Page 1 of 1
honde en hardlywigheid
Posted: Tue Sep 04, 2012 7:49 pm
by Christo
Help.
My vrou se labbie is hardlywig en ek het die skuld met al die lekker bene van ons jagtery. Wat sal help. Vir die hond bedoel ek natuurlik.
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Tue Sep 04, 2012 7:59 pm
by vlakvark1
Is die hond hardlywig of verstop van die bene. As hy bene ingekry het en verstop is daarvan moet jy hom maar gou by veearts kry
Buurman se hond hier naby my was verstop met bene en het gevrek
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Tue Sep 04, 2012 8:11 pm
by grumpy
Bietjie liquid parafirn.
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Tue Sep 04, 2012 8:19 pm
by Spanner
Sommer gewone skoon sonneblomolie het vir my brak gewerk, met groterige inspuiting direk in die bek gespuit terwyl hy sluk. Ek het 5ml elke 4 ure gegee en daai prop is geskiedenis.
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Wed Sep 05, 2012 12:04 pm
by Vlakvark
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Wed Sep 05, 2012 3:36 pm
by FHM
So Christo, is die 'prop' toe weg / uit / nogsteeds?
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Wed Sep 05, 2012 8:37 pm
by Christo
FHM wrote:
So Christo, is die 'prop' toe weg / uit / nogsteeds?
Ma het haar veearts toe en oornag nou daar, as alles wat hulle ingegee het nie vanag help nie opereer hulle.
@ R2000+ gewoonlik koop ek maliker 'n nuwe hond, maar sy sal my met 'n pan oor die kop neuk.
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Thu Sep 06, 2012 1:57 pm
by Hugo
Half liter kookmolie. My hond het aan dadel pitte verstopping gely! Konnie loop nie, half liter olie met n insouiting, volgende oggend so paar strepe op die gras, maar hy was 100 na dit!
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Thu Sep 06, 2012 2:02 pm
by FHM
Ek weetie manne - kan wees dat die hond groot stukke bene ook gesluk het en die olie sal nie daar help nie.
Christo,
het die x-strale niks gewys nie? Eish maat ja dis n taai bedrag om flaffie se exhaust oop te kry, maar soos jy se - DIS MA SE FLAF en geld is dan irrelevant....soos met alle ander dinge wat ons skoner geslag hulle harte en ons kredietkaarte op sit....
Sterkte maat!
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Thu Sep 06, 2012 8:18 pm
by Christo
Nog in "hospitaal". Die xtrale het kolletjie gewys. Nous daar niks. Sal seker more hoo
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Wed Sep 12, 2012 2:51 pm
by FHM
Christo wat was die verdict toe - die brakkie nou weer n 'freefloat'?
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:53 pm
by Christo
FHM wrote:
Christo wat was die verdict toe - die brakkie nou weer n 'freefloat'?
Francios, ek sal 'n bietjie langer moet wag om daai hond te kan vervang. Veearts like my vrou meer as vir my.
Die vet bitch is dood dollies, en ma is baie bly.
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Thu Sep 13, 2012 8:57 am
by FHM
Re: honde en hardlywigheid
Posted: Fri Sep 21, 2012 1:48 am
by Fanie
Christo wrote:
Help.
My vrou se labbie is hardlywig en ek het die skuld met al die lekker bene van ons jagtery. Wat sal help. Vir die hond bedoel ek natuurlik.
Weerhouding
Dit of sny die bene kort genoeg dat hy nie kan dwars draai en die uitvoer blok nie. Ek dag julle boere wat met water tenks en damme en sulke goeters werk weet sulke dinge...
