Page 1 of 1

Eeste Jakkals - Dink die gogga het hom

Posted: Sun Aug 19, 2012 11:02 pm
by theedge
Christo Gouws se eerste jakals - ek dink die man gaan nie stop nie.  Plaas die fotos met graagte.  Hy sal maar self die storie kom moet vertel.  ;D ;D  Nog nooit n man so bly gesien oor sy eerste jakals nie.

[img width=560 height=420]http://i221.photobucket.com/albums/dd88 ... CN5515.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i221.photobucket.com/albums/dd88 ... CN5516.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i221.photobucket.com/albums/dd88 ... CN5519.jpg[/img]

Ek is nou nog nie so great met die ouderdomskatting nie maar sou dink so 4jaar help maar reg asb.

Re: Eeste Jakkals - Dink die gogga het hom

Posted: Mon Aug 20, 2012 12:08 am
by johann
Geluk man! Ja nee met daardie smile lyk dit vir my na nog vele meer wat wag! Sien uit om die storie te hoor.

Groete Johann

Re: Eeste Jakkals - Dink die gogga het hom

Posted: Mon Aug 20, 2012 6:52 am
by Wayne
Mooi Christo, I hope you have an understanding partner, many nights, home alone. We need a story for the photos

Re: Eeste Jakkals - Dink die gogga het hom

Posted: Mon Aug 20, 2012 10:19 am
by christo gouws
hallo daar jakkalsvriende.
hier is te min spasie om julle te vertel van die ervaring.ons kom die een kloof afgery en blikkies se hy gaan nie vanaand die jakkalse roep nie want ons is eintlik opsoek na die bosvarke.so in die ry se hy daar is n oog wat hy optel met die lig maar hy kan nie uitmaak wat dit is nie want ons is nog ver van die oog. toery ons deur die land na die anderkant en hy lig weer. jong daai kan maklik n jakkls wees se hy en my hart klop vinniger in my borskas.hy lig toe weer en wragies daar is dit toe n jakkals toe ek deur die teleskoop kyk.my mond begin droog raak en my hande begin sweet.ag vader laat hy net gaan staan bid ek.blikkies roep en die jakkals drafstap aan.wha wha roep hy en die jakkals steek vas.toe hy staan vat ek mooi op die ou se nek en druk die skoot af.die 7x64 doen sy werk en daar le die jakkals. ek was nog nooit so bly oor die dooie jakkals toe ek verseker weet hy is dood.heng dit was n goeie gevoel.afstand wat blikkies geskat het is so +-170-200m.baie dankie blikkies vir dit wat jy my leer en die vooreg wat ek gehad het om my eerste jakkals te kon skiet.groete christo despatch.

Re: Eeste Jakkals - Dink die gogga het hom

Posted: Mon Aug 20, 2012 10:28 am
by JACQUES BOTHA
MOOI Christo
Geluk met jou jakkals en dink ulle kan maklik wegraak in daia bosse rondom Klipgooi despatch kontrei..
Dis ook my geboortedorp en baie ure op daai rugbyveld spandeer asook in daai swembad, en later so paar ure in die klub ook spandeer.
Gaan loer bietjie na al die rugby foto's in die klub ek verkyk my altyd aan die trotse oos kaap rugby dorp wat meer bekend is vir rugby as vir jakklase ne. Ek het al rugby gekyk van frikkie meyer,  danie gerber later  willie meyer  ens.. ma toe droog die belangstelling so bietjie op.
geniet jou rugby valei
groetnis
jacques
 

Re: Eeste Jakkals - Dink die gogga het hom

Posted: Mon Aug 20, 2012 11:01 am
by stan man
daai eerste jakkals bly maar spesiaal. ek het al so n klompie geskiet maar die eerste een was vir my spesiaal.
geluk en geniet net wat jy doen.

Re: Eeste Jakkals - Dink die gogga het hom

Posted: Mon Aug 20, 2012 12:01 pm
by Dirkie
Mooi gegooi!

Ja nee jy kan solank kursus doen en roeper koop,as daai gogga eers gebyt het...

Groete Dirkie