Page 1 of 1
grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Thu Aug 16, 2012 1:47 pm
by henrygriffiths
kyk die een!
168gr amax 300 H&H
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Thu Aug 16, 2012 2:37 pm
by KalahariKlong
Henry, dis nou 'n mooi groot man daai. Nou wag ek net vir jou om daai jakkie 'n les te leer. Mooi geskiet. Hoe v?r was hy en is dit op die selfde plek as die vorige klompie gewees?
Groete
Exavier
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Thu Aug 16, 2012 2:45 pm
by RUPERT
Henrie daai is nou n groot seun.Dink net daai man het nie so groot geword omdat hy dom is nie.Maar soos die slim mense se slim vang n loodpil.

Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Thu Aug 16, 2012 3:16 pm
by foxripper
Henry, het jy toe jou roeper getoets?
Re: grootste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Fri Aug 17, 2012 7:13 am
by henrygriffiths
het die manetjie geskiet April die jaar, het nou eers die fotos van my foon afgelaai, hy het saam met 20+ in die pad afgehardloop toe ek met die bakkie om die draai kom, het hom geskiet van agter af terwyl hy reg van my weghardloop op 100m, dit was op geelhout waar ek die ander ook voorgesit het.
wind het baie gewaai laaste paar aande ma gaan verseker die roeper toets erens oor die naweek!
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Fri Aug 17, 2012 7:43 am
by Dweetster
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Fri Aug 24, 2012 1:21 pm
by Louis Kriel
My pel is lief vir foto's neem van jag, hy se mens moet altyd eers 'n bietjie die bloed van die voorbene af vee dat mense dit nie kan sien nie!
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Tue Apr 02, 2013 9:26 pm
by JK
Die een het seker 15 lammers opgevreet voor ek die wetter in die hande kon kry
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Tue Apr 02, 2013 9:52 pm
by PWV
JK, dis 'n moewiese bob. Wil nie graag met sulke tande deurmekaar raak nie. Vertel die storie, man. Hoe ver, waarmee geskiet, ens.
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Tue Apr 02, 2013 10:03 pm
by LongWolf
Mooi BoBjAn...
Oom PW dis nie net die tanne wavoor ek skrikkerig is nie die pes kan jou met 4 hande vashou terwyl hy byt.
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Tue Apr 02, 2013 10:38 pm
by mariusr
Goeie genade 505 die ou sal bloed oortapping benodig!Dink dis King kong daai!
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Wed Apr 03, 2013 7:16 am
by Marc
Aaitsa, jy moes hom mak maak en inspan as arbeider hehe. Hy sal lekker voor vat met so alermuntige bou !
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Wed Apr 03, 2013 7:37 am
by JK
Ek het net 50 skaap wat met n hond vry loop. As die ooie lam word hulle by die huis gevoer anders vreet die jakkalse die lammers ook op, nou elke Sondag namiddag net na ek weg is van die plaas kom ta en vat n lam. Die werkers het hom al voor gele met n hael geweer maar kom hom nooit kry nie. Dit is nou oor n tydperk van seker 6 maande.
Die naweek mense gehad op die plaas , net nadat hulle gery het Maandag middag kom ta toe, hy het seker gedink dis ek wat gery het. n Werker het my kom roep, want hy het die ooie gehoor hardloop. Sommer van agter die geboue by die huis sien ek hom waar hy met n klein lammetjie sit. Die eertse geweer wat ek in die haastigheid gegryp het was die 270 Steyr-manlicher. Hy het so 60 m ver gewees, was so half agter n boom en agter n sifdraad ook, maar die grootste teiken gekies, reg voor die bors net om seker te maak hy vrek! Toe die skoot hom tref het die wambo ook gejuig!

Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Wed Apr 03, 2013 9:22 am
by mariusr
Goed gedoen JK sy dae van aap streke is veby die bleddie dief!
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Fri Mar 28, 2014 1:39 pm
by Sangoma (IAN)
Wel gedaan, daai aap is omtrent in stukke!!
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Fri Mar 28, 2014 2:14 pm
by win270
Monteer daai kop teen jou grensdraad!! Dalk dink die res tweekeer voor hulle wil terugkeer.
Re: grootste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Fri Mar 28, 2014 2:47 pm
by PWV
henrygriffiths wrote:het die manetjie geskiet April die jaar, het nou eers die fotos van my foon afgelaai, hy het saam met 20+ in die pad afgehardloop toe ek met die bakkie om die draai kom, het hom geskiet van agter af terwyl hy reg van my weghardloop op 100m, dit was op geelhout waar ek die ander ook voorgesit het.
wind het baie gewaai laaste paar aande ma gaan verseker die roeper toets erens oor die naweek!
Henry
My seun, Chrisjan, stuur vir my die foto van die bobbejaan wat hy by Vergeleë geskiet het. Dit is mos nie te ver van jou af nie. Hulle bly tussen Vergeleë en Tosca en die bobbejane pla van tyd tot tyd. Sedert hy hierdie man uitgehaal het, is dit nou twee maande wat daar nie 'n spoor van die trop is nie.
Op 150 meter geskiet met 'n Remington 700 (.308) en 150 gr Sierra Game King. Het op sy hurke op 'n tak gesit. Koeël is deur sy knie en daarna deur die hart.
Groetnis
Re: grooste manetjie wat ek nog geskiet het die jaar!
Posted: Fri Mar 28, 2014 5:17 pm
by 375fanatic
Hierdie outjie was te stadium vir die 7 x61 kon nie die draad maak nie