Page 1 of 1

Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 11:50 am
by LUAN
As jy n bipod wil mount watse eienskappe moet hy he vir jou om gemaklik te wees vir moontlike skiet posisies?
Moet hy kan swivel of kan hy genoeg agtertoe of vorentoe beweeg op sy pote?
Is daar modelle beskikbaar wat jy beide kan le of uit die sit posisie gemaklik skiet?

Dankie

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 12:10 pm
by Kerneels S.
Die Harris 25C werk vir my goed. Die pote extend twee keer en jy kan hulle lock indien jy hulle wil laer stel. Die nek swivel maar draai nie in die rondte. Jy het genoeg beweging op die pote vorentoe en agtertoe. Hulle werk uitstekend vir Springbok skiet en jy het genoeg beweging om selfs hardloop skote te skiet.
Groete
Kerneels S.

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 12:13 pm
by Eugene
303, ek is nie 'n kenner nie, maar almal het vir my ges? die Harris Bipod is die beste en ook die een wat kan swivel. Ek het die heel kortste een gekoop, want ek wou dit maar meestal gebruik van die bench (tuisgemaakte een op die plaas) af en dan maar van die bakkie se dak af (het nie altyd die skietraam op nie en besit nog nie 'n behoorlike skietstoel nie...).

Jy kan met die kortetjie l?, maar as die gras lank is, gaan jy sukkel. Jy kan glad nie met die kortetjie sit nie, tensy daar 'n lekker klip of stomp naby is.

Die bietjie langer een, kan jy weer baie lekker mee sit, maar jy l? effens ongemaklik...

Hoop dit help!

Groete

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 12:17 pm
by Kerneels S.
303. Koreksie, die model is die Harris S25C hinged base. Hy is duur maar as jy eers met hom vlaktes gejag het wil jy NOOIT sonder hom gaan jag nie. Lekker vir kop skote.
Groete
Kerneels S

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 12:20 pm
by DWB
Die manne praat met baie lof van die Caldwell teen helfte die prys.

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 12:20 pm
by Kerneels S.
Iets wat ek kan add is die S25C is die langste van 13" tot 25". Werk ook goed as hy op sy kortste gestel is op die bakkie se dak.
Moenie die fixed base koop nie, jy gaan spyt wees. Invest in die S25C.
Groete
Kerneels S

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 12:22 pm
by Carl
L? en skiet en sit en skiet was vir my belangrik.Jy verloor stabilitiet soos die bene langer word. Maar soos genoem as dit te kort is pla die gras. Kantel en draai beweging is nodig maar kan nie te veel of te maklik wees, anders verllor jy stabiliteit.Vasgeting metodes gaan ook dalk invloed op jou keuses h?.
Ek gebruik die Vanguard equaliser, baie tevrede.

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 12:25 pm
by Francois Briedenhann
Stem saam Harris is die beste.

Nog nooit trug gekyk na ander nie.

Groete FB

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 2:04 pm
by Witpietskiet
Harris is duur, maar ek het ook nou al geleer......goedkoop koop is duur koop.

My 2c

Mooi loop

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 2:56 pm
by LUAN
Sal mens wegkom met die 9-13" vir le en skiet of is dit te lank? Sal jy op 13" kan sit en skiet met hom?

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 3:08 pm
by Kerneels S.
NEE - Hopeloos te kort vir sit. Ek is 6ft en sit gemaklik met die Harris want hy is 25" op sy langste vir sit en skiet.
Groete

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Tue Aug 21, 2012 3:08 pm
by FHM
*303*

As jy die Harris gaan koop wat verstelnbaar is en in verskillende hoogtes voorkom, gaan jy seker by die R 1800 - 2000 betaal (Ek het vir myne 5 jaar terug R 1300 betaal in RSA en dit was die kortetjie) Dus stel ek voor jy vind uit rondom jou watter verskaffer hou die oukies aan, vat jou geweer saam, en pas n paar en kyk wat vir jou werk. Die opsit / afhaal is baie vinnig en eenvoudig.

Dis wat ek sou doen - om seker te maak ek kies reg ;)

my 5 c

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Wed Aug 22, 2012 9:49 am
by Eugene
FHM wrote: *303*

As jy die Harris gaan koop wat verstelnbaar is en in verskillende hoogtes voorkom, gaan jy seker by die R 1800 - 2000 betaal (Ek het vir myne 5 jaar terug R 1300 betaal in RSA en dit was die kortetjie) Dus stel ek voor jy vind uit rondom jou watter verskaffer hou die oukies aan, vat jou geweer saam, en pas n paar en kyk wat vir jou werk. Die opsit / afhaal is baie vinnig en eenvoudig.

Dis wat ek sou doen - om seker te maak ek kies reg ;)

my 5 c
Stem saam!

Onthou net, hoe groter die bipod, hoe swaarder is hy. As jy gaan voorsit en nie baie gaan loop nie, is dit nie 'n probleem nie, maar as jy gaan w&s gaan daai bipod later voel of hy 20kg weeg....

As jy baie w&s, bel? eerder in een van daai vanguard tripods, hulle werk baie lekker en is verstelbaar sodat jy kan sit of staan en skiet!

Groete

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Wed Aug 22, 2012 10:43 am
by Beyers
Ek het 'n 13-25 Harris op my geweer, net spyt dit is nie die swivel een nie, Ek vind net die 13 is lank as jy le.

Pasop vir die nockoffs (Nikko Stirling en Buffalo River)die bassise se aluminium is nie so sterk soos die van Harris nie, die vlerke waaraan die veer geheg is buig oop dan skiet die vere los.

Re: Bipods - waarna kyk mens

Posted: Wed Aug 22, 2012 11:04 am
by Carl
http://www.chuckhawks.com/index2d.rifles.htm
Moet s? omdat ek loop en jag maak die Vanguard 'n verskil. Hy is seker nie so sterk soos die Harris (wat milit?re gebruik sal weerstaan) maar ek "fire en move nie" met die 270 nie, die Springbokkies skiet nie terug nie ;-)