Page 1 of 1
.300 win mag Impala koeels
Posted: Sun Aug 26, 2012 8:38 am
by ThinusS
Goeie more
Kan iemand my help met die begin lading (S365 of S385) vir 'n 130 grein Impala solid in die .300 win mag, elke keer wanneer ek hulle reloading page betree raak my web browser steeks.
Groete
Thinus
Re: .300 win mag Impala koeels
Posted: Sun Aug 26, 2012 12:14 pm
by tripodmvr
Ek sal 69gr S365 as beginlading voorstel. Laai 3 patrone en skiet hulle oor die chrony. Bring ons dan al jou geweer gegewens soos onder Quicl Load benodig word. (Sien QL Riglyne onder herlaai) en dan kan ons beter kalibreer.
Tans het ek TPL 84,84mm gemaak.
Re: .300 win mag Impala koeels
Posted: Sun Aug 26, 2012 12:28 pm
by Danie Lombard .243
Net so Driepoot
Ek laai my .300 Win Mag ook net so, ek kry baie hoe trompsnelheid uit my geweer, 28"loop. Die Impala koeels maak mooi in die .300 Win Mag
Thinis S
Laai liefs eers minder en laai met verdrag meer en meer nader aan die lading soos Driepoot hom gee.
Re: .300 win mag Impala koeels
Posted: Sun Aug 26, 2012 1:05 pm
by tripodmvr
Die lading soos gegee is so 9% af van die max wat QL voorspel. Spoed is dan alreeds 3180vps vir 'n 24dm loop.
Re: .300 win mag Impala koeels
Posted: Sun Aug 26, 2012 1:55 pm
by ThinusS
Dankie vir die raad Driepoot en Danie, sal dit probeer.
Thinus
Re: .300 win mag Impala koeels
Posted: Sun Aug 26, 2012 2:15 pm
by tripodmvr
Die maks lading vir 'n 150gr koe?l is 71gr S365.
Het impala bullets gegoogle en sien hulle het drukstuk uit QL met 69gr S365 vir 'n spoed van 3238 - 26 duim loop. Druk is baie mak.