Page 1 of 1
Ql vir .375 H&H
Posted: Wed Aug 15, 2012 8:52 pm
by Biltong
Dag manne,
Ek sal ontsettend baie waardeer as iemand asb kan help met die nodespoed vir die .375 H&H.
Inligting as volg:
26" loop
1 in 10"
Hornady doppe
Barnes TTSX 250gr
S335
Col:90.75mm
Spoedlesings:
64gr 2506fps
65 2515
66 2554
67 2609
68 2640
69 2635 ?
Watter lading sal julle aanbeveel by die hoogste node.
Baie dankie.
Groete.
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Thu Aug 16, 2012 9:46 am
by Biltong
Kan enigiemand help asb? Danie, Ludwig?
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Thu Aug 16, 2012 1:03 pm
by Wouter Roets
Biltong
Die koeel is ongelukkig nie beskikbaar in QL nie. Ek sal jou in elk geval aanbeveel om S355 te gebruik in die kombinasie.
Groetnis
Wouter
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Thu Aug 16, 2012 1:05 pm
by FCLoretz
Biltong
Gerhard Delport skiet daai koeelle, as ek reg onthou met sy .375.
probeer dalk vir Gerhard, miskien kan hy jou help.
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Thu Aug 16, 2012 2:12 pm
by Biltong
Wouter, dis nou jammer -is dit omdat dit 'n relatief nuwe koeel is?
Ek sal S355 probeer.
Dankie FC -goed om te weet.
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Thu Aug 16, 2012 2:25 pm
by Gerhard
FCLoretz wrote:
Biltong
Gerhard Delport skiet daai koeelle, as ek reg onthou met sy .375.
probeer dalk vir Gerhard, miskien kan hy jou help.
My geweer is terug van Armtec af.
Ek behoort data die naweek te kry as ek gaan skiet.
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Thu Aug 16, 2012 4:20 pm
by Wouter Roets
Biltong
Ja dis n nuwe gewig vir Barnes so hy het uitgekom na hierdie weergawe van QL. Ek is seker n mens moet dit kan opgradeer in QL. Meskien weet ons tegniese boffen Luddie iets hiervan. Luddie kom in! Luddie!
Groetnis
Wouter
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Fri Aug 17, 2012 8:55 am
by Biltong
Gerhard,
Ek het maar voorlopig 68gr S335 gelaai en gaan die spoed meet en akkuraadheid toets -Saterdag. Ek laai die .375 vir my swaer.
Sal ook terugvoer gee.
Wouter. Sal maar moet plan sien om self QL aan te skaf. Tot dan waardeer ek julle insette baie.
Ql behoort seker al 'n "update" beskikbaar te he.
Groete.
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Fri Aug 17, 2012 8:22 pm
by tripodmvr
Biltong wrote:
Gerhard,
Ek het maar voorlopig 68gr S335 gelaai en gaan die spoed meet en akkuraadheid toets -Saterdag. Ek laai die .375 vir my swaer.
Sal ook terugvoer gee.
Wouter. Sal maar moet plan sien om self QL aan te skaf. Tot dan waardeer ek julle insette baie.
Ql behoort seker al 'n "update" beskikbaar te he.
Groete.
Ek sal baie laer begin met 'n lading S335. Ek het my 235gr Barnes TSX op 66gr beperk tydens lading ontwikkeling. Ql gee reeds vir my 68000psi met 68gr S335 op die ou Barnes X250. Begin laer en werk dan op.
Re: Ql vir .375 H&H
Posted: Sun Aug 19, 2012 5:24 pm
by Biltong
Driepoot, kyk na my eerste plasing -ons het aanvanklik laer begin en opgewerk.
Ons het toe Saterdag baie goeie groeperings gekry met die die 68gr lading. Druk is nie te hoog nie.
Sal laat weet hoe die koeel gemaak het na volgende naweek se jag.
Groete
Wicus.