Page 1 of 1

NASP - boogkuns vir jongmense

Posted: Wed Aug 29, 2012 5:19 pm
by tripodmvr
NASP = National Archery in the Schools Program.

Bogenoemde is 'n program wat vanaf Amerika ontleen is en onder SA Jagters se voogdyskap geimplementeer is. Daar is reeds baie belangstelling en deelname deur beide geslagte skoolkinders.

Hierdie is 'n beroep op manne of dames wat die' boogskietpassie deel om te help met die uitbou van die sport. Die behoefte is veral in die Vrystaat om opleiers en afrigters in die groter sentra te kry.

Jan de Man is die persoon wat reeds baie werk in Sasolburg gedoen en 'n aktiewe klomp skuts het. Sy kontakbesonderhede is as volg :-
082 784 2350 of kyk op webtuiste sajwvvaal.co.za. Hy is bevoeg om mense op te lei om die leiding in nuwe gebiede te neem. Julle kan ook met my skakel indien verlang.

Na aanleiding van die beeldmateriaal oor boogskiet by die Olimpiese spele dink ek dit is 'n baie lekker sport vir kinders wat nie noodwendig oor ander talente in atletiek ens. beskik nie. Oog-hand ko-ordinasie is hier die belangrike. Hoop daar is diegene wat 'n rol kan speel. As jy uit 'n ander windstreek is, dan kan Jan gepols word oor die metodes om in jou streek so program op die been te kry.

Re: NASP - boogkuns vir jongmense

Posted: Wed Aug 29, 2012 5:28 pm
by henried
Jan het verlede jaar vir ? oggend die seuns opleiding kom gee by een van LCA s? kampe. Hulle het dit Baie geniet.