Spotlight / Jag Lig?
-
Nyati
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Tue Aug 23, 2011 8:14 pm
Spotlight / Jag Lig?
Watter lig werk die beste as 'n jaglig? (Het Lightforce maar erg op battery.) Waar kry mens LED ligte en teen watter prys? Krag verbruik? Het in KTP LED ligte gesien teen R6500 'n lig. Bietjie baie aangesien die goed maar beskadig as 'n jakkals skielik uitdop.
Hoe vergelyk HID met LED?
As iemend meer lig op die onderwerk kan werp sal dit gaaf wees.
Groete

- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Spotlight / Jag Lig?
More Nyati
Jong die meeste van ons gebruik maar Lightforce, sit 'n ekstra draad in van voor af om jou battery agter te laai terwyl jy ry, dit sal my raad wees. Beter ligte gaan jy nie sommer kry vir dieselfde prys nie.
Groete Iza H

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Spotlight / Jag Lig?
Lightforce met n deep cycle batery agter op die bakkie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- johann
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm
Re: Spotlight / Jag Lig?
Lightforce is maar die beste, kry vir jou ekstra battery en koppel dit met voorste een. Sodoende werk die lig op 2 batterye en as jy ry laai die 2de battery ook.
Groete Johann
Groete Johann
25-06 Remington
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Spotlight / Jag Lig?
Nyati
Die 35W HID ligte skyn n wit kol binne n lightforce, en is baie ligter op jou battery.........maar het ook n paar nadele.....hy kanni deur n dimmer werk nie, en die oomblik wat hy nie die volle 12.5 volt krag kry nie, dood hy.
So afhangend wat jou applikasie is, is daar helderder ligte oppi mark, ook teen goedkoper pryse, Lightforce self het ook nou so n HID lig in n 240mm reflector uit, maar hy kos R4800 hier by ons......ek gebruik twee no name brand HID ligte al twee seisoene vir nagoes doeleindes, en is steeds tevrede met hulle.....kom agter dat as die maan donker is, is hulle bietjie sterk vir Springbok skiet, die bokke is baie onrustig die oomblik as die ligte vol op hulle is....
My 2c.......
Mooi loop
Francois

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Spotlight / Jag Lig?
FM
Naand se, bietjie jou vraag vra? Wat kan mens maak met daai no name brand HID ligte wat so aan en af vrek? Ek het verlede naweek gaan jag en die lig vrek kort-kort, sal dit net die battery wees of ............. ? Wat kan mens doen om daardie 12.5V konstant te hou. Ek sit more nuwe battery in bakkie, een het na 7 mnde gees gegee.
Die lig prop in koord wat direk op bakkie se battery gekoppel is. Is by Alwyn gekoop, glo dan sal dit seker dieselfde ligte wees.
Dankie en beste
Johan
Naand se, bietjie jou vraag vra? Wat kan mens maak met daai no name brand HID ligte wat so aan en af vrek? Ek het verlede naweek gaan jag en die lig vrek kort-kort, sal dit net die battery wees of ............. ? Wat kan mens doen om daardie 12.5V konstant te hou. Ek sit more nuwe battery in bakkie, een het na 7 mnde gees gegee.
Die lig prop in koord wat direk op bakkie se battery gekoppel is. Is by Alwyn gekoop, glo dan sal dit seker dieselfde ligte wees.
Dankie en beste
Johan
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Spotlight / Jag Lig?
Johan
Ek het nog net gehoor van daai wat die gees gee, gelukkig nog nie self een gehad nie......as hy so aan en af gaan, kry hy nie sterk genoeg stroom waar hy inplug nie, maak jou drade van voor af dukker, myne vrek net as ek die bakkie start, daarna werk hy 100%....hoop jy kry hom uitgesort....myne werk ook op 3punt huis proppe, dink die lighter plugs se stroom kom nie altyd so lekker deur nie.....

smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Spotlight / Jag Lig?
Dags? manne,
Vir LED ligte bel Chris by Jetbeam 0826039277
Groete
Johan Smit
Vir LED ligte bel Chris by Jetbeam 0826039277
Groete
Johan Smit
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Spotlight / Jag Lig?
Dankie Francois
Ek het juis die "lead" van die battery af redelik dik gekoop op A se aanbeveling en dan prop die lig ook maar soos huis 3punt in. Sal maar die konneksies alles nagaan en kyk vir "lekkasies".
Ek het bederf geraak met die lig man, wil nie sonder hom gaan jag nie, man kan so ver sien saam met die z6
Ek het juis die "lead" van die battery af redelik dik gekoop op A se aanbeveling en dan prop die lig ook maar soos huis 3punt in. Sal maar die konneksies alles nagaan en kyk vir "lekkasies".
Ek het bederf geraak met die lig man, wil nie sonder hom gaan jag nie, man kan so ver sien saam met die z6
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Spotlight / Jag Lig?
Dags? manne,Kalahari wrote: Ek het bederf geraak met die lig man, wil nie sonder hom gaan jag nie
Dis nou 'n uitstekende lig as jy so s?. Vertel my meer asb.
Waar kan ek dit kry, wat prys hulle, en is dit lig genoeg om op die teleskoop te monteer, of moet mens dit op die stoel doen?
Nie dimmer nie? Is jakkie dan nie skaam om in te kom nie?
Ek het Lightforce, maar die grote, te groot, wil graag gaan na kleiner.
Groete
Johan Smit
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Spotlight / Jag Lig?
Johan
Die lig se speks ken ek nie uit my kop nie. Is wel HID lig, sover ek weet kan dit nie monteer op teleskoop nie, dit is definitief nie werkbaar met dimmer nie, werk met 'n "balast".
Die prys is in die omgewing van +- N$2000, kan dalk goedkoper wees ook. Kontak vir FM Francois Marais op die forum, ek weet hy het ook stadium van die ligte verkoop, in die Unie weet ek nie wie dit sal verkoop nie.
Ek gebruik die lig slegs as ek ry en soek, as ek iets sou optel, word die lig afgesit en verder met die LF en die dimmer gewerk. Die lig is soos hy se: HID, gooi 'n lekker wit lig wat laat lyk of die son opkom, om iets te id met die lig is baie makliker as met die "rooier" of geeler ligte op langer afstande.
Vir jakkals skiet met die roep en skiet metode sal ek dit nie aanbeveel nie, weens gebrek aan dimmer en baie helder lig. Maar die lig het plek op my bakkie.
Hoop ek kon jou vraag beantwoord. FM gebruik die lig op 'n baie meer gereelde basis as ek moet die nagoes van wild, maar vir my baie lekker lig
Beste
Kalahari

Danklie, dit help
Groete
Johan Smit
Groete
Johan Smit