OBT versoek: .204 Ruger

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

OBT versoek: .204 Ruger

Post by Geno »

Hallo manne,
Ek het vanoggend gou nog so 50 doppe gaan vuurvorm. QL voorspel baie vinniger spoed as wat ek kry. Ek weet Blok ervaar dieselfde.
Kan iemand dalk help asb?
Kaliber                        .204 Ruger (Howa 1500 Hogue)
Koeel                          32gr Hornady V-Max
Maak Dop                    Remington (Nuwe brass)
H2o  dop                    33.23gr
Slagdop                      PMP Small rifle magnum
TPL                            58.8mm
Magasyn kas Lengte    59mm Max
Loop Lengte                557mm
Kruit                          S335 Lot 696
Lading 1 Spoed            3683fps
Lading 2 Spoed            3642fps
Lading 3 Spoed            3693fps
Lading 4 Spoed            3673fps

Francois Marais kry 4200fps uit sy 24" loop uit met 28.5gr S335. Ek sal like om 4000+ te haal.

Help asb? As ek die lae spoed nie kan verbeter nie, kon ek netsowel 'n .222 gekoop het! :-\

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by blaser »

Ek kry beter spoed met s321
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by G-force »

Nee wat maat,dis sommer n scrap geweer,ek neem hom onmiddelik van jou hande af:).
Thanks dat ek en Caylin met hom kon skiet.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by tripodmvr »

QL voorspel 3915vps met so 2000psi oor max druk met 28.5 S335

As ek na jou betoog luister is daar drie dinge wat ek dink verkeerd kan wees :-
1. Jy het S355 instede van S335 gebruik
2. Jou chrony het die verkeerde lesings gegee
3. Jy het 'n swaarder koe?l gelaai.

200vps is baie om aan te pas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Geno »

1. Jy het S355 instede van S335 gebruik  - Ek besit nie S355 nie.
2. Jou chrony het die verkeerde lesings gegee - Prochrono's lees gewoonlik raak. Ander ladings met ander gewere het reg gelees.
3. Jy het 'n swaarder koe?l gelaai. - Ek sit met die le? pakkie 32gr's in my hand.

Blok kry met dieselfde geweer en ladingkombinasie +-50fps meer as ek.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by tripodmvr »

Jy het my kop v?r gaan laat draai. Daarom die wyd uiteenlopende kommentaar. Nou het ek nie meer 'n antwoord behalwe dat daar miskien groot verskille is tussen die lotte kruit wat julle gebruik nie. Ek sal egter versigtig wees met die spoed wat julle bereik. Max druk vir 204 is 58740vps.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Geno »

G-force wrote: Nee wat maat,dis sommer n scrap geweer,ek neem hom onmiddelik van jou hande af:).
Thanks dat ek en Caylin met hom kon skiet.
Jis maat. Ons moet dalk maar hierdie kort lopie gougou uitskiet. Daar's mos hoeka 'n 27" Krieger by S&O!
Plesier maat, ons sal sien of die dassiegun vanoggend 'n vark kan klop!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by G-force »

Geno,ek ry oor vyf minute,sien nou nou.Die klein jagtertjie is baie opgewonde.
Last edited by G-force on Sun Sep 09, 2012 6:43 am, edited 1 time in total.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by BLOK »

Daai twee duim mater, ek het jou mos gese daai 2 duime. Het al dubbele compressed load probeer en ek kry nog nie FM se spoed nie. Laat my noggal wonder is sy cronie nie dalk stukkend nie. hahaha.

Wat die loop uitskiet betref teen die tempo wat ek myne gebruik is dit een van die dae. Het weer net Saterdag tussen drie en vier honderd meter amper 100 skote op die gonge uit gespeel. Se jou dit is verslawend.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Geno »

Blok,
Wat is jou S335 se lot nommer?

PS, my .204 het gister boek oopgemaak met 3 spesies: Europese bosvark, bobbejaan, en 'n paar dassies. ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Boertjie »

Geno

Waar is die fotos?Sal graag wil sien hoe lyk die dassie
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by BLOK »

Geno

Ek het vier blikke 696 gemeng. En wat maak daai man met n vark.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Geno »

Ek laai nounou die video op Youtube, dan sal ek die link vir G-Force aanstuur om te plaas. Sy dogter het die vark geskiet.
Boera, Dasse bars nogal kwaai. Hulle verander partykeer in akrobate ook. Ek kannie glo dat die 32gr koe?ls 'n dier kan leer backflips maak nie ;D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by BLOK »

Ludwig wrote: Geno, jy gaan spoed verloor met die korter loop want jy kry nie tans volledige ontbranding nie. S321 gee nog swakker ontbranding in 'n 22" loop. Wat jou wel kan s?, is 4000fps gaan baie moeilik haalbaar wees. Maksimum druk haal jy reeds op 3880fps volgens QL. Ek dink regtig die 22" loop lengte is nie ideaal vir hierdie kaliber nie, en dat die beskikbare Somchem kruite ook nie regtig ideaal is nie.  Daar is 'n node spoed op so 3905fps maar dis raps oor maks druk, maar jy kan maar probeer opwerk soontoe as jy nie druk tekens kry nie. Vermoed jy gaan sukkel met dopvulling.
Ludwig

Dopvulling is n probleem om daai spoed te kry. Ek het al selfs dubbel compressed loads probeer. Dop vol gegooi, met allan key vas gedruk sonder om kruit te bekadig weer vol gegooi en dan geseat. Kon nie die spoed onthou nie, sal moet gaan kyk maar groepe was bitter swak al was daar geen tekens van druk nie. Wat Geno kan probeer as hy oor 4000fps wil kom is die impalas hulle kry ek oor die 4000fps redelik maklik maar ai groepe is glad ook nie mooi nie.

As oom GSC net wil op die kar klim en sy 26g'e wil beskikbaar stel. Maar ja lyk my sy masjiene is so onbetroubaar soos handelaars wat jou koels wil verkoop as jy vir koels vra.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Geno »

BLOK wrote: As oom GSC net wil op die kar klim en sy 26g'e wil beskikbaar stel. Maar ja lyk my sy masjiene is so onbetroubaar soos handelaars wat jou koels wil verkoop as jy vir koels vra.
Ontspan jou boude. Oom Gerard se pakkie toetskoe?ls in .204 is oppad na my toe....
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by BLOK »

Geno wrote: Ontspan jou boude. Oom Gerard se pakkie toetskoe?ls in .204 is oppad na my toe....
So daar is lig in die duister tonnel nie net meer lug nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by BLOK »

Ludwig

Mens kan nie probeer met haelgeweer of van die pistool tipe kruite nie. Weet nie ken hulle nie. Is daar nie dalk een wat beter ontbranding sal gee nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by BLOK »

Ek krap dalk nou, maar wat van saamgestelde ladings. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Geno »

More manne,
Die groepe is saterdag geskiet op 100yd.
Links is die 32gr V-Max met 28.2gr S335 LOT696, en Regs is 40gr Berger BT Varmint met 27gr S335 LOT698.
TPL is in albei gevalle 58.85mm
Nie fantasties nie, maar darm onder 1MOA.
Met finetuning behoort hulle baie beter te skiet, veral die Bergers wat sonder die flyer regs nogal mooi groep.

https://dl.dropbox.com/u/49750262/Miscellaneous/Groups.JPG

Die Bergers skiet ook die rook uit 'n jakkals uit, so ek hou nogal van hulle.
Last edited by Geno on Tue Mar 26, 2013 9:01 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by blaser »

Oom Gerard se pakkie toetskoe?ls in .204 is oppad na my toe...


blok wat het hiervan geword
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by BLOK »

remington wrote: Oom Gerard se pakkie toetskoe?ls in .204 is oppad na my toe...


blok wat het hiervan geword
Wonder self, Geno het jy hulle al gekry. Laaste wat ek oom Gerard gebel het was sy masjiene nog kaput.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Geno »

Nou toe. Lyk my met LOT 698 S335 is die poefies op 'n einde. LOT696 was bitter stadig.
My spoedlesings en QL klop sommer nou mooi sonder om aan die Burning Rate factor te verander.
Ek kry tans 3871fps met 28.2gr en TPL van 58.75mm. Ek is ook 37fps onder 'n node, so ons kan dalk sommer gougou lekker akkuraat skiet.

Wat GSC koe?ls aanbetref, ek het verlede week met Oom Gerard gesels. Sy een masjien se ratkas het opgepak, en sal hy sodra die masjien weer reg is, die koe?ls aanstuur.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by tripodmvr »

Ek wil half dink ons moet aandring op toetsresultate wat hulle gekry het met hul toetslope. Dit is tog sekerlik nie so moeilik om dit op hul webtuiste te plaas en dan kan jy darem vooraf 'n idee van werkverrigting kry - ons lewe darem in die elektroniese eeu. Nou kan jy 'n Lot koop wat jou geweer beter gaan pas. Wie ken wie om so iets voor te stel?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by Reggie Gerber »

Great idea Tripod

Ek dink net dat daar sekere lotte net vermy gaan word

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: OBT versoek: .204 Ruger

Post by BLOK »

Geno wrote: so ons kan dalk sommer gougou lekker akkuraat skiet.

Wat GSC koe?ls aanbetref, ek het verlede week met Oom Gerard gesels. Sy een masjien se ratkas het opgepak, en sal hy sodra die masjien weer reg is, die koe?ls aanstuur.
1 - Help nie die koel skiet akuraat maar die drywer moet nog oefen nie.

2 - Daai selfde storie het oom Gerhard vir my al 6maande terug ook vertel toe het hy al die parte gekry moes hulle net insit oor n dag of twee.

Het gister n klompie 321 gelaai sal vanmiddag of more gaan kyk waar beginne ek druk kry. Vermoed ek gaan beter resultate met 321 kry. Sien ook die nuwe blikke wat ek nou gekry het van 335 se spoed is so +- 100fps beter as die vorages. Nie dat n node en spoed saak maak in n 204 nie hy skiet raak met alles behalwe Impalas, het ek al gesien amper soos n 308. Moet nog net n paar boomstompe en olifant tanne as koels gebruik om dit te bevestag. Kry net nie n sponser om so olifant te kan skiet met die 204 dat ek kan tanne kry nie. hahaha

Speed Kills.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply