Page 1 of 1

Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Aug 29, 2012 7:19 pm
by LN (Louis)
Naands?,

Ek weet 'n tydjie gelede is die onderwerp bespreek hoe jy 'n karkas bewaar sonder 'n koelkamer in warm temperature. Het gesoek op die forum maar kon niks kry nie so ek vermoed dit was in een of ander tydskrif.

Die ding is dat ek m?remiddag ry vir 'n rooie en 2 bloues maar die plaas se koelkamer het die gees gegee. Daar kom 2 ouens Vrydag deur vir die dag wat die eerste vleis kan terugbring Pretoria toe. Dit is egter nie my grootste probleem nie... Hoe maak ek met die diere wat ek Saterdag skiet?

Ek het klaar 'n klompie 2lt bottels vol water gemaak en gevries. Dit kom Vrydag deur. Los ek die velle aan of maak ek die karkasse uitmekaar, boude en blaaie? Ek het 'n meter of wat skadunet en hessain wat ek om die karkas kan draai en klam hou in die koelte. Is dit genoeg?

Wat kan julle nog aanbeveel kan ek doen om die vleis te bewaar?

Groete,
Louis

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Aug 29, 2012 7:24 pm
by douw
goeie naand

ek onthou ook die artikel of bespreking. soos ek onthou is die beste om die vel aan te hou, in plek van die binnegoed pak dan vol met gevriesde bottels.

ek hoor graag saam met jou vir nog tips.

groetnis
douw

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Aug 29, 2012 8:17 pm
by Carl
LN waar jag jy? Alldays is nou al lelik warm in die dag. Daar gaan jy beslis probleme kry.
Ek sou vel aanlos en dan die gevriesde bottels binne pak. Maak mooi toe vir die vliee, hier is al groot brommers in Rustenburg. Die groot ding is om die kern temp van binne in die vleis koud te kry en hou. Wat van leen erens 'n groot frieskas en laai dit op die bakkie, dan kan jy weer snitte vries en so terug ry.

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Aug 29, 2012 8:26 pm
by G-force
Kyk maar of jy een van daai koel kamers op n trailer kan huur.

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Aug 29, 2012 8:48 pm
by LN (Louis)
Die plaas is so 30km buite Vaalwater oppad Ellisras toe. Saterdag laasweek het hulle 38 grade op die plaas gemeet.

Gaan maar die vel aanlos, yspakke in die buikholte pak en dit oopsper om die temp van die karkas so vinnig moontlik laag te kry. Skadunet, hessain, asyn op die ontblote snye, en water behoort die karkas vir 'n dag of wat te bewaar.

Dankie Mossie vir die oproep en raad. Ons moet regtig plan maak om volgende jaar duiwe te skiet!!!!

Om 'n koeltrailer op die laat stadium te huur gaan glad nie in my begroting pas nie.

Groete,
Louis

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Aug 29, 2012 8:57 pm
by VdWalt
Hoor by die slaghuis op Vaalwater of jy dalk diebokke by
Hom kan bere, al betaal jy hom R50 of wat. Dis die moeite
werd vir daai hoeveelheid vleis.

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Aug 29, 2012 9:06 pm
by vlakvark1
LN wrote:
Om 'n koeltrailer op die laat stadium te huur gaan glad nie in my begroting pas nie.

Groete,
Louis
Louis
Teen die prys van vleis en al die onkostes wat aangegaan word om te jag en jou hardverdiende geld uit te haal om biltong en vleis te kry moet jy mooi dink om eerder n koelkas of sleepwa te kry. Dit sal nie lekker wees om op die einde die vleis vir die honde te gee nie. Wat sal n koelkas of sleepwa kos
en wat sal dit kos om die vleis te vervang as dit sleg word?
Is daar nie dalk op n buurplaas waar jy gaan jag dalk n koelkamer nie ???
[maar net my opinie] ;) ;)

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Aug 29, 2012 9:11 pm
by Herman Venter
Ek stem saam met vdWalt,
Gaan hoor by'n slaghuis of hulle nie plek het vir die vleis nie, al betaal mens nou die dagfooi! Ek het januarie my vleis n Pretoria by 'n slaghuis gestoor oor n naweek! Het die eienaar geken so weet nie wat sal hulle jou vra nie maar dit is verseker die beste opsie!

Groete
Herman

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Thu Aug 30, 2012 7:21 am
by Frikkiedbr
Hulle s? gooi sout en die water en dan vries jy die bottels.
Die sout maak die water langer gevries bly.

Ja nee en kyk as jy 'n slag huis nader kry.
Mens wil nie vleis verloor nie.

Hoop jy kom reg.

Groete

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Thu Aug 30, 2012 8:47 am
by LN (Louis)
Dankie julle,

Ek sal met die buurtannie gaan praat en hoor of ons haar koelkamer kan gebruik. Dit hangaf of sy jagters het die naweek of nie. Om elke slag in te ry dorp toe is nie regtig prakties nie. Dis 'n uur en 'n half uit en tuis.

Nou wag en net vir die skool om uit te kom dat ek en die laaitie kan ry. Ongelukkig skryf hy na 12 eers toets anders was ek al weg gewees.

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Thu Aug 30, 2012 9:07 am
by vlakvark1
Geniet dit en onthou fotos ;) ;)

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Thu Aug 30, 2012 9:16 am
by pietjacobs
LN, soos van die manne al gese het, om die brommers weg te hou is net so belangrik. Hang die karkasse maar in die stukkende koelkamer as jy nie regkom by die buurtannie nie en stop hulle vol gevriesde 2L Bottels.

Ek ry gewoonlik maar met 'n vrieskas saam as ek op plaas gaan jag waar daar nie koelgeriewe is nie.

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Thu Aug 30, 2012 9:21 am
by Eugene
Sal ook maar voorstel dat jy 'n vrieskas saamry!

'n Tweedehandse kistipe vrieskas gaan jou omtrent R500 kos by 'n pandjieswinkel en as jy die vel aanlos en die deksel bietjie oop los, behoort jou vleis nie te vries nie!

Dan is jy ook sommer reg vir die toekoms!

Geniet dit en onthou die foto's en storie!

Groete

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Thu Aug 30, 2012 9:56 am
by DWB
As jy rolle muttoncloth koop kan jy dit oor die karkaste trek om die vliee uit te hou.

Of andersens lakens.

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Thu Aug 30, 2012 10:37 am
by FHM
Louis / Douw

ek dink die is dalk die onderwerp wat na verwys word - waar soortgelyke karkas - storingsmetodes bespreek was

http://jaracal.com/index.php/topic,1247 ... #msg161435

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Thu Aug 30, 2012 1:22 pm
by Spanner
Ek het al self die ontnugtering gehad om, eers nadat ek my rooibok geskiet het, te hoor dat die koelkamer ?so pas? die gees gegee het en dat daar ?n ander plan gemaak sal moet word !  Ons was 75 km vanaf die naaste dorp, op ?n plaas met ?n nuwe eienaar wat nog nie eers die bure geken het nie.  Ons kon dus nie die bure vra om koelkamer spasie te huur nie.  Dis was begin van die jagseisoen en steeds vr?k warm in die dag, met groot groen brommers wat nog baie pla om die karkas.  Hoe hou jy jou vleis beskerm ?

Ek het die plaasvrou gaan sien en haar sitkamer se ou kantgordyne by haar gekoop vir R50.  Ek het dit in die bad mooi uitgewas en uitgespoel, en mooi om die karkas gesit ? en die brommers was geflous !  Gelukkig het die vleis ook nie gevrot van die hitte nie? 

Re: Wat doen mens met 'n karkas sonder koelkamer?

Posted: Wed Sep 05, 2012 2:24 pm
by LN (Louis)
Middag julle,

Net gou bietjie terugvoer. Bottels water gevries met 100ml sout werk soos 'n droom. Hou ongeveer 72uur voor dit ontdooi is. Moet net nie die fout maak om dit te drink nie. Dis DDDD sleg.

Kaasdoek wat natgemaak is werk ook om die vleis koel te kry en te hou. Ons het die karkasse uitmekaar gehaal (boude en blaaie) en dan toegedraai. As mens net die doeke elke nou en dan nat maak hou dit die vleis baie goed koel en die vlie? wag van die vleis.

Die naweek is daar 'n koedoe, 3 bloubeeste, 'n vlakkie en 'n rooibok geskiet en nie een se vleis het sleg geword nie. Ek het sopas die laaste vleis verwerk wat ek geskiet het.

Groete,
Louis.

NS. Sal bietjie later die foto's opsit van die naweek se jag. Veral van die koeode (51duim+).