Page 1 of 1

6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Tue May 18, 2010 3:25 pm
by Taylor
Se my asb , wat is die noemenswaardige verskille tussen die 6mm rem en die 243 win mag, en is die verskille in die 2 kalibers regtig so groot?

Help asb.

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Tue May 18, 2010 3:38 pm
by JACQUES BOTHA
Taylor
Vra n Pro... die grootste HEEL GROOTSTE verskil is ,.... watter een wil jy he.......
Die een wat jy wil he sal altyd die beter keuse wees...
En ek oordryf nie.. Die heel beste oortuigings le in jouself. Niemand kan jouself beter oortuig as jy self nie.
Vb. Die 6mm het beter dopkapaiteit.... en met regte twist kan jy hom beter aanwend op n wye spektrum van wild.....ok dis die doel vir my...
teen argument... met n 243 en regte twist kan jy n ligte 75vmax of 87 of 88 skiet teen  3800 , hy skiet so plat jy hoef nie tussen hier en 300 aan te pas nie....
So die verskille is eintlik watter een kies jy...watter een sal jou keuse wees en ek waarborg jou jy sal 15503 redes vind hoekom hy beter is... hetsy 243 of 6mm rem..
So die verskille le net in hoe jy na die twee gaan kyk... Sorry Ek weet nie of ek help of gatkrap nie... ek probeer ma net verduidelik...

Groete
Jacques

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Tue May 18, 2010 3:42 pm
by Cois
Taylor

Ek weet nie te veel nie maar hierdie is net my ondervinding. Wat wil jy met jou roer maak is die groot vraag???

Ek het lank met n 243 geskiet en dis n gawe roer. Ek het uit my 243 uit n 70gr punt teen 3500f/s geskiet.Skiet nou met n 6mm AI wat n 75gr V max teen 3900f/s gooi. Uitstekend akuraat en n baie plat trajek. As ek weer n roer moet bou is dit verseker weer n 6mm!!!!

Maar laat die slim manne jou beter help met die ene.

Cois

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Tue May 18, 2010 4:08 pm
by Francois Marais
Taylor
6mm Remington
The 6mm Remington was introduced by Remington Arms Company in 1955 as the .244 Remington. It is based on necking down the .257 Roberts. Originally intended as a Varmint and predator cartridge, the .244 was never factory loaded with bullets over 90 grains. Rifles marked .244 Remington have a 1 in 12-inch (300 mm) twist that may not stabilize the heavier 100 and 105 grain bullets. Originally Remington offered factory ammunition with 75 grain bullets for varmints and 90 grain for deer. In 1963 Remington renamed the cartridge, calling it the 6mm Remington. Rifles marked 6mm Remington have a 1 in 9-inch (230 mm) twist and can stabilize all commercially available 6 mm bullets.[1]

The 6mm Remington has a slight ballistic advantage over the much more popular .243 Winchester due to a slightly larger case capacity. The longer case neck of the 6mm Remington is considered desirable by handloaders. Noted Alabama deer hunter and marksman Creath Davis is a proponent of this caliber.

Its renaming from ".244 Remington" to "6mm Remington" is interesting. It was discovered soon after its release as .244 Remington that in the Remington Model 721 rifles the rate of twist used in the barrels would not stabilize heavier bullets weighing more than 90 grains. This led to a poor reputation for the cartridge as being "inaccurate." Remington soon increased the rate of twist in its Model 721 rifles, but the marketability damage was already done as far as the cartridge was concerned. Therefore the name was changed to 6 mm Remington. The .244 Remington and the 6 mm Remington are identical - only the name changed.
243 Winchester
This cartridge was first introduced in 1955 for Winchester's Model 70 bolt-action and Model 88 lever-action sporting rifles and quickly gained popularity among sportsmen worldwide.[1]  Just about every major manufacturer offers rifles chambered in .243.

Since the enactment of the 1963 Deer Act in the United Kingdom, which stipulated a minimum bullet diameter of .240 in., together with minimum levels of muzzle velocity and bullet energy, the .243 is now perceived as the entry-level caliber for legal deer-stalking. Consequently, it is now the most widely used deer round in the United Kingdom.[citation needed] Firearms that would normally be chambered in .308 Winchester/7.62x51mm NATO are sometimes available in .243 in. countries ? such as France and Spain ? whose regulations restrict or forbid private ownership of so-called military calibers.

In a non-sporting context, bolt-action rifles chambered for the .243 were utilized by the Los Angeles Police Department's Special Weapons And Tactics (SWAT) unit during its early years.[citation needed]

P. O. Ackley created an improved version of this cartridge called the .243 Winchester Improved (Ackley).[2] Like other improved cartridges, this created a steeper shoulder and blew the sides out, plus slightly lengthens the case, giving about 10% more powder capacity, and some small improvement in velocity. Both versions of the .243 cartridge are good for hunting deer.
Lees hier nog oor die 6mm Rem
http://www.gunnersden.com/index.htm.6mm-remington.html

Hierdie artikel behandel 6mm patrone in die algemeen
http://www.chuckhawks.com/friendly_6mm.htm

en dan kan jy oor die 243 Win hier lees
http://www.sahunters.co.za/national/articles.php?article_id=90
http://www.gunnersden.com/index.htm.243winchester.html
http://www.chuckhawks.com/243Win.htm

Glo dit gaan jou n tydjie besig hou.

Mooi loop
Francois

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Tue May 18, 2010 7:01 pm
by KSV
Ek wil net byvoeg, kyk dan na beskikbaarheid van komponente. Ek het die 6mm oorweeg maar die projek laat vaar sagevolg van bogenoemde rede.

Kalahari groete
Hein

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Tue May 18, 2010 7:38 pm
by Francois Marais
Hein

BAIE goeie punt............

Mooi loop
Francois

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 9:48 am
by Taylor
Dankie aan almal

Francois  dankie vir al daai sites, ek sal my tyd gebruik en rustig da deur gaan.

Jacques , dankie vir jou insette ook, jy het bevestig wat ek gedink en vermoed het.

Cois, ja ek myself is n 243 man, ek het my ou briunlat in 1997 gekoop, en ek al het duisende rondtes gegooi
met hom, en het nog nie moeilikheid gekry nie. ek laai 100gr Sirra en 40gr 365, en dit werk super.

My groot motiveering vir die vraag is die feit dat n goeie vriend van my nou wag vir sy lisensie van sy 6mm, en ek het so bietjie gaan oplees da oor. Vir my klink dit na n puik roer, maar tog baie die selfde as die 243.

Nou ja, weereens dankie aan almal , en bespreek asb nog van die verskille as julle op interisandhede afkom, of van iets weet, laat my asb weet.

Ek sal maar altyd n 243 man bly, ek glo so.

Taylor

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 9:55 am
by Francois Marais
Taylor
Ek sal maar altyd n 243 man bly, ek glo so.
Baie wyse besluit........ ;)

Mooi loop
Francois

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 10:22 am
by Danie Lombard .243
243 al die pad die wenner, JUIS oor die beskikbaarheid van herlaai komponente.

Het verskeie maters wat sukkel met hul 6mm Rem/.224 Rem. Hul is blykbaar herlaai sensitief. Hoop nie ek praat nou verder as ek kan bel nie.

Daar sy. 243 243 243.

Danie

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 11:08 am
by Francois Marais
Danie
.224 Rem.
  Nuwe caliber ??? ???

Koggel net, weet dis n typo, 244 Rem.

Mooi loop
Francois

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 11:17 am
by Doepie01
Ek is nou nie n vreeslike geweer kenner nie. Al wat vir my tel is dat hy moet skiet waar ek mik en ek wil ook nie die prooi uitmekaar skiet nie. Ek skiet nou al vir baie jare met n 6mm Musgrave wat omgebou is van my ou P14 met mauser slot aksie. Ek laai 100gr Hornaby of Sierra met 37 gr 365 kruit. Ek het al oorweeg om n ligter punt te gebruik. 75gr of 80gr??? Wind is maar erg hier in my geweste so ek weet nie. Enige voorstelle of raad asb. Moet my net nie uitdinges oor die "Musgrave" maak nie. Ek weet daar is manne wat niks dink van die Oubaas se ombouiings nie.

Mooi bly
Doepie

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 11:40 am
by Francois Marais
Doepie
6mm Musgrave
Niks fout met die kaliber nie, so amper-amper n 243 Win.
P14 met mauser slot aksie.
Van hierdie een weet ek nie so mooi nie, n P14 is n P14, kom uit Britsland, Mauser kom uit Duitsland, maar mmak nie saak nie, die P14 is die beter aksie om n 6mm Musgrave op te bou, BAIE sterker as die "gewone" MK III en MK IV 303's. Hoop hulle (Oom Ben) het jou aksie verander na "cock on opening" of stoot hy steeds swaar die laaste entjie voor die slot toemaak??  Met daardie veranderinkie gedoen, bietjie sneller werk en n ordentlike (Musgrave?) loop, staan hy niks terug vir n 243. Die manne wat op die MK III en IV aksies gebou het, het partykeer gesukkel met akuraatheid, ma dit was meer te danke aan die tweestuk kolf, en die bietjie wankelrige aksies, dan aan die kaliber, en sou Oom Ben hulle dalk beter platforms (aksies) gebruik het om hul kaliber op te basser sou die 6mm Musgrave dalk vandag BAIE meer gewild gewees het as wat dit nou is.

Jy kan gerus die 87gr V-max'e van Hirnady n try gee, ek dink jy gaan heel verbaas wees, ek was, glo my vry, jy gaan dink jy skiet met n ander GUN.

My 2c................

Mooi loop
Francois

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 12:29 pm
by Doepie01
Hi Francois

Wat die mauser slotaksie betref, ek weet nie of die ou mense dit maar net so genoem het omdat dit dalk gebasseer was op n mauser nie. Die agterkant van die slot is rond terwyl die MKiii/iv se slot mos plat is aan die kante dat jy hom met jou vingers kan terugtrek. Hoop dit maak sin.

Ek gaan verseker die ander punte probeer. Watter lading kruit stel jy voor om mee te begin? Laastens, wat is die wind se effek op die ligter punt. Kan maar net noem dat my geweer n knaldemper ook op het. Dankie vir al jou raad.Ek is baie dankbaar julle slim manne hier op die forum vra nie geld vir al die raad nie. Julle sou stinkryk gewees het en ek en ander manne brand arm maar tevrede.Cheers

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 1:12 pm
by Ponkie
Oom Doepie

My pa het self die 303 wat hy as kind by sy Oupa gekry het laat ombou na 'n 30-06. Dit is ook die p14 aksie en ek glo daar is min wat by hierdie aksie kan bybly! HY IS TOPS! Enige kaliber met hierdie aksie behoort seepglad te werk. Ek begeer daardie roer met my hele hart en sal so graag ook erens 'n p14 aksie in die hande wil kry, maar lykmy die goed is skaarser as hoendertande... My broer skiet ook nou met 'n 6mm wat omgebou is van 'n ou asbek 303 en ek moet bieg, hy gooi partykeer beter groeperings as ek, so dink nie die aksie het so groot effek op die groepering nie Oom francois? Of dalk is my broer maar net die uitsondering op die reel...?  ???

Klou vas aan daai aksie, dit is die beste!

Groete
Ponkie

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 2:00 pm
by Danie Lombard .243
;D ;D yip ou Francois, 'n TYPO. 'n 244 Rem.

Jy is vandag veels te skerp. Wat drink jy da in Nambabwe? Stuur vir my ook van daai skerp wees doepa, ek het van dit nodig hier in die Vrystaat.


BYE-BYE.

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 2:01 pm
by KSV
Danie,

Dis daai groen medesyne?

Hein

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 10:47 pm
by Doepie01
Hallo Ponkie

Om mee te begin. Asseblief, ek is nie n OOM nie. Ek weet ook nie wat om die manne te noem nie maar al is jy 20 jaar jonger as ek(wat ek betwyfel) gooi maar my naam. My 2 dogtertjies is 14 maande en 3 jaar oud. Ek is bly ek hoor darem van nog iemand wat glo in die 6mm Musgrave. Ek wag nog vir Francois se antwoord aangaande die ladings op die 75gr punte maar dalk kan jy vir my uitvind wat jou broer gebruik asb. Aangesien ek ook self herlaai hou ek daarvan om bietjie te eksperimenteer. Agv die wind hier in ons wereld was ek nog altyd bang vir die ligter punte maar dalk word ek verras.

Cheers
Doepie

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Wed May 19, 2010 11:52 pm
by Ponkie
Doepie

Jammer, ek wou maar net veilig speel. Ek sal die vakansie as ek huistoe gaan bietjie uitvind by my broer watter lading hy tans gebruik, want hy is ook maar nog besig om te eksprimenteer. Hy skiet maar nog nie lank met die 6mm nie, Die 7x57 Bruno was eers sy roer, maar nou dat my jongste boetie ook nie meer belangstel in die .22 en ook 'n roer wil he, moes hy die 7x57 afstaan, want dit is die ligste geweertjie in die kluis en die enigste een waaragter kleinboet sy skouer kan inkry..! Haha!  ;D Ons al drie broers het letterlik met daardie geweer leer skiet.

Terug by die punt, ek sal met hom praat of dalk sommer net aanse om op hierdie onderwerp 'n inset te maak, hy is bekend as TINY op die forum, jy sal een of ander tyd sy naam erens sien opduik. Jy kan hom dalk 'n PM stuur en uitvra oor die ladings wat hy gebruik.

Rakende die 243 het ek net 'n inset... Jy noem dat jy bang is vir die wind? Wel as ons papierskiet doen op die skietbaan is ek met my 308 een van die manne wat die hardste pakslae kry op die gongbane, vir die simpel rede, my punt is swaarder en stadiger en die wind het meer effek op my punt as die 80gr 243 wat teen 3000ft en meer loop.Ek dink indien jy daardie 70gr warm genoeg maak behoort jy minder skade met die wind te ervaar!

Sterkte, en ek hoop jy het al ietsie op die draad? Ek brand om op die plaas te kom en lood te gooi!

Groete
Ponkie

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Thu May 20, 2010 1:04 am
by Francois Marais
Doepie

Ek weet wat jy bedoel met die Mauser slot, wou maar net uitwys dat dit wel NIE n Mauser slot is nie.

Somchem beveel aan 85gr punt, S365 35.8-39.8gr op n 75 gr punt sou ek reken jy behoort veilig te wees met so 0.8-1.0 gr meer, MAAR, begin laag en werk op, jy ken mos die storie. Ek sou eerder die 87gr probeer het in die wind voor ek 75gr toe gegaan het, beter BC en gevolglik beter wind backing.

Altyd bereid om die bietjie wat ek weet te deel, no problem.

Ponkie

Het vi jou n P14 aksie, laat weet as jy belangstel, dan vind ek gou uit wat hy kos, het hom vandag gesien, lyk nog heel goed.
Jou boetie is nie so heeltemal n uitsondering nie, as n man met die roere roei weet jy mos wat gedoen moet word om hom mooi te laat skiet, pak, ordentlike kolf agter, waar jou wang kan druk, en die soort goete, my pa het twee 303 MK IV laat ombou by oom Ben Musgrave, altwee na 6mm Musgraves toe. Maar houte laat verander en toe hulle land is altwee sorgvuldig gepak, met drukpunte voor en elke ding, en altwee het heel goed geskiet. Twee van my boeties het hulle gekry, en het nog lank met hulle geskiet NA my pa n paar jaar met hulle ge-oes het.

Danie

Hein het kla die resep hier kom afkyk, Joe's Beerhouse se housewine, net soos hy hom daar noem.

Mooi loop
Francois

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Thu May 20, 2010 11:32 am
by Ponkie
Oom Francois

Ek sal bly wees om daardie aksie te kry! Sal met Pa praat en hoor hoeveel damara lammers daar is om te verkoop, dan kan ek darem sien of ek die oukie kan bekostig...! Stuur my asb 'n PM met die prys en daardie dinge oom.

Dankie vir die moeite.
Ponkie

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Thu May 20, 2010 3:16 pm
by Taylor
Dag se al die slim manne

Ek hoor daai 6mm wa oor ek aan die begin gevra het, is n "ugly" en dit smaak my die wat weet se dis wa hy die verskil maak, en die 243 win mag heeltemal los. ?????

Wat se julle da van??

Ek sal ma nog steeds my ou vertroueling vasvat, en lood gooi, 243 sal altyd BO BLY.


Jammer vir die 6mm manne, ma daai 243bly koning.

Taylor 

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Thu May 20, 2010 9:49 pm
by Doepie01
Hallo julle

Ponkie, baie dankie, sal kyk of ek jou broer kan raakloop. Hoop jy kry jou P14 by Francois en dat jy lekker gaan skiet. Ek het nog niks aan die draad nie. nog te veel brommers hier by ons.

Francois, baie dankie vir die inligting. Ek gaan definitief vir my van daai 87gr punte kry. As ek so kyk na jou voorgestelde ladings lyk dit vir my of ek maar kan hou op my huidige 37gr.So mooi in die middel.

Cheers
Doepie

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Thu May 20, 2010 11:04 pm
by Francois Marais
Doepie

As ek mag voorspelling waag, kan jy dalk so met .3-.5 gr meer die beste af wees, ma probeer hom ma self.

Taylor
243 win mag
Wa het jy hom gekoop, ek wil ook een he ;) ;) ;D ;D Hy gaan n UGLY ore aansit.

Ponkie

Gaan gou vi jou more uitvind, en n PM stuur.

Mooi loop
Francois

Re: 6mm rem ........ 243win mag. wat is die verskil.

Posted: Fri May 21, 2010 12:39 pm
by Danie Lombard .243
JA JA JA! Ek wil ook soos FM .243 Win Mag he.  :D ;)

Dink dit is tyd dat die Winchester fabriek vir ons manne so 'n lekker mega vinnige 6mm bou.