Page 1 of 1

Barns TTSX rondlopers

Posted: Thu Aug 09, 2012 2:20 pm
by Marc
Dagse Manne

Baas Wout, Wicus, hier is die opvolg na aanleiding van ons vorige gesprek oor die TTSX'e wat nie wil reguit hardloop nie.

Die roer is soos volg:

Musgrave RSA in 30.06
Twist rate van 1:10
Loop lengte van 26"

PMP doppe met H2O van vuurformde doppe wat  68.6 grain
Lengte wat doppe terug trim is 63.2 mm
TPL van 88.4mm met 'n 0.3mm jump
S 355 55grain met spoed van 3020 gemideld
cci 250 slagdoppies
Koe?l is 150 grain Barns TTSX

Quote myself : "Van albei die grooter bokke wat ek gejag het, Waterbok en Gemsbok, het die koe?ls nie na wense presteer nie. Spoed is redelik vinnig by 3000 ftps. Die vleis skade is aansienlik en op albei die diere het die koe?ls nie reguit pentreer nie. Op die Waterbok, so 104 tre?, is hy in op die linker blad en moes agter die regter blad uitgaan, heelaas sit ek met 'n uitgangs wond in die laer nek Op die Gemsbok, so 120meter, was die skoot op die linker blad en moes op die regter blad uitgaan, plankdwars, raai wat, die uitgangs wond sit op die regterkant van die bok se skof Met die Barnse wat so die hele vol wil hardloop maak hulle baie meer vleis skade as wat nodig is"

Ek is nie die beste sketser onder die son nie, so wees tog maar genadig  ;D ;D ;D

Waterbok

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/WaterbokBoaansig.png

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Waterboksyaansig.png

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Waterbok3.jpg

Die ingangs wond op die skouer, die skapula is getref en daar het chaos geskied van daar af binne toe, let op die groot ingangs wond na die borskas.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Waterbok1.jpg

Die longe was sat van al die been vragmente gewees, let op dat die koe?l 90 grade gedraai het nog voordat die oorkantste ribbes gstref is.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Lepalala%202012/IMGP4315.jpg

Die uitgangswond aan die laer nek. die koe?l is onder die vel gevind en het letterlik op die grond geval terwyl daar geslag was.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Waterbok2.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Lepalala%202012/photo0099.jpg

Dan die Gemmie van vroulief wat ek ook een gegee het net vir ingaval hy wou v?r hardloop.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Gemsbokboaansig.png

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Gemsboksyaansig.png
Die kolletjie agter die skouer waar die ingangs wond sit aan die oorkantste sy, die uitgangswond is gemerk op die skof.
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Gemsbok.jpg

Ek het ongelukkig nie foto's kon neem van die vleis skade nie, aangesien die bok op 'n ander perse?l geslag en gebreuk is. Die skour is mooi getref waar die kop en pootjie sit en van daar is die koe?l 90 grade na bo gedraai waar dit al langs die skapula beweeg het. Die skapula is mooi in twee gedeel en die regter blad was totaal en al gemors.

Ek weet nie, maar dit is glad nie wat ek van Barns verwag het nie. Die Hornady Interbonds wat ek al jare uit my nul kwes gooi het nog nie eenkeer so gemaak nie. Ek wil amper s? die Barns het my "gefail" hulle het glad nie na verwagting penetreer nie en vleis skade is masief. { Al is dit al die been vragmente se skuld}

Gooi maar julle komentaar, ek luister graag.

Mooiloop
Marc

Re: Barns TTSX rondlopers

Posted: Thu Aug 09, 2012 5:16 pm
by Frederik
Marc ek het al ook so slegte ondervinding gehad met 'n waterbok bul maar met 'n Swift A frame ook 90 grade gedraai toe hy die Skapula gevang het nie eers die blad gepenetreer nie en uit voor by die nek.

Maar moet se nog nooit sulke snaakse goed uit Barnes gesien nie.

Re: Barns TTSX rondlopers

Posted: Thu Aug 09, 2012 9:43 pm
by Gerard
Marc, het jy die spiraal van daardie geweer persoonlik gemeet of bygestaan toe dit gemeet is?  Dit is 'n 30 kaliber op 'n RSA aksie en daardie gewere was almal stadiger as 10".  Die week wat verby weet ek van twee manne wat hulle data gegrond op dit wat vir hulle vertel is en albei was verkeerd toe die spiraal nagegaan is.

Re: Barns TTSX rondlopers

Posted: Fri Aug 10, 2012 11:59 am
by Marc
Gerard wrote: Marc, het jy die spiraal van daardie geweer persoonlik gemeet of bygestaan toe dit gemeet is?  Dit is 'n 30 kaliber op 'n RSA aksie en daardie gewere was almal stadiger as 10".  Die week wat verby weet ek van twee manne wat hulle data gegrond op dit wat vir hulle vertel is en albei was verkeerd toe die spiraal nagegaan is.
Oom Gerard

Ek het bygestaan toe dit gemeet was, deur 'n geweersmit in Vanderbijlpark. Ek is redelik seker dit was reg gedoen, het drie keer gemeet om seker te maak. Het wel 'n stuiwe lappie en skoonmaak stok gebruik en nie 'n spesifiek geboude "guage" nie. Daai lappies was lekker stuif gewees en die stok het mooi egalig gedraai.

Dit gaan seker nou uitdraai soos toe ek Ludwig die TPL van my geweer gee vir QL en na ek sy aanbevole manier van meet gebruik is daar 'n aansienlike verskil in die twee mates :-[

Hy verrig wonders met die 150gr Interbonds, so behoort darem redelik te kan doen met 150gr Mono's  ??? ??? ???

Re: Barns TTSX rondlopers

Posted: Fri Aug 10, 2012 12:00 pm
by DWB
Marc,

Ek kan jou nou al s? wat die ander gaan s?, hoe lank is die twee koeels teenoor mekaar?

Die Barnes is HEELWAT langer?

Re: Barns TTSX rondlopers

Posted: Fri Aug 10, 2012 12:15 pm
by Marc
DWB wrote: Marc,

Ek kan jou nou al s? wat die ander gaan s?, hoe lank is die twee koeels teenoor mekaar?

Die Barnes is HEELWAT langer?
Ek het daai ook sien kom, maar hy doen tog goed met 200 grainers wat ook lank is  ??? ??? ??? ??? Nou hoe nou  :-\ :-\ :-\

Re: Barns TTSX rondlopers

Posted: Fri Aug 10, 2012 2:08 pm
by Wouter Roets
Marc

Die meet metode wat julle gebruik het is verseker nie die akkuraadste nie maar wanneer dit reg gedoen word sal dit nie sommer n 1:10 meet as dit n 1:12 eintlik is nie.

Kom ek se sommer reguit dat die scapula van n groot dier die meeste koeels se moses is. Monokoeels slaan nie sommer vas en stop teen hierdie been nie tewyl bonded koeels dit baie keer doen sonder om verder te penetreer. So met swakker konstruksie koeels sien jy nie altyd hierdie resultate nie want die koeel kom heeltemal tot stilstand teen hierdie been. n Mens moet baie momentum he(spoed x gewig) om hierdie spesifieke been te breek EN nog in n reguit lyn te penetreer. Baie groter kalibers vermag dit nie eers nie.

Onthou daai ronde vorm van die been is defleksie van n koeel se kos en is ook nog ontsaglik hard om alles e kroon. daai been hoef nie veel terug te staan vir tande nie wat die meeste van ons ook weet baie hard op koeels kan wees. Manne wat baie oeswerk doen sal vir jou se hoe baie n bok wat so in die tande van voor geskiet is n tweede skoot nodig het!

Se bietjie vir my hoefeel keer jy al die scapula raakgeskiet het met ander koeels. Dit is darem nie n ding wat elke dag gebeur nie! Ek dink nie daar is sommer n koeelvervaardiger wat daarop kan aanspraak maak dat hulle produk 100% in n reguit lyn sal presteer nadat dit die scapula getref het nie! Beskou jouself as ontsettend ongelukkig om dit twee keer na mekaar oor te gekom het. Koop maar gerus n lotto kaartjie, ek dink jou kans is beter om dit te wen as om dit sommer weer reg te kry! ;D

Groetnis
Wout

Re: Barns TTSX rondlopers

Posted: Sat Aug 11, 2012 9:00 pm
by Marc
Heheheeee Baas Wout, ja nee

Moet bieg dat ek nie kan onthou van een jaar waar ek tweekeer sulke skote moes oorkom nie. In teendeel ek kan seker op een hand tel hoeveel ander scapulas ek geteref het in my jag loopbaan en dan natuurlik was hulle almal op Spring en Blesbokke, aansienlik "ligter" as Gems en Waterbok. Ek het net regtig verwag van die, aansienlik beter koe?l, om aansienlik beter te reageer  ;D

Ek kan onthou soos gister nog 'n Gemsbok wat ek met IB op so 100 tre? albei sy voorbene mors af geskiet het en daai punt het 100% reguit penetreer en 80% gewig behou, ek het beter van die Barnse verwag  :-\

Ek het nog 200 van hulle in die kluis en sal hulle opgebruik, ek sal net my skote bitter mooi kies i.p.v. om te vertrou op die koe?l om al die werk te doen  ;)

+100 vir die feit dat daai Barns nog soos 'n Barns lyk na daai ompad en al sy weerstand oorwin oppad soontoe  8)  Hy kos my ongelukkig net heelwat vleis  >:(

Mooiloop
Marc