Page 1 of 1

Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Fri May 14, 2010 11:41 am
by Brno308 jagter
Hi Manne

Ek soek asb bietjie raad by julle, ek gaan oor so paar naweke 'n koedoe bul skiet in die Noord-Kaap maar ek dink ek gaan redelik ver moet skiet.  ;D

Ek sal graag by my mede eienaars wat in besit is van 'n 308 wil hoor of die 180gr Nosler Partision goeie groeperings gee in 'n 308 en ook watter spoed kan mens kry met die punt.?

Ek dink ek gaan beslis daai bul skiet op 'n afstand van tussen 100 en 200m daarom wil ek weet of die grein punt voldoende sal wees vir die afstand.?

Ek kon nie 165gr kry nie dit was uitverkoop.!  ;)

Manne help my asb met die een.

Groete

Brno

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Fri May 14, 2010 1:43 pm
by JOHANNIC
Brno
150gr sal ook doen tot op 200m

Koedoe darem nie so taai soos gemsies nie ;D

As jy hom mooi skiet sal hy nie ver gaan nie
groete johan

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Fri May 14, 2010 1:48 pm
by Brno308 jagter
Johan

Dankie vir die raad man, ek waardeer dit.

Ek gan kyk of ek dalk 150gr kan kry, in my oe sal dit beter wees want ek hou van bietjie spoed so as ek 'n 150gr teen 2700ft/s kan laai en hy groepeer lekker sal ek baie in my skik wees.!  ;D

Groete

Brno

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Fri May 14, 2010 2:39 pm
by Rooies
Brno
Die koedoes hier by ons staan tussen die withake en doringbome waar gaan jy daai wille span skiet ??

rooies

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Fri May 14, 2010 8:11 pm
by Francois Marais
Brno

Dink n 30-06 met daai 180gr gaan BAIE beter werk ;) ;)

As jy 180gr met n 308 op 200m wil skiet moet jy jou gradeboog inpak. ;D ;D ;D

Ek stir soma net...................

Mooi loop
Francois

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Fri May 14, 2010 8:28 pm
by Ponkie
Oom Francois

Ek geniet dit so as oom erens comment...! ;D Dis darem so duidelik soos daglig dat Oom nie groot fan is van 'n 308 nie... Daar is mos darem seker niks fout daarmee dat smaak verskil nie??? Die 180gr sal wel baie beter werk in 'n 30-06, dis net feite, maar die gradeboog storie is darem nie helemal waar nie. ;) ;)

Brno
Waar gaan jy jag dat jy 100-200m as naby beskou? Dan moet jy bietjie karoo toe kom. of dal al dan nie daar in Namibie in Oom Francois se wereld as jy regtig wil sien wat is ver. Wat die punte betref? 308 en 150gr is KONING. Ek skiet enige iets in my 308 met 150gr PMP punte. Daar is seker 'n beter maak, maar dis wat my sak pas en wat werk vir my. Ek kry 3000 ft per sekonde op 150gr, so jy behoort maklik 2700ft te kry as jy dit wil he... As ek mag vra... Waar beplan jy om die Bul te skiet? (Skootplasing)

Groete
Ponkie

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Mon May 17, 2010 8:56 am
by Brno308 jagter
Ponkie

Ek beplan maar vir 'n bladskoot omdat dit my eerste koedoe bul gaan wees, die plaas waar ons gaan jag is in die Noord - Vrystaat duskant Kimberley en dis nogal bergagtig daar met bietjie bosveld en Savanna gras amper soos Maltahohe se wereld. ;D

Het jy enige raad vir my.? Ek het toe die naweek vir my 165gr Nosler Partisions gekry.? Watse spoed kan ek met daai manne kry.?

Groete

Brno

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Mon May 17, 2010 10:07 am
by Yalair
308
Jy behoort so 2600 te kry, as jy hom redelik warm maak, sal eerder afgaan na so 2500 toe behoort meer akuraat te wees.

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Mon May 17, 2010 11:33 pm
by dries
Ek skiet self met 308 met die 155gr nosler partsions met s335 kruit 44gr dan kry ek so 2750 voet per sec.Het nou al 3 koedoes laat val met hulle.Kry ook baie goeie groeps , hulle doen goeie job net onthou dat hulle baie sagte punt is. 

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Mon May 17, 2010 11:54 pm
by Francois Marais
Dries
.......net onthou dat hulle baie sagte punt is. 
Nou praat jy, seker die swakste (lees SAGSTE) van die sogenaamde "PREMIUM PUNTE"

Mooi loop
Francois

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Tue May 18, 2010 12:20 am
by Ponkie
Brno

Ja bladskoot en 165gr punt behoort die ding te doen. Ek is deesdae baie skrikkerig om 'n groot bul in sy nek te skiet. Ek het 3 jaar terug 'n groot bul op sy nek geskiet so op 180m, die stof het op sy nek uitgeslaan to die skoot klap. Ek het daardie bul eers etlike kilometers verder dood geskiet. Deesdae skiet ek maar die groot menere of in die kop, of agter die blad. Het verlede seisoen die grootste gelukskote van my lewe gehad... Ek het 2 bulle, op verskillende jagtogte beide agter die kop, tussen die horings in die hardloop geskiet. My pa het my die dood voor die oe gesweer indien ek hom in sy gat sou skiet...! ;D ;D

Sterkte met die bul. Hoop dis 'n ervaring wat jy nooit sal vergeet!

Groete
Ponkie

Re: Nosler Partision 180gr in 308Win

Posted: Thu May 20, 2010 9:39 pm
by Monrique (SJ)
Brno

Koedoe is darm lekker om te klop. My Majuba kettie het ook al n paar plat gemaak met 150gr koeels. :P

Lekker jag en vertel bietjie as jy terug kom. Kan nie wag om vanjaar weer n gemsie te stamp nie. ;D ;D ;D

Groetnis