Barnes 100 gr TTSX: 25-06: Jagveld en Skietbaan
Posted: Thu Aug 09, 2012 10:49 am
'n Kollega wat mede-eienaar is van 'n plaas naby Lindley in die Vrystaat, nooi my toe uit om 'n Blesbok te kom jag. Aangesien my Ruger 25-06 VT met Leupold VX 3 8.5 - 25 x 50 LR Target teleskoop nog net diens gedoen het tydens SA Jagters skietdae en kompetisies, besluit ek toe om hierdie geweer jagveld toe te vat. Ek het goeie resultate behaal met 100 gr Sierra Matchking koeels, dus besluit ek toe op 100 gr Barnes TTSX koeels vir die jag. Ek laai die Sierra's met 52 gr
S 365 in Winchester doppe en CCI BR2 primers, en besluit toe om net so vir die Barnes koeels ook te laai. Ek het onder die topic "Herlaai data 25-06 Remington" gelees dat SS goeie resultate met dieselfde kombinasie behaal het, met die koeels teen so 3300 vt/s. Dankie vir die info SS!
Eerste stop was toe by Irene Skietbaan waar ek die onderstaande groep geskiet het:
https://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/100grBarnesTTSX25-06.jpg
Tweede stop was Blue Gum Valley Skietbaan se 300 m baan om die trajek op 200 m en 300 m te bepaal. Die oefening het bevestig dat die target turret 8 klieks opgestel moet word vir 'n 200 m zero, en 'n verdere 6 klieks vir 'n 300 m zero.
Derde stop was die plaas Patrollievlei, Saterdag 28 Julie '12. Die plaas het golwende terrein met 2 mooi spruite met 2 mooi watervalle, en water wat nog loop laat in die winter. My kollega het aangedring dat die jag op die voet plaasvind, waarmee ek nie 'n probleem gehad het nie. Na ongeveer 3 1/2 ure in die veld, het 'n ram 'n skoot gebied op 'n geskatte 200 m: die ram het weggekyk van ons, dus sou die skoot in die lies, deur die pens geskiet moes word met die anderkantste blad as mikpunt. Die tref van die koeel was duidelik hoorbaar en die ram het nie verder as 'n geskatte 30 m gegaan voordat hy geval het nie. Daar was geen uitgangs wond nie, en die koeel kon net onder die vel op die blad gesien en gevoel word.
Hier is foto's van die herwonne koeel en 'n koeel uit die boks:
https://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/IMG_7865.jpg
https://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/IMG_7867.jpg
Die koeel het van 'n 6,49 mm diameter omgeklink na 13,27 mm gemeet op die breedste diameter.
Aangesien ek nog heelwat patrone oorgehad het, het ek besluit om die Barnes koeels te skiet tydens Oosrand Tak van SA Jagters se skietdag wat op Saterdag 4 Augustus '12 op Rooikraal Skietbaan gehou is. My telling op die springbok ( 300 m en 200 m) was 230/270, en my telling op die jakkals (300 m) was 120/150. 80 % was en is vir my nog altyd goed genoeg.
Die Barnes 100 gr TTSX koeels het hul kant gebring in die jagveld en op die skietbaan.
Groete
Joe