Bosvark jag

Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Bosvark jag

Post by sako 30-06 »

Ek het n plaas gekry waar ek bosvark kan jag,die boer het nie tyd vir al die dinge wat daarmee saam gaan nie.Die boer het n ou houthuise wat ons gaan gebruik as n hide,dan moet ek net die lig kry en voer.Dis in warmbad so darem nie ver van my af nie.
Ons het n trailcamera wat ons ook gaan opsit.
Die boer het gister een in die dag geskiet maar baie sleg gevoel omdat hy dit haat om op sy eie grond te skiet,so ek moet dit doen.
Is dit nodig vir n reosthat met n infrarooilig of is daar n alternatief,indien nie waar kan ek die lig koop en hoeveel kos dit.
O ja.ek het n bosvark boud gekry,het iemand n lekker reseppie?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Bosvark jag

Post by DWB »

Ons het nou nog nie op ons voerplek geskiet nie, maar die varke eet wel.

Ons het sommer van hierdie tuin liggies op 'n pen opgesit wat die klein solar panel het.

Dit sal genoeg lig maak om die vark te identifiseer en te skiet!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Bosvark jag

Post by FHM »

Sako 30-06 gaan loer bietjie hierso wat om met daai boud te maak ;)
http://jaracal.com/index.php/topic,12349.0.html
Last edited by FHM on Mon Aug 20, 2012 12:39 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Bosvark jag

Post by sako 30-06 »

FHM wrote: Sako 30-06 gaan loer bietjie hierso wat om met daai boud te maak ;)
http://jaracal.com/index.php/topic,12349.0.html
dankie FHM,hoe water my mond nou.
Ek dink daai boud gaan mooi wees.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Bosvark jag

Post by Rasmus »

Sako

Ek het n spotlight opgesit wat ek by Builderswarehouse gekoop het. Hy het n sonpaneel met n battery en n day night switch reeds ingebou.

Maw sodra dit lekker skemer is skakel hy aan en as dit lig word weer af. Die lig is nou al vir amper n jaar op en hy werk nog soos klokslag. Ek het met die kamera gesien dat die varke na die derde aand weer kom eet het vandat die lig op is. Dit pla hulle niks.

Ek het net n stuk rooi sellofaan papier in die lig gesit om hom minder helder te maak. Maar ek glo nie eers dit is nodig nie. Ek sal volgende week bietjie n foto laai.

Dit is mos juis dan weer varkmaan ;D ;D ;)
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Bosvark jag

Post by sako 30-06 »

Rasmus wrote: Sako

Ek het n spotlight opgesit wat ek by Builderswarehouse gekoop het. Hy het n sonpaneel met n battery en n day night switch reeds ingebou.

Maw sodra dit lekker skemer is skakel hy aan en as dit lig word weer af. Die lig is nou al vir amper n jaar op en hy werk nog soos klokslag. Ek het met die kamera gesien dat die varke na die derde aand weer kom eet het vandat die lig op is. Dit pla hulle niks.

Ek het net n stuk rooi sellofaan papier in die lig gesit om hom minder helder te maak. Maar ek glo nie eers dit is nodig nie. Ek sal volgende week bietjie n foto laai.

Dit is mos juis dan weer varkmaan ;D ;D ;)
dankie julle,dit klink na n goeie plan.Rasmus wat het die setup jou gekos?
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: Bosvark jag

Post by Shindzela (Pierre) »

Ek gebruik 2 LED trok briek ligte gekoppel aan n kar battery, ek los hulle sommer permanent aan en die battery hou amper 2 weke voor hy herlaai moet word.
Life's a journey, enjoy the ride!
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Bosvark jag

Post by Rasmus »

Sako

Ek praat onder korreksie maar dit was in die omgewing van R500. Die ligte is elke dan en wan op special so loer maar by builders. Ek kan net vir die dood nie die maak onthou nie.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Bosvark jag

Post by Sarelss »

Sako,

Bosvark vleis is soos sex, "when its is good, it is wonderful, but when it is bad it is still pretty good"

Daai vleis is so lekker jy kan amper enige iets daarmee doen en dit sal 'n wenner wees. (behalwe om dit te offer natuurlik..)
Groetnis

Ns. Laat weet as jy te veel varke het en karkasse wil skuif
groetnis
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvark jag

Post by Gerhard »

Rasmus wrote: Sako

Ek het n spotlight opgesit wat ek by Builderswarehouse gekoop het. Hy het n sonpaneel met n battery en n day night switch reeds ingebou.

Maw sodra dit lekker skemer is skakel hy aan en as dit lig word weer af. Die lig is nou al vir amper n jaar op en hy werk nog soos klokslag. Ek het met die kamera gesien dat die varke na die derde aand weer kom eet het vandat die lig op is. Dit pla hulle niks.

Ek het net n stuk rooi sellofaan papier in die lig gesit om hom minder helder te maak. Maar ek glo nie eers dit is nodig nie. Ek sal volgende week bietjie n foto laai.

Dit is mos juis dan weer varkmaan ;D ;D ;)
Sit bietjie die foto van die spotlight op wat jy gebruik asb man...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Bosvark jag

Post by Rasmus »

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvark jag

Post by Gerhard »

Bakgat!!!

Dankie man.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
De beer
Full Member
Full Member
Posts: 127
Joined: Tue Apr 24, 2012 8:56 am

Re: Bosvark jag

Post by De beer »

Sako, n reostaat is nie nodig nie, dit keer net dat die varke skrik as die lig ewe skielik aankom.

Die maklikste is om n trok se remlig te krym verkieslik die LED tipe. Hy werk baie mooi. Dan koop jy sommer een van daai goedkoop fm radios(draadloos) wat met batterye werk. So paar meter se flex en n hekmotor se back-up battery.

Haal die hele radio uitmekaar. Gebruik die volume knoppie as jou reostaat. Koppel die flek en brieklig. As die varke kom konnekteer jy die battery, draai stadig die knop tot jy kan sien en dan gooi jy. Dis die goedkoopste manier en hy werk amper beter as die gekooptes!!
Musgrave 30-06
Lee enfield 303
Airarms s400 FAC 5.5mm
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Bosvark jag

Post by Frederik »

Manne hier is regtig 'n paar baas planne nou moet ek net plaas naby kry met varke. 
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
ou Bles - Gert
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Sep 29, 2012 9:31 pm

Re: Bosvark jag

Post by ou Bles - Gert »

Nou kyk nou hoe lekker kan julle daar in die bosveld varke skiet. Wat is daar vir ons hier in die vrystaat om te skiet en waar? Ken nog nie boere hier rond nie
.22 Remmington, 12Boor winchester, 270 husqvarna 303 lee enfield, 9mm star, 9mm norinco nz75, .22 beretta pistool
User avatar
Eardley
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Sat Jul 14, 2012 11:58 am

Re: Bosvark jag

Post by Eardley »

Bushpigs are one of the most underated game species.To successfully bait and hunt them is a great experience.Good Luck!
Post Reply