Page 1 of 1
Hoe vinnig s? QL kan (moet) ek die gegroefde koele in my geweertjie skiet?
Posted: Wed Aug 29, 2012 7:11 am
by VdWalt
Goeie More
EK het gejok toe ek gese het die vorige een is die laaste een ....
6.5x55 CZ550
H2O : 58.75gr - Lapua XDoppe
S365 - LOT 67
Large Rifle Primer (CCI200)
24 Duim Loop
Barnes TSX 130gr FB
TPL vir begin Lading 78mm
As iemand dalk kansie het om vir my te kyk.
Baie dankie en Groete
Van der Walt
Re: Hoe vinnig s? QL kan (moet) ek die gegroefde koele in my geweertjie skiet?
Posted: Wed Aug 29, 2012 8:35 am
by tripodmvr
Ek kry 2 nodes wat mooi behoort te werk.
1.) Spoed 2776 - riglyn lading van 44gr
2.) Spoed 2890 - riglyn lading van 46gr
Alhoewel QL die boonste lading as veilig beskou moet jy baie versigtig wees synde die lading volgens Somchem die maksimum vir 'n 120gr Speer was. Kyk ernstig uit vir druk en gebruik liewers die laer spoed. Op 300m kan jy miskien 1 of 2 dm wen maar dit is nie die moeite werd as jou geweer hard moet werk nie.
Jou werkswyse moet wees om die spoed te dupliseer, so jy moet kyk wat maak jou geweer om dit te verkry. Die lading is 'n riglyn. Begin so 2 gr onder dit wat ek gegee het nl. 42gr en skiet 3 skote sodat ons kan sien wat die Lot 67 kruit in jou geweer doen. Daarna kan ons dit kalibreer en 'n beter berekening doen.
Re: Hoe vinnig s? QL kan (moet) ek die gegroefde koele in my geweertjie skiet?
Posted: Wed Aug 29, 2012 8:49 am
by VdWalt
Baie dankie, die eerste een klink vir my meer as vinnig
genoeg. Ek bewe in elk geval te veel om verder as 200m te
wil jag!!
Ek sal hulle laai en kom rapporteer.
Re: Hoe vinnig s? QL kan (moet) ek die gegroefde koele in my geweertjie skiet?
Posted: Thu Aug 30, 2012 11:02 am
by Wouter Roets
Van Der Walt
Met die spoed van 2890ft/sek is jou druk in die omgewing van 55 000psi. Die maksimum vir jou kaliber is 55 114psi. Ek het al van te vore vir jou gese dat die rede vir hierdie lae maksimum drukvlak vanwee die klomp ou aksies is in rondloop met die kaliber. Jy sit met een van die sterkste aksies in omloop met jou CZ en die doppe wat jy gebruik(.473 basis dukte) se maksimum druk in ander kalibers is 62 000-65 000psi(270 Win, 25-06). Nou wat se dit vir ons? As herlaaier kan jy gemaklik 60 000psi gebruik as jou maksimum in die kaliber met jou spesifieke komponente.
So die boonste node sal verseker die meer gewenste een wees om voor te streef. Doplewe sal baie goed wees met die tipe van druk. Jy koop nou n "Top of the range" produk wat onwerp is om heeldag 200km/h te ry en dan ry hom net teen 120km/h. Dit maak tog nie sin nie! Wend die produk aan waarteen hy onwerp is. Akkuraadheid is ook gewoonlik beter met hoer dopfulling.
Groetnis
Wouter
Re: Hoe vinnig s? QL kan (moet) ek die gegroefde koele in my geweertjie skiet?
Posted: Thu Aug 30, 2012 12:12 pm
by VdWalt

Dis reg , Ek sal gooi!!
Re: Hoe vinnig s? QL kan (moet) ek die gegroefde koele in my geweertjie skiet?
Posted: Sat Sep 08, 2012 6:13 pm
by VdWalt

Reg ek is terug en ek en my geweer is nog heel!!
44gr @ ave 2785fps so 5fps uit op voorspelling (2 duim groepeering)
45gr = 2832fps - 23mm groepeering.
46gr = 2914fps - 24fps meer as voorspel - 36mm.
Daar is geen tekens van druk nie.
Ek sal nou met die TPL begin speel.
Baie Dankie - Ek het nog nie voorheen sulke groepeerings met enige premium
koeel gekry nie. Uit die aard van die saak het my jag seisoen so pas langer geword.
Daar is nie n manier dat ek nie iets met die Barnes gaan skiet voor die
jaar verby is nie.
(Nog nie n vark die jaar gekry nie

)