Page 1 of 2

Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 2:16 pm
by Kerneels S.
Ek het nou al 'n bietjie invest in haelgeweer skiet. Het 'n Browning O/U grand Lightning en wil graak 'n Semi Auto aanskaf. Nou wat is die beste om te koop wat ons hier kan kry in SA.

Dan hoe gemaak met 'n lisensie? Kan die gewone jagter 'n lisensie kry vir 'n Semi-Auto?
Gee raad asb.
Groete
Kerneels S.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 2:36 pm
by Vantheman
Sal ook graag wil weet van die fabrikaat...

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 2:47 pm
by BRNO (Pierre)
Ek besit n Luigi Franchi semi outo, en het nog nooit enige probleme met die geweer ondervind nie. Ek het al n paar keer kleiduif geskiet, duiwe, fisante ens en dit het altyd groot pret gewees. Ek skat ek gaan seker nie die olimpiese spele met die geweer wen nie, maar hy is baie pret, en het al baie skote deur hom.

My pa het die geweer erens in die negentigs of so gekoop, aangesien dit toe as n baie goeie "riot gun" beskou was. Dalk is dit nou weer n goeie tyd om hom af te stof.

Ek het toegewyde jagter status, en het baie maklik lisensie vir die geweer gekry. Volgens wet moet n semi outo haelgeweer se magasyn verklein word na slegs drie skote (onder korreksie), maar die polise het die puntjie by my gemis, en hy kan steeds 8 patrone in die magasyn vat, en een in die loop.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 2:58 pm
by Danie Lombard .243
Beretta A300 is die semi auto hael geweer,  hou duisende skote,  die bok oesters wat uit choppers skiet verkies die A300 juis omdat dit so 'n goeie leeftyd het.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 4:05 pm
by G-force
Benelli en dan Benelli.Na dit dalk die Beretta Extrema 2.
Franchi is goed maar is nie in die klas an die Benelli nie.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 4:15 pm
by Beretta
Enige Beretta produk is die beste semi
Beretta

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 4:24 pm
by Danie Lombard .243
Nou praat jy Beretta

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 7:55 pm
by blaser
Benelli is die beste beretta is speelgoed  en werk met gas  waar die benelie met kenetiese krag werk

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Aug 21, 2012 10:45 pm
by immelmanw
G-force wrote: Benelli en dan Benelli.Na dit dalk die Beretta Extrema 2.
Franchi is goed maar is nie in die klas an die Benelli nie.
Korrek, korrek, korrek.
Ek het Canada Geese en Snow Geese in Alberta geskiet. N Nuwe wereld het oopgegaan. As jy wil weet wat is die beste, daai manne wat 1000000de skote skiet en elke jaar in Mexico, Argentinia ens gaan skiet, eerste Benelli en dan die Beretta Xtrema. Die een Benelli is die da Vinci en dan die Black Eagle of so iets.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 6:35 am
by Vantheman
Waar kan mens 'n Beretta Xtrema in die hande kry?  Prys????

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 7:06 am
by blaser
die xtrema en die benelli se prys is hie tussen 20 en23 duisend
suburban guns in die kaap is die beste vegeet van twinbore daar gaan jy baie meer betaal en dar altyd  storie
die algemee benelli is die m2

snaaks maar benelli word deur beretta besit

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 7:27 am
by G-force
Ek het my Benelli M2 gekoop vir so R20K einde laas jaar by Twinbore.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 9:32 am
by Kerneels S.
Manne ek het daai Benelli's bekyk en hulle lyk baie smart. Ek het ook met Suburban guns gepraat en hulle stock kom eers einde September in. Hulle bring glo 'n hele reeks modelle in die keer. Sal moet gaan loer in die Kaap watter een pas die beste.
Groete

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 10:06 am
by MEERKAT
Hallo Kerneels

Indien jy jou aansoek goed motiveer sal daar nie probleme wees nie. Die aansoek kantoor is nogal gewillig met die uitreiking van lisensies vir sport aktiwiteite (Voorbereiding vir volgende Olimpics of so iets). Wat geweer aanbetref Beretta A300, beter waarde vir geld is daar nie op die staduim en hulle is gewillig , hoe meer gereeld jy hom warm skiet hoe beter skiet hulle.

Groetnis
MEERKAT

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 10:21 am
by Dawie D
Kerneels

Die Extrema 2 is van die mark af en parte is al reeds n probleem.

Daai Benelli super Vince is die geweer om te he, ek het self een by Twinbore gekoop en ek kan jou se as dit by werk kom is hy in n ander liga. Beretta kannie met Benelli kers vas hou nie.
Die Benelli skop ook baie minder as die Beretta's en jou skiet tempo is baie hoer.

Sterkte met jou keuse
Dawie

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 10:31 am
by blaser
ja en die benelli word nie so vuil nie omdat hy nie met gas terug skop nie

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 10:53 am
by G-force
Nog n ding om na te kyk is met watse ammo n semi auto kan werk.My Pa het n oulike Franchi Semi maar hy cycle net 32gr en opwaarts.My Benelli en my Beretta Teknys Gold werk met ALLES van die ligste kleiduif ladings to die swaarste bokhaal ladings.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 11:17 am
by bullseye
More manne

Ek het ook n benelli m3 en is baie baie tevrede jy sal nooit spyt wees oor n benelli nie.

groete
Bullseye.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 11:49 am
by Kerneels S.
Manne
Julle terug voering word opreg waardeur. Nou lyk my benelli gaan die een wees maar watter model. Die M2 kom in soveel variasies.
Groete

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 11:55 am
by BRNO (Pierre)
G-force wrote: Nog n ding om na te kyk is met watse ammo n semi auto kan werk.My Pa het n oulike Franchi Semi maar hy cycle net 32gr en opwaarts.My Benelli en my Beretta Teknys Gold werk met ALLES van die ligste kleiduif ladings to die swaarste bokhaal ladings.
Ge, my Franchi cycle darrem 28gr tot so op no 4's, van daar af moet ek maar 32gr's gebruik. Moet weer se, ek geniet my semi outo vrek baie!

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 12:04 pm
by G-force
Pierre van der Merwe wrote:
G-force wrote: Nog n ding om na te kyk is met watse ammo n semi auto kan werk.My Pa het n oulike Franchi Semi maar hy cycle net 32gr en opwaarts.My Benelli en my Beretta Teknys Gold werk met ALLES van die ligste kleiduif ladings to die swaarste bokhaal ladings.
Ge, my Franchi cycle darrem 28gr tot so op no 4's, van daar af moet ek maar 32gr's gebruik. Moet weer se, ek geniet my semi outo vrek baie!
Ja die Franchi is heel pret.My Pa s'n cycle glad nie met nmr 6 in 28gr.

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Wed Aug 22, 2012 12:59 pm
by blaser
kerneels
as dit in  jou smaak val werk die camo een goed veral as jy duiwe skiet hulle sien nie swart loop wat weerkaats in die son nie

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Sat Aug 25, 2012 12:56 pm
by immelmanw
[quote="Kerneels S."]
Manne
Julle terug voering word opreg waardeur. Nou lyk my benelli gaan die een wees maar watter model. Die M2 kom in soveel variasies.
Groete
[/quote
Jy kooP die Benelli Super Black Eagle II

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Mon Aug 27, 2012 7:55 am
by Kerneels S.
ImmelmanW
Ek het gekyk na hom op die net. Baie smart. Hulle kry 'n shipment in mid September dan sal ek maar kaap toe vlieg en gaan kyk hulle lyk hulle.
Het jy die model?
Groete
Kerneels

Re: Wat is die Beste Semi-Automatiese haelgeweer in SA bekikbaar.

Posted: Tue Sep 11, 2012 2:13 pm
by Marc
immelmanw wrote:
Kerneels S. wrote: Manne
Julle terug voering word opreg waardeur. Nou lyk my benelli gaan die een wees maar watter model. Die M2 kom in soveel variasies.
Groete
[/quote
Jy kooP die Benelli Super Black Eagle II
Willem

Wat prys die Black Eagle 2 nogal as hy hier geland het en almal het hulle houe gekap  8)

Mooiloop
Marc