Probleemdier jagter protokol
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Probleemdier jagter protokol
Ek het 'n versoek van die PMF gekry vir die opstel van 'n protokol vir Nagjag.
"Tydens die onlangse vergadering van die Predation Management Forum (PMF), waarvan die NWKV die Sekretariaat is, is die Protokol vir Helikopterjag bespreek. Deel van die bespreking is ook gewy aan Nagskiet en nagjagters. Dit was die gevoel van die vergadering dat ?n protokol opgestel word vir nagjagters wat insluit, bewys van opleiding, verwysings van waar gejag, data insameling ens."
Ek wil graag die ouens wat hierby betrokke is se mening en opinie hieroor kry.
Net 'n paar gedagtes:
1) Jagters word hier as ouens wat roep en skiet gesien.
2) Wat sal van toepassing wees vir grond eienaars wat net op hulle eie grond jag.
3) Daar is jagters wat as professionele jagters bekend staan maw geld vra.
4) Jagters wat dit doen om hulle jag seisoen te verleng en dit net doen vir die "challange"
5) Wie kies en akkrediteer die "opleiers/instrukteurs"
Wat is die minimum vereiste om te kwalifiseer as 'n professionele jagter.
Wat is die minimum vereiste om te kwalifiseer as 'n nie professionele jagter.
Hou asb op die topic.
Hoor graag van julle. Ek sal dit dan saamvat en saamvoeg.
Groete
heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Heinrich
Atta, hier is ons nou!
Ek weet nie waar om te begin nie, maar sou reken dat om iemand(roepjagter) te kan "proffesionalise" dit van verwysings(kliente) ook moet kom. Ook sal daar na "nie kliente"(buurmanne en Boereverenigings) geluister moet word om betrokke jagter te oordeel.
'n "Liggaam" sal verseker die werk moet doen in samewerking met Natuurbewaring en Parkerade.
Die "liggaam" sal kundiges moet wees(catch 22) en dit is nie nodig om op vliegtuig nou te klim nie, daar is beter kundiges in hierdie land as enige ander plek sou ek reken.
Op die punte 1 - 5:
2. Grondeienaars- permit nodig vir nagjag(wetie of daar enige iets aan gedoen kan word nie).
3. Deur natuurbewaring ge-akkrediteer(deur kundiges aanbeveel).
4. Mag deur deeltydse jagters gedoen word, tensy hy ge-akkrediteer is.
5. "Kundiges" in die veld deur ondervinding en dienste gelewer! Hulle is tog bekend in elke huishouding.
Om minimumvereites te bepaal sal natuurlik 'n turksvytjie wees, maar kan gedoen word soos:
a. Deur Nagjagter aanbeveel aan die prokolraad('n Geweersmid moet 5jaar ondervinding he^ en dit word deur Geregistreerde wapensmid bevestig).
b. Logboek bygehou deur aspirantjagter en onderteken deur Nagjagter, klient en ook dataversameling.
Mooiloop

1. Roepjagters- ?1) Jagters word hier as ouens wat roep en skiet gesien.
2) Wat sal van toepassing wees vir grond eienaars wat net op hulle eie grond jag.
3) Daar is jagters wat as professionele jagters bekend staan maw geld vra.
4) Jagters wat dit doen om hulle jag seisoen te verleng en dit net doen vir die "challange"
5) Wie kies en akkrediteer die "opleiers/instrukteurs"
Wat is die minimum vereiste om te kwalifiseer as 'n professionele jagter.
Wat is die minimum vereiste om te kwalifiseer as 'n nie professionele jagter.
2. Grondeienaars- permit nodig vir nagjag(wetie of daar enige iets aan gedoen kan word nie).
3. Deur natuurbewaring ge-akkrediteer(deur kundiges aanbeveel).
4. Mag deur deeltydse jagters gedoen word, tensy hy ge-akkrediteer is.
5. "Kundiges" in die veld deur ondervinding en dienste gelewer! Hulle is tog bekend in elke huishouding.
Om minimumvereites te bepaal sal natuurlik 'n turksvytjie wees, maar kan gedoen word soos:
a. Deur Nagjagter aanbeveel aan die prokolraad('n Geweersmid moet 5jaar ondervinding he^ en dit word deur Geregistreerde wapensmid bevestig).
b. Logboek bygehou deur aspirantjagter en onderteken deur Nagjagter, klient en ook dataversameling.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Hein, hoe en wie sien jy val in die twee kategorie.jaracal wrote:
Wat is die minimum vereiste om te kwalifiseer as 'n professionele jagter.
Wat is die minimum vereiste om te kwalifiseer as 'n nie professionele jagter.
Taffie,tafjak wrote: Heinrich
Atta, hier is ons nou!
Om minimumvereites te bepaal sal natuurlik 'n turksvytjie wees, maar kan gedoen word soos:
a. Deur Nagjagter aanbeveel aan die prokolraad('n Geweersmid moet 5jaar ondervinding he^ en dit word deur Geregistreerde wapensmid bevestig).
b. Logboek bygehou deur aspirantjagter en onderteken deur Nagjagter, klient en ook dataversameling.
Mooiloop
"a" waar gaan al die aspirant jagters 'n profesionele jagter kry wat hom onder sy vlerk sal neem vir 5jaar. Gaan iemand soos Jacques wat huidiglik nie voltyds jag, nou eers by iemand anders moet aansluit vir "5 jaar"
"b" lees ek hier die reels vir nie-prof jagters? Of is dit deel van die rekordhouding van 'n aspirant wat Pro wil word.
Ek vra die vra met omsigtigheid, veral na die huidige wapenwet se onvermoe om behoorlik te werk en relatiewe onskuldige mense kriminele maak. Iemand gaan op die ou end die reels moet toepas en afdwing, en waar kom die mannekrag vandaan en met wie se finansieele bydra.
Die WesKaap se reel om eienaars te verplig om permitte uit te neem en om data terug te stuur voor die volgende permit uitgereik word, is volgens my wel 'n mate van reelstoepassing maar dit keer nie baie eienaars en jagters van bly skiet daarsonder. As ek kyk na die krireria van die gevraagde protokol is dit baie dieselfde as war WC nou reeds van eieneers verwag. Dit is nie so vergesog om te vra nie.
Opleiding m.b.t. die PCA beheer moet deur die reeds kundiges in die bedryf gelewer word. Polities korrek behoort sulkes by een of ander SETA te registreer as opleiers.
Hoop nie ek het te ver gedwaal van die punt nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Probleemdier jagter protokol
Taffie Heinrich
Ek hoop hierdie is n doelgerigte poging om werklike bevordering van die probleemdier beheer in terme van toepassing en praktyk te wees.
Wat het geword van die Nasionale probleemdier beleid en al die werk en insette in die verlede--wel ek hoop dit kom tot iets die keer.
En ek is nie negatief nie maar hoop ook nie dat dit n doelbeuste poging is om een vereeniging of die ander te bevoordeel nie, maar soos genoem vir almal wat betrokke is by die probleem.
En wie gaan dit beheer en volhoubaar bestuur?
Ek dink Heinrich sal weet hoe Chris Jacobs hulle al probeer het om hierdie proses aan die gang te kry en hoe hulle teruggekom het van nasionale probleemdier beheer vergaderings en almal gepraat het en in 15 tot 20 jaar by niks daatwerklik uitgekom het nie.
Al wat ek weet na soveel jare dat as die boer nie PA STAAN en die jagters NIE BEREID is om DIE LAND PLaT te ry en PLAT te jag nie, Gaan niemand hulle bystaan en help en bestuur en bedryf nie...
Dis maar my ondervinding en bietjie ervaring ---hoop dis die keer iets beters?????
Groete
JAcques Botha

Shoot straight and tell the truth!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Heinrich / almal
Ek dink daar is 5 fasette by Roepjag (mooi term Taffie) betrokke, as ek 'n opinie mag lig:
1. Teoretiese kennis
2. Toerusting
3. Praktiese vaardigheid
(al 3 bo-staande fasette kan relatief maklik getoets word)
4. Administrasie, hou van rekords
5. Gedragskode
Moeilik om voor te skryf wat 'n jagter op sy eie grond mag doen / nie doen nie, daarom aanvanklik eers geen vereiste daar nie.
MAAR ek dink enige man wat nie op sy eie grond jag nie, behoort darem ten minste aan 'n minimum standaard by bo-genoemde fasette te voldoen (maak nie saak of hy geld vra of nie) Ek reken die mees logiese beginpunt van beheer is georganiseerde landbou. Indien georganiseerde landbou se lede onderneem om net geakrediteerde jagters op plase toe te laat en 'n instansie het om by te rapporteer as daar iets verkeerd loop, vereenvoudig dit net beheer. Sonder die samewerking van plaas eienaars/bestuur, sal enige aksie om 'n standaard vir roepjagters daar te stel, in my opinie futiel wees. Daar is geen sin daarin om iets met wetgewing te probeer reguleer, as die wet nie toegepas kan word nie.
Sterkte, hierdie is 'n taai toffie!
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Louis
"Taai toffie"? Ek dink dit kan nog taaier wees.
Ook dink ek tog dat om die eerste"3" vereistes wat jy voorstel, regtig elemente^r is en sekerlik die minimum gaan wees sou ek reken. Die 2de "2" behoort 'n ernstige vereiste te wees om as beroeps- en deelstydse roepjagter te mag kwalifiseer.
Christo
Die "a. Deur Nagjagter aanbeveel aan die prokolraad('n Geweersmid moet 5jaar ondervinding he^ en dit word deur Geregistreerde wapensmid bevestig).
b. Logboek bygehou deur aspirantjagter en onderteken deur Nagjagter, klient en ook dataversameling." was slegs 'n voorbeeld en wou net die metode van beoordeling en vasstelling illustreer. Sekerlik sal 'n jaar of 2 meer as genoeg wees en behoort die "deeltydse roepjagter" (aspirant klink kras) maklik 'n beoordeling of 6 te kan bewerkstellig met 'n beroepsroepjagter? Die tydelike jagter behoort ook 'n praktiese evaluasie te kan reel met instansie of iets om homself te toets.
Self reken ek dat as die tydelike roepjagter 'n aanbeveling van beroepsroepjagter om homself te gaan toets by een of ander toetssentrum dit 'n eenvoudige metode te wees?
Om dan 'n as 'n deeltydse "roepjagter" te kwalifiseer sal 'n kursus of 2(natuurlik deur die protokol erken) seker genoegsaam wees tesame met uitrusting-inspeksie.
Om roep permit te mag bekom behoort die permithouer/-aansoeker dan 'n as deeltydse roepjagter te moes kwalifiseer.
Wetie, julle geleerde manne moet maar se^, ek bly eenvoudig in die verband.

Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Probleemdier jagter protokol
More
Moet ons nie bo begin nie?
Wie en wat gaan die "paneel wees"?
Wat gaan hulle magte wees ?
Gaan dit deur wetgewing ondersteun word of vrywillig?

- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
As ek tone trap looi maar.
Die volgende vrae kom onwillekeurig by my op:
Wat is die werklike beweegrede vir so 'n aksie/stelsel van organisering en wat wil ons daardeur bereik.
Wie van die betrokkenes gaan vir die "proses" en die instandhouding van die "stelsel" betaal of wie vind dit so belangrik dat hy/hulle nie anders kan as om daarvoor te betaal nie.
Is dit:
Ge-organiseerde Landbou? (Weens hulle posisie in die ketting)
Alle boere oor die land? (Wat die direkte en prim?re voordeel daaruit gaan trek)
Die profesionele Roepjagter? (Wat 'n "lewe" daaruit probeer maak)
Die aspirant roepjagter? (wat miskien idilies daaraan dink om 'n lewe daaruit te probeer maak)
Die Staat? (Wat sekond?r uit verhoogte belasting sal baat weens verhoogde produksie)
Die bewarings-owerhede Privaat of Staat? (Om hulle plig tov die beskerming van biodiversiteit na te kom)
... en so kan ons aangaan.
Nie een van bogenoemde is werklik lus om daarvoor te betaal nie al is dit ook direk of indirek hulle verantwoordelikheid. As iemand al so 'n brandende behoefte daarna gehad het sou iemand al ingespring het?
(In beginsel hou ek nie van reels vir verantwoordelike mense nie)
Net my paar gedagtes
Groete
JAS

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Sal ok antwoorde op Jassie se vra wil hoor, en ook wie wil eintlik voordeel trek daaruit
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Ek het die gesprek begin op aanvraag van die PMF (Predator Management Forum - verteenwoordig deur verskeie Landbou organisasies waarvan die NWKV die seketariaat is). Ek het 'n paar gedagtes daar geplaas om die gesprek aan die gang te sit.
Dankie vir die ouens wat reeds gedagtes op skrif geplaas het.
Ek gaan 'n bietjie duiwels advokaat speel of sal ek se^ my eie gedagtes of denkrigting.
Eerstens sal die protokol daar wees om die jagters te beheer en minimum standaarde daar te stel vir roep-nagjagters. Tweedens is dit om die owerhede te paai (veral die Weskaap) dat ons aan minimum standaarde voldoen, en sal daar dan net aan daardie ouens permitte uitgereik word om te jag.
In die 17 jaar wat ek kursusse aanbied kan ek met alle eerlikheid se^ dat geen kursus 'n leek of iemand wat nog nooit geroep het 'n goeie jagter of roeper sal maak. Die inligting is net te oorweldigend en is roep 'n fyn kuns wat oor 'n tyd aangeleer word. Kursusse, in my opinie, is baie meer waardevol vir ouens wat reeds 'n tydperk lank roep om die fynere kunsies en ervaring van ervare jagters aan te leer. Roep het ook die aspek van instink of aanvoeling wat die verskil tussen 'n goeie en uitstekende jagter maak wat net met baie bloodstelling ingeskerp word. Daar is genoeg leesstof dat ouens hulle self voor die tyd kan opskerp om te sien wat om te gebruik waar om te staan en dan ook wat om te roep en hoe om te roep. Baie min word geleer met 'n jakkals wat inkom en geskiet word. Dit is eers wanneer jy sukkel met 'n jakkals of die jakkals misskiet dat jy iets leer.
Wat is dus my punt - eers nadat jy gaan roep het sal jy begin leer. Die grootste enkele faktor in die roep en skiet is die skiet of sal ek liewer se^ raakskiet afdeling. Enige persoon kan 'n roeper aansit en 'n jakkals inroep maar dit is nie enige persoon wat 'n jakkals konstant op 350m sal raakskiet nie en is dit die belangrikste. Die jakkalse word nie slim gemaak deur hulle te roep nie maar mis te skiet.
Ek het 'n kleintjie-dood in regulasies wat deur die vrye mark beheer word, of wat agv verkeerde aannames as feite beskou word en dan word hardwerkende jagters met admin gekortwiek en aan permitte onderwerp wat onnodig is en hier verwys ek veral na die Weskaap. Ek is oop dat enige iemand van my kan verskil of kritiek lewer.
My vrae is dan ook die volgende:

- Wie wil wie beskerm, indien jy 'n slegte jagter is sal die vrye mark stelsel jou baie gou uitskop/uitsorteer. Dit is nie nodig dat die jagters gereguleer word nie. Jagters wat gewoonlik akkreditasie voorstaan is ouens wat bang is vir sy eie jagplekke of dat ander ouens sy jagplek sal kom opneuk. Indien jy jou kliente die regte- en voldoende diens lewer sal ander nie inkom om dit kan opneuk nie.
- Geen boer kan of mag verbied word om op sy eie grond sy eie skade te beheer nie of selfs om iemand in te kry om dit te doen nie.
- Jakkalse en rooikatte is nie bedreig nie en sal nooit raak nie so dit is verregaande dat jakkalse en rooikatte groter beskerming kry as baie ander diere net omdat daar persone is wat verkeerde aannames maak en dit as feit beskou.
- Wie wil wie beheer - Hoekom moet roep en skiet aan permitte gekoppel word. In areas soos die Ooskaap waar nagjag misbruik kan word om bv. Koedoes te poach dink ek dit is belangrik.
- Wie trek voordeel ten koste van wie - Verder word daar van die jagter verwag om die navorsing te doen vir die owerhede. As die jagter die hele nag gejag het is hy nie lus om nog jakkase oop te sny na 'n lang nag se koue nie. Die persone of instansies wat die inligting wil bekom is baie welkom om 'n persoon op hulle koste te stuur om die navorsing te doen.
- Laaste - is dit werklik nodig om 'n protokol daar te stel, die vryemark stelsel werk nou al vir die laaste 15 jaar en moet ons nou omdat die Weskaap begin het met permitte skielik opgee. Sover is dit net een provinsie maar ons gee so gou in dat dit nie lank is nie dan word almal aan permitte gekoppel.
- Geen provinsie het die mannekrag om die wetgewing toe te pas nie en veral wette wat op verkeerde aannames gemaak is sal moeilik in die hof staan
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Probleemdier jagter protokol
STEM SAAM..
REEDS JARE AL BEWYS DAT DIT NIE WERK AS NIEMAND DIT KAN BEHEER NIE.
EN NIEMAMD WIL VERANTWOORDELIKHEID NIEEM NIE , WANT DIT OMVAT VERVAT BEVAT TE VEEL DETAIL .
IN KORT N KITE WAT NIE MAKLIK SAL VLIEG NIE...
JACQUES
MAAR DALK MOET N BEWUSMAKING VIR BOER GESKEP WORD OM TE LET DAT JAGTER DAREM MET MINIMUM TOERUSTING EN SO BASIESE KENNIS HET VAN PROBLEEMDIER BEHEER..?
EK WEET DAT DAAR MANNE OP N PLAAS OPDAAG MET N KAR EN AANSPRAAK MAAK DAT DIE BOER DIE BAKKIE EN SKIETRAAM/STOEL VERSKAF EN SOMS NOG LIGTE EN ROEPER OOK...WOEFIEPOEFIE!!!!
SOMMER OOK NET SO AANLAS DEELTJIE

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Ek sit met gemengde gevoelens rondom hierdie een.
Aan die een kant ondersteun ek ook die idee dat daar minimum vereistes gestel moet word waaraan voldoen moet word, ek voel ook dat 'n Probleemdier Jagter darem opleiding moet deurloop het en dat soos Jacques ges? het die jagter oor 'n "toolkit" moet beskik wat die minimum toerusting insluit.
MAAR
Aan die anderkant van die munt - en hier praat ek net uit persoonlike ondervinding - meeste boere is goedhartige ouens, maar ongelukkig ook nie te bereidwillig om hul hardverdiende geld aan iemand te oorhandig nie. Wat nou gebeur is dat die manne enige iemand wat s? hy wil of kan jakkalse skiet toelaat om by hom te skiet - die manne skiet dan normaalweg verniet en dis waar die probleem inkom - enigiemand hou van "verniet" goed.
Wanneer die jakkalse klaar roep, lig en skiet voos is word 'n profesioneel ingeroep om die kaiangs uit die vuur te krap.
Sou daar so 'n "body" op die been gebring word sal ons eerstens moet begin om met ons boere te werk, daar sal regtig 'n houding swaai moet inplek gekry word alvorens iets soos die suksesvol kan wees.
Die manne wat die pad gaan stap om hierdie aksie aan die gang te kry, alle sterkte aan julle(ons) - dit gaan 'n lang harde styd wees. Die wit afrikaner is in afrika oor hy hardkoppig is en hy nie daarvan hou om voorges? te word nie.

Dont tell me, show me......
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Probleemdier jagter protokol
Heinrich
Met die koms van die SPITFIRE het die "roep" van jakke 'n sport/sports geword teen R2400
Vroeer moes jy deur klomp moeite gaan om 'n werkbare roeper te bou en onderhou.
Dit was meer die erstige manne wat dit gedoen het.
in my distrik is daar omtrent nie 'n boer wat nie een het nie.
Soos jy se dis sy grond en sy reg om sy goed te beskerm.
Is die koeel nie klaar deur die kerk nie???

- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Probleemdier jagter protokol
Ek het net so vragie nou.
Wat nou van die "Nie Voltydse" jagters wat al kursusse gedoen het en al paar kliente het wat jy 'n diens by lewer.
Gaan daardie boer wat gelukkig is met jou diens wat jy lewer omdat sy lammer aanwas mooi geklim het al regtig iemand anders toelaat om op sy plaas te jag? Ongeag of die jagter deur die stelsel "getoets" is of nie, die boer ken sy jagter en hulle het al 'n goeie verhouding opgebou.
Gaan die boer hom steur aan die storie? Ek dink amper nie so nie.
Is maar net iets wat ek oor wonder.

.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- roux cf
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Manne,
Ek gaan dalk nou n paar tone trap, maar dan sal ek die slae vat.
Ek jag by n paar kliente wat baie gelukkig is met my diens.
Ek beskou myself glad nie as n pro nie, my +ndervinding is nog te min,
en ek wil en gaan nog baie van vlekkie se kind leer.
Grootste probleem wat ek met die protokol het is,
1: Wie gaan ons oplei?
Ek het 2 jaar saam met n jagter wat dit vir n lewe gedoen het gejag,
voordat ek toegelaat is om te begin jag.
My kursusse en toerusting moes ek op die moeilike manier
(Daarvoor gewerk) bekom.
Geen voltydse jagter gaan iemand soos ek vir n paar jaar onder sy vlerk neem nie!
Die senior manne in my distrik wil jou nie eers vir n aand saamvat nie!!!
Vraag: Waar pas n jagter soos ek, wat n goeie diens probeer lewer en geld daarvoor vra
om aan die lewe te bly, in die prentjie?
Groete
CF

Laat jou roer die praatwerk doen!!!
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Heinrich,Hoekom moet roep en skiet aan permitte gekoppel word. In areas soos die Ooskaap waar nagjag misbruik kan word om bv. Koedoes te poach dink ek dit is belangrik.
Ek gaan nou iets doen wat my persoonlik erg grief, en dit is om een sin uit 'n post uit te haal en daarop te antwoord eerder as die post volledig te antwoord, maar net omdat ek eerder die res wil herkou, want op die oog af lyk dit of ek daarmee saam stem.
Nag jag in die Oos kaap is klaar aan permitte gekoppel. EC Natcon ryk hulle uit, daar word na jou uitrusting, vermoe en kliente gekyk, en veslag op die einde van die jaar moet aan hulle verksaf word. (In an ideal world). Die jagter is ook veronderstel om 'n magtigings brief van die boer in sy bakkie te he, wat op aanvraag getoon moet word.
As die hudige wette net toegepas word, is daar al klaar totale beheer, nou hoekom moet daar nog reels en regulasies wees wat ook net nie toegepas gaan word nie, net om iemand se ego te streel.
(Edited for spelling)
Last edited by Mac on Wed Aug 15, 2012 11:22 am, edited 1 time in total.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Ja manne
'n Wors het ook 2 ente.
Wil ons die jagter beskerm of die kleinvee bedryf?
Ek boer en het nog nie werklik probleme van katte en jakkalse gehad nie. Hierdie jaar is die storie so bietjie anders en kry ek nou vee(lammers en ooie) wat onder die roofdiere deurloop.
Waar kry ek 'n roep-/slagysterjagter wie bekwaam is om my probleem aan te spreek sonder om my met groter probleem te los?
Mooiloop
'n Wors het ook 2 ente.
Wil ons die jagter beskerm of die kleinvee bedryf?
Ek boer en het nog nie werklik probleme van katte en jakkalse gehad nie. Hierdie jaar is die storie so bietjie anders en kry ek nou vee(lammers en ooie) wat onder die roofdiere deurloop.
Waar kry ek 'n roep-/slagysterjagter wie bekwaam is om my probleem aan te spreek sonder om my met groter probleem te los?
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Taffie, wat jy hierbo s? is die kruks van die saak, sou ek reken.tafjak wrote: ... Waar kry ek 'n roep-/slagysterjagter wie bekwaam is om my probleem aan te spreek sonder om my met groter probleem te los? ...
Indien 'n proses voortgaan om 'n minimum standaard vir roepjagters daar te stel, dink ek die klem moet l? op minimum. Ek dink dis goed as 'n boer 'n jagter wil kry, dat hy weet waar om verantwoordelik te begin soek. Die "vrye mark" het steeds sy plek en sal steeds die swakker jagters van die goeies skei met tyd. As ek aan die hand van 'n voorbeeld, die eerste 3 toetsbare fasette wat ek genoem het kan verduidelik:
1. Teoretiese kennis toetsie: (so paar moontlike vragies)
- Wanneer kry jakkalse meer waarskynlik kleintjies, in April of in Augustus?
- Paar jakkalse waarskynlik eerder in die winter of die somer?
- Waar of Vals. 'n Jakkalsteef sal waarskynlik deur meer as een reun gedek word as sy op hitte kom.
- Waar of Vals. Dit is verantwoordelike praktyk om 'n jakkals, windaf van jou, te probeer inroep.
Ens. Geen moeilike tegniese goed nie om jagters te probeer vasvra nie, maar eerder basiese dinge wat enige jakkalsjagter behoort te weet. So 15 of 20 punt toetsie is in my opinie voldoende.
2. Toerusting
Het die man darem 'n diensbare jagbakkie met skietstoel?
Voldoen sy ligte, kaliber geweer, teleskoop ens. aan die minimum standaard. Dit hoef mos nou nie die duurste en beste op die mark te wees nie, maar iewers is daar mos 'n afsnypunt waar toerusting onverantwoordelik begin raak, om te gebruik vir roepskiet.
3. Prakties
4 uit 5, 5 duim deursnee gonge of jakkalsteikens tussen tussen 80m en 200m raakgeskiet uit sy skietstoel.
Indien 'n boer dan 'n jagter met so 'n "kwalifikasie" kies om te kom jag by hom, weet hy ten minste die man is nie heeltemal 'n leek nie. Wat georganiseerde landbou aanbetref, het ek net gedink dit sal goed wees as die organisasies saam met hul lede, mekaar aanmoedig om slegs jagters wat dan hierdie toetsie deurloop het, in diens te neem. Hopelik hou dit dan 'n paar roepskiet-kwakke en sportsmakers uit?
Miskien kan daar dan 'n meer gevorderde "kwalifikasie" of twee ook later bykom, waar die toetsies so bietjie moeiliker is, maar ek weet nie of dit eens nodig is nie.
Weet nie of die plan haalbaar of 'n goeie ding is nie, maar ek dink dit kan tog in 'n mate die boer help om 'n meer ingeligte keuse te maak as hy 'n jagter wil bespreek en hopelik sal die jakkalse dan ook met die tyd nie so heeltemal opgeneuk raak nie. Die idee is nie om enige jagter "uit" te hou of te verhoed om te jag nie, sou ek reken. Dit gaan vir my eerder daaroor dat so 'n roepskieter die heel basiese tegnieke, kennis en toerusting het.
Ek weet nie, goeie bedoelings het soms die manier dat suursop later daar deur loop, maar miskien moet ons nie te vinnig die idee heel afskiet nie? Hoop regtig nie dit raak 'n klomp moeite en 'n papieroorlog vir die jagters nie, dan moet die plan eerder gelos word.
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Taffie/Louis
Eerstens word hier na die pype van Weskaap natuurbewaring gedans. Permitte om jakkalse te skiet word uitgereik en is nou wet. Nou wil hulle verder gaan en net die ouens wat aan sekere vereistes voldoen toelaat om te jag, so die beginner doen 'n kursus en het moontlik die geld en kry al die toerusting nou kry hy papiere en die perd se naam is witwillem. Dit is die grootste klug. Dit maak van hom nie 'n bekwame roeperskieter nie. WORD OF MOUTH was nog altyd die beste, so boere praat. Almal behoort te weet waar om 'n goeie jagter te kry. Boere skep hulle eie grootste probleem indien hulle onkundiges toelaat. Maar iewers moet iemand begin ook. Ek was nog altyd 'n voorstander vir oop vir almal. Dit is deur daardie skool wat ek ondervinding opgedoen het. Ek se^ baie keer dankie vir die aande wat ek omgesukkel het al is dit hoe frustreerend vir die jakkals wat ander skelm gemaak het. Was dit nie vir hulle nie sou ek nooit die ondervinding wat ek nou het, gehad het nie.
Tweedens is die voorwaardes van so 'n aard dat jy moet deurgee, elke GPS waypoint waar jakkalse geskiet word, wat is die maag inhoud ens ens. Ek wonder hoeveel van die manne wat voorskriftelik wil wees weet wat dit verg om al die inligting deur te gee. Indien jy korrek wil wees moet die maaginhoud gewas en gedroog word. Sekeres is maklik ander baie moeilik. Ek is verseker dat min die regte feite deurgee so nog 'n klug. Indien die regte inligting gekry wil word stuur iemand wat die navorsing kan doen. Dit vat niks van jou as nagjagter weg nie en die regte inligting word deurgegee.
So die vraag is weereens wie wil wie beskerm en wat is die werklike doel hiervan?
Enige jagter wat sy sout werd is en wil vorder sal van die beste toerusting he^, sal die moeite doen ens,ens. Weereens die ou wat agterbly sal gou sien sy fonteintjie droog op want waar hy 'n nie-teiken dier skiet ipv 'n jakkals behoort die boer hom vinnig uit te sorteer.

Last edited by jaracal on Wed Aug 15, 2012 8:51 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Om die gevoel te toets het ek 'n Poll opgesit. So laat stem "count".
Groete
Heinrich
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Heinrich, ek verstaan wat jy s? en stem grootliks saam met jou. Al waar ek wil verskil is hier:
Dit is ook nie altyd so maklik om daardie "word of mouth" - jagter in die hande te kry as die nood groot is nie, want dit is mos hulle wat gewoonlik eerste vol geboek word. Dis dan wanneer daar na enige jagter gegryp word met die hoop dat hulle die boer se dringende probleem kan verlig. "Benoude katte maak benoude spronge", het oorlede Oom Gert Bergh altyd ges?.
Maar nou ja, die laaste ding wat ek sou wou h?, is om vir die roepjagter wat sy sout werd is, 'n onnodige klomp rompslomp op die hals te haal.
Mooiloop
Louis
Ons vergeet soms dat voor die hand liggende goed vir ons nie altyd so algemene kennis vir die boer is nie. In my omgewing het die oor grote meerderheid boere nie 'n benul waarna om te kyk voor hulle 'n jagter op hul grond toelaat nie. Die meerderheid boere het geen benul wat roep & skiet behels nie. Meestal verstaan hulle nie die strooi en skade wat die "sportsmaak jagter" kan aanjaag nie en baie keer sit selfs die buurmanne dan met deel van die gebakte pere. Die onkundige boere is eintlik die mense wat die opleiding moet ontvang (met alle respek), want dan sal daar met baie meer erns gekyk word na wie op hul plase toegelaat word om te jag. Maar daardie kite sal mos nooit vlieg nie, die weet ons.jaracal wrote: .... WORD OF MOUTH was nog altyd die beste, so boere praat. Almal behoort te weet waar om 'n goeie jagter te kry. Boere skep hulle eie grootste probleem indien hulle onkundiges toelaat ....
Dit is ook nie altyd so maklik om daardie "word of mouth" - jagter in die hande te kry as die nood groot is nie, want dit is mos hulle wat gewoonlik eerste vol geboek word. Dis dan wanneer daar na enige jagter gegryp word met die hoop dat hulle die boer se dringende probleem kan verlig. "Benoude katte maak benoude spronge", het oorlede Oom Gert Bergh altyd ges?.
Maar nou ja, die laaste ding wat ek sou wou h?, is om vir die roepjagter wat sy sout werd is, 'n onnodige klomp rompslomp op die hals te haal.
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Heinrich, ek dink dis baie moeilik om in bo-staande "poll" te stem voor mens nie weet wat die woordjie "beheer" behels nie. Wat die definisie daarvan is en wat die vereistes is waaraan voldoen moet word nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Louis, hier slaan jy darem die spyker ernstig op die kop en volgens my beskeie mening die probleem wat aangespreek moet word. Indien genoeg goeie jagters beskikbaar is voltyds of deeltyds sal baie van die probleme opgelos word. Indien die boere nie benoude spronge maak nie sal baie hartseer uitgeskakel word.Louis102 wrote: Die onkundige boere is eintlik die mense wat die opleiding moet ontvang (met alle respek), want dan sal daar met baie meer erns gekyk word na wie op hul plase toegelaat word om te jag. Maar daardie kite sal mos nooit vlieg nie, die weet ons.
Dit is ook nie altyd so maklik om daardie "word of mouth" - jagter in die hande te kry as die nood groot is nie, want dit is mos hulle wat gewoonlik eerste vol geboek word. Dis dan wanneer daar na enige jagter gegryp word met die hoop dat hulle die boer se dringende probleem kan verlig. "Benoude katte maak benoude spronge", het oorlede Oom Gert Bergh altyd ges?.
Beheer is onderwerp aan 'n permit, minimum standaarde ens.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Louis
Ja, "Benoude spronge" is waaragtig die antwoord. Self probeer ek in inligtingsessies aan Verenigings noem dat as die dinge sleg lyk moet jy maar 'n skootjie whisky vat by die kantoor en wanneer jy gekalmeer het moet die foon opgetel word en jy kundiges bel voordat wille besluite geneem word.
Mooiloop
Ja, "Benoude spronge" is waaragtig die antwoord. Self probeer ek in inligtingsessies aan Verenigings noem dat as die dinge sleg lyk moet jy maar 'n skootjie whisky vat by die kantoor en wanneer jy gekalmeer het moet die foon opgetel word en jy kundiges bel voordat wille besluite geneem word.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Probleemdier jagter protokol
Nou raak ek sommer vroegdag lekker opgewonde!!!!
Inligting aan die boere is beslis 'n, en dalk DIE belangrike sleutel. Afterall, hy sal die besluit moet neem.
En dis juis inligting wat 'n forum soos hier baie van het en boodskap draers is ook nie hier 'n tekort aan nie. Boonop is dit iets wat alle persone, professioneel en deeltyds mee kan inspring en 'n verskil kan maak- selfs die persoon wat nie jag nie maar 'n bydrae wil lewer.
Waar begin ons ek's bereid om te help?