Page 1 of 1

2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 10:18 am
by Magnus
Dag se vriende,

Ek boer hier in die noorwes met skape, ek bring egter my skape in 5 uur. Hulle kraal is so te se toegebou met n 3 m muur + is daar daai lemekies draad plus ekt nou klokke aan die hek en draad vas gemaak die kraal is so 100m van my huis af.

Ek sukkel dus ook met jakalse in die nag maar hulle het net 2 bene. Hulle vat somer 5 na 10 oie op n aand en mens sien hulle nooit weer nie. Ek is bang om hulle voortele en wag want ek SAL hulle skiet as ek hulle kry! En mens kry nie permitte om hulle teskiet nie. En die tronk is nie waar ek graag wil slaap nie.

enige advies asb.

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 10:28 am
by Beretta
Magnus
Jy moet kameras opsit jy sal hulle mooi vang
Beretta

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 10:28 am
by JK
Le hulle voor en skiet met haelgeweer wat met koring gelaai is, koring groei na n tyd en veroorsaak nogal erg ongerief ;D

90% van sulke gevalle is jou eie mense betrokke op een of ander manier.

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 10:33 am
by Beretta
Die verhouding is 80% personeel 20% ander jakkies in enige besigheid. Kyk maar mooi jou eie personeel steel die meeste.
Beretta

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 10:34 am
by Gerhard
Beretta wrote: Magnus
Jy moet kameras opsit jy sal hulle mooi vang
Beretta
+ 1

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 10:44 am
by Magnus
Ja ek is bewis dat dit dalk n inside job is. Ek dink nou ook aan kameras en beams.

Die probleem wat ek het me die voorle is mens weet nie waneer die #!$# kom nie en ek is nie n rekkie wat elke aand in die veld kan le en wag nie.

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 10:59 am
by Cz_apie
Magnus wrote: En mens kry nie permitte om hulle teskiet nie.
;D ;D dis hier waar die probleem l? ;D ;D   

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 2:34 pm
by Spanner
SSS
Shoot, Shovel, and Shut up...

Sterkte daar, dit maak 'n man mal.

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 3:16 pm
by Wismit
1) Sodra jou "mense" weg is na werk gaan sit gou `n paar lekker groot, sterk slagysters (gin-traps) uit vir regte jakkelse.

2) Ek het ook al gehoor jy kry een of ander draad of yster strik wat bene sommer mors af kap as ou jakkels die tripwire trap.

w.s

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 3:33 pm
by Zack Benade
Sit 'n KFC rouder wat gedokter is vir hulle neer.  Hulle kan nie KFC uitlos nie. ;D ;D ;D

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 3:44 pm
by Magnus
Ek oorweeg ok om n paar leeus om die kraal in n kamp te gooi, Maar dis net om hulle te voer... tensy die kos na hulle toe kom... ;D

Net hierdie week is dit kla R15 000.00 skade! Maak n man siek man! >:(

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 5:18 pm
by Henry 7
Maandagaand kom 1 van die boere op hulle af met skaap klaar gelaai-hy klim uit en hulle storm hom en hy in maag en arms gesteek-vat sy sel en sleutels en gee pad-hy moes 4 km huis-toe loop.Ek word gebel so na 10 en ouens vra dat ons paaie toemaak-ek saai uit op repeater en nie 1 in ons distrik antwoord nie-volgende dag het hulle baie stories soos hulle radio's nie reg ens.
Ek is so kwaad en teleurgesteld ek kan nie praat nie-wonder hoe hulle sal voel as dit hulle mense is en niemand doen die moeite om te antwoord om te hoor of hulle kan help nie!
Baie van hulle is my p?lle.
Ek weet ek gaan baie ongewild wees want ek het dit reguit in die openbaar ges? maar dit is die reine waarheid.

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 5:26 pm
by Beretta
Saul
Dit is nie goed nie waar was dit gewees. Iemand het my eenkeer vertel hulle het vir hom n brief gelos en vir hom gese sy skape is nie vet genoeg nie baie arogant die klomp.
Beretta

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 5:28 pm
by Kalahari
Saul

Dit is 'n baie netelige sakie by my ook, as jy die radio het sorg dat die ding werk, anders hoekom het jy die radio? Hier is in my omgewing ook manne se radio's wat nie "werk" nie, maar dan word daar weer geskarrel en lang trane gehuil as die veldbrande begin.
Darem nog nie die wetteloosheid soos in jou situasie hier in my omgewing nie, maar mens kan nie gerus wees nie, daar is altyd 'n eerste keer.
Sterkte

Kalahari

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 5:43 pm
by Magnus
Kalahari waar bly jy? Ek dink ek moet soontoe trek!

Hulle het so 2 weke terug n man voor my plaashek gehijack en hom vasgebing hier op my plaas. Hier ry ek ewe mooi deur my plaas en kom op die storie af!!!! Die boewe hardloop toe met gewere in die lug. Ek val plat en sit voet in die hoek met die bakkie (my water en ligte weg geskrik) gelukig het die polisie hulle gevang! Geen rondtes in die pistoole anders het hulle my vrek geskiet!!! Hier is dit leeu werld!!

Re: 2 been jakalse

Posted: Fri Aug 10, 2012 6:07 pm
by Kalahari
Magnus

Ek is in Soutkalahari, ooste van Nam, amper teen die Botswana/Gemsbokpark grensdraad, waar bookerol 2 meter hoog groei en jy 1 dagreis per bakkie van die naastedorp is ;D.
Soos ek gese het, mens kan nie te gerus wees nie, maar met die genade van Bo het sulke dinge nog nie hier gebeur nie. Kyk, die water is so sout dat die man wat nog nie vrek van die dors hier aankom nie, sal omkap as hy so gelukkig is om water by 'n dam of tenk te kry ;D
Harde wereld , maar mooi en lekker hier tussen die duine.

Mooi loop

Re: 2 been jakalse

Posted: Thu Aug 30, 2012 11:33 am
by Horse master
Magnus....

neem n nuwe werker in diens en voor hy plaas toe kom belowe jy hom n mooi desember bonus aan as hy die inboorlinge infiltreer en opgee...
Kyk somer uit vir n zimbabweer as jy kan, hulle verstaan so biki van ons wiskunde......land-witman=niks werk, niks kos, niks geld, net plein niks...