Page 1 of 1
QL vir .303
Posted: Sat Aug 18, 2012 2:28 pm
by Piet Pille
Middag almal,
Sal julle my asb. kan bystaan met 'n nodespoed/lading vir die volgende kombinasie in .303:
Kaliber: .303 No4 MK- I
Koeel: Highland AX
Koeel gewig: 180gr
Dop: PMP
Dopvolume H2O (in Grein): 52.3gr
Slagdop: RWS 5341
TPL: 77mm
Looplengte: 22.4duim
Kruit + lotnmmer: S355 - Lot 006
Lading: 44.8gr
Ladingspoed (gemiddeld) : 2588fps
Ek het ongelukkig net die een lading/spoed kombinasie se inligting.
Byvoorbaat dank
Groete
Piet Vorster
Re: QL vir .303
Posted: Sat Aug 18, 2012 3:51 pm
by tripodmvr
Het jou lading ingevoer en gevind dat volgens QL dit 4500psi oor maks druk is. Met die dopvolume van 52,3gr is dopvulling 110%.
Highland se koe?ls verskyn nie in my weergawe van QL nie en ek het Prvi Partizan se 180greiner gebruik - die lengte van 29,49mm stem ooreen.
Die hoogste veilige node kry ek met 42,6gr S355 vir 'n spoed van 2463vps. Dit moet dus jou mikpunt wees om die node te slaan.
Re: QL vir .303
Posted: Sat Aug 18, 2012 6:27 pm
by LUAN
Jy kan met S341 ook in die 2400fps kom met 180gr koeels. Begin met so 41gr
Re: QL vir .303
Posted: Sat Aug 18, 2012 6:49 pm
by tripodmvr
Die balkruite het groter oppervlakte wat blootgestel word weens die klein balletjies waaruit dit bestaan. Die' kruite reageer dus meer op temperatuurverskille. Het gevind met my 375 dat die spoed met 150vps toegeneem het vanaf 'n koel herfsdag na 'n warm somersdag. As lading ontwikkeling in die koeler maande gedoen word en jag tot die wintermaande beperk word kan S341 ook oorweeg word.
Re: QL vir .303
Posted: Sat Aug 18, 2012 7:00 pm
by Piet Pille
Het jou lading ingevoer en gevind dat volgens QL dit 4500psi oor maks druk is. Met die dopvolume van 52,3gr is dopvulling 110%.
Ouch. Ek het lading ontwikkel gedoen met S355 vir die 180gr Highland AX'e n.a.v. 'n artikel in Magnum- "Reloading the .303 with S355" deur Andre Fouche (Mei 2006). Hy skryf dat hy vir 175gr Rhino's 'n beginlading van 43gr en maks lading van 47gr (@2640fps) S355 gebruik het. Hy gebruik wel Remington Doppe wat 'n heelwat groter volume as PMP doppe het. Sal doppe met groter volume 'n dratiese verskil (verlaging) aan druk maak? (Ek het gesien dat my doppe propvol is, maar ek is nog vrek ver van 47gr af...). My slot was nie stram nie en die primers ook nie orbodig plat nie, maar volgens die spoed het my o? bietjie gerek. Liewer maar veilig wees en afkom na 42.6gr....
Re: QL vir .303
Posted: Sat Aug 18, 2012 7:15 pm
by Piet Pille
*303* wrote:
Jy kan met S341 ook in die 2400fps kom met 180gr koeels. Begin met so 41gr
Dankie 303, maar ek het al beide S335 & S341 probeer. Daai die .303 van my is die probleemkind in my kluis en ek dink sy loop gaan uitgeskiet wees nog voordat ek 'n lading vir hom gekry het. Daar is nie veel kruit/koeel/primer kombinasies wat ek nognie in hom probeer het nie! (sien ook
http://jaracal.com/index.php/topic,11318.0.html ).
S355 is nou my laaste hoop!
Re: QL vir .303
Posted: Fri Aug 31, 2012 10:36 pm
by tripodmvr
As ek na die Somchem boekie kyk sal dit 'n veilige lading wees synde hulle 38-42gr vir S335 aanbeveel. As jy al jou gegewens gee soos wat Pieter hier bo gedoen het kan ons ook 'n spoed bereken wat vir jou geweer behoort te werk. Gee spoed (as jy het) vir 'n 150gr met S355 sodat ons die kruit kan kalibreer.