staggered dowels ook skiet vir die interessantheid en die bevindings weergee. Ek het baie, baie koe?ls deur soliede hout (pine, rhino board, pressed wood, hard board, dakplafonmateriaal -ceiling - keramiek te?ls ens) geskiet en die meeste koe?ls penetreer in 'n redelike reguit lyn. Lang, soliede koe?ls is geneig om te tuimel en baie omklinkkoe?ls ook. As jy deur iets soos rhino board skiet kan jy mooi sien hoe die "wondkanale" loop en waar die koe?l begin tuimel het of begin wegswaai. 'n .375-sagtepunt doen nie vreeslik goed in rhino board nie. Die frontale area van die koe?l speel 'n baie froot rol in hoe diep dit penetreer. Ons het eendag my .30-06, gelaai met 220gr solids teen 2430fps, en my vriend, Nigel Woodroffe, se 9.3 en .375 ammo in die rhino board stopbox getoets. Die 9.3 en .375 was met 286 en 300gr koe?ls gelaai. Die .30-06 het elke keer maklik gewen. Nigel het swaar gesluk daaraan. Hy het reeds verskeie olifante (nie twee of drie nie, meer) met sy .375 en PMP se fabrieksammo (286gr solid) geskiet en het aangedring dat ons aanhou skiet met die PMPs en nog ander solids, onder andere Barnes en Woodleigh. Na daardie toets het ek verstaan hoekom sommige ou hande nie bang was om olifante met die .30-06 aan te vat nie - as jy reg skiet (breinskote) werk dit net so goed soos die groot kalibers. Met lyfskote sal dit seker nie so goed werk nie - die .30-06 maak darem 'n veel kleiner gat as die .375.
Diere is nie van rhino board, pine of dergelike materiaal gemaak nie, maar dit gee darem 'n aanduiding hoe die verskillende koe?ls in dieselfde medium presteer. Ek het wel gevind dat daar die koe?ls wat goed presteer in die toets mediums ook goed op wild presteer - onthou net ek praat van wildsbokke, nie die Groot Vyf nie.
Mooi loop
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 1:29 pm
by Koos Barnard
Cobb
Ons werk reeds aan die November-uitgawe. Dit sal seker eers in die Januarie 2013-uitgawe verskyn. Sal egter so ietsie op die Forum plaas soos die inligting deurkom.
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 1:59 pm
by Gerard
Vlakvark,
Dis al 'n jaar dat ons vra vir bewyse so ons moet maar net glo. Want jy het nog geen bewyse gegee nie
Watse bewyse is dit wat julle soek? Laat my weet dan sal ek vir jou die skakels laat kry.
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 2:31 pm
by Stefan764
Oom Koos
Is n droe dowel stick nie te sag (dalk bros/uitgedroog/brittle wat ookal?? ) vir die toets nie? Ek raai maar net, maar ek voel dat n koeel op 25m uit n 375 hom nie veel gaan steur aan n dowel nie?
Hang maar seker af hoe dik? Besemstok? Ek weet nie? Ek weet net 300gr teen 2550fps gaan sy momentum op 25m redelik goed behou hehe. So ja, dis my raaiskoot, maar ek het ook geen idee hoe anders om n regverdige (lees konstante) toets aan te pak nie...
Kyk bietjie op Doctari se video, The Perfect Shot, daar skiet hulle n buffel met n 375H&H met n 380gr Rhino deur n mopani boompie van maklik dikker as n duim. Die koeel het in n reguit lyn bly vlieg, begin tuimel, die buffel dwars getref, deur die spine en teen die oorkanste vel gestop. Ek reken die boompie was in die omgewing van 20m - 30m gewees.
Groete
Stef
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 2:43 pm
by Koos Barnard
Stefan
Die dro? dowel is nie ideaal nie maar 'n mens skiet nie noodwendig deur besemstokdikte takke nie. As jy deur die tak skiet (mooi senter) hardloop baie koe?ls reguit. Dis die koe?ls wat takke teen 'n hoek/off-centre vang wat die defleksie veroorsaak. Maar ek belowe, ek sal spesiaal vir daai wille .375 Ruger besemstok ook gebruik

. Ek weet met my vorige toetse het 'n paar groot kalibers nou nie juis te waffers gevaar nie.
Mooi loop
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 5:24 pm
by Pvdw
Koos die een gaan baie interesant wees. Mag jy al s? watter koe?ls jy gaan toets en watter kalibber??? Is die GSC wat nou so onder bespreking hier is ook deel van die toets??
Peet
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:39 pm
by Wouter Roets
Koos/Manne
Vergun my asb om n paar manne wat dalk nie destydse rubriek in die magnum gelees het nie so bietjie in die prentjie te plaas.
As ek reg kan onthou was die toets twee ledig(Koos jy moet my reg help as die geheu gaan in die verband). Dit was gebasseer om te sien of koeelvorm en kalibergroote n jagter enigsins kan bevoordeel met die tref van takke op pad na die teiken toe. Die uiteinde was dat geen koeelvorm of kaliber vrygespreek was van Newton se teoriee nie. Ek dink die 223 of so iets het die beste gevaar van al die kalibers wat wel getoets was.
Oom Gerard wat se toetse wat met hierdie een vergelyk het Oom tot Oom se beskikking?
Groetnis
Wouter
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 7:58 pm
by Frederik
Dit mag dalk nie die beste toets wees nie maar as ons praat van takke en blare werk ons met moontlikhede wat seker oor 30 nulle plus strek ek hou van die toets want dit kan aangebring work op dieselfde manier elke keer maak nie saak watter kaliber of koeel nie.
Ek sal graag wil sien wat die uiteinde van die toets is veral met die koeel vorms.
Ek dink ons almal sal leker leer hier uit.
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Mon Sep 10, 2012 8:11 pm
by JAGTERSREG-JRM
Lyk my die gemoedere loop hoog op die onderwerp.Dink dit is belangrik om by die beginsel te bly van "konstruktiewe kommentaar" asook goeie toetse.Die beste van alles is elke skut en jagter sal nogsteeds sy eie "preverence" he
Groete
Kobus
PS die 9.3 skiet ook deur bome!!!!
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:16 am
by Koos Barnard
Peet
Ek weet nog nie watter koe?ls ek gaan gebruik nie, sal sien wat ek alles het. Ek is 'n tyd gelede gevra om Impala en Game Rangers te toets. Ek gaan maar net die kalibers gebruik wat ek het, .243, .30-06 en .375H&H. Tyd en geld maak dat ek nie meer gaan/kan gebruik nie. Glo my, dis 'n tydsame proses - jy moet gedurig dowels vervang en soms 'n toets oor doen ens. Magnum dra ook nie meer al my onkostes nie, so baie van wat ek gaan gebruik moet uit my eie sak kom. Sal probeer om ten minste vyf of ses verskillende koe?ls in elke kaliber te gebruik.
Onthou net, jy kan nie die skiet deur boomtakke/blare simuleer vir elke skoot nie. Daarom die dowels onder sogenaamde laboratoriumtoestande. Dis nie ideaal nie, maar die enigste manier om die toetse te kontroleer en min of meer dieselfde toestande te skep vir elke koe?l/skoot. Terloops, ek het nie Spartan-koe?ls nie, miskien kan iemand help?
Mooi loop
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:18 am
by DWB
Oom Koos,
PM my oom se bankbesonderhede, ek wil graag 'n klein bydrae maak.
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Tue Sep 11, 2012 10:25 am
by Koos Barnard
DWB
Baie dankie, het groot waardering daarvoor!!!! HEt pm gestuur.
Mooi loop
Re: Praktiese Jaracal Toets - GS Custom Defleksie deur media
Posted: Tue Sep 11, 2012 10:27 am
by DWB
Groot Plesier!
Ek het hom gekry, sal netnou gou oorbetaal.