waterbok

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: waterbok

Post by tripodmvr »

Vleis van waterbok is volgens 'n vriend van my nie sleg nie.

Met afslag moet een persoon die sny werk doen en een of twee ander moet die vel weghou van die karkas. Die olierige afskeiding moet dus glad nie aan die vleis raak nie. Nou word geen onwelkome geur aan die vleis oorgedra nie. In kort kom dit neer op 'n streng skeidingsproses.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: waterbok

Post by Wouter Roets »

Pieta

Jy kan hom maar klits. Sy vleis is regtig lekker. Soos driepoot se is dit baie belangrik dat die buitekant van die vel geensins raak aan die vleis nie. Drie slagters is n minimum. Twee wat die vel mooi weg hou van die vleis. Sny ook die pote hoog af teen die gewrig. Hy het kliere op sy onderkant van sy bene. Doen dit eerste.

Vat ook jou tyd met die afwas van die karkas NADAT jy hom geslag het. Haal die pens/binnegoed  ook uit NADAT die vel afgeslag is en nie voor die tyd soos die normale gebruik nie. Dit is ook om te keer dat die olie op die vel nie meng met die vleis nie.

Doen hierdie voorsorg maatreels en jy sit met prima vleis. Die ander reels geld ook met waterbok. Moet nou ook nie die oudste bok skiet nie!

Groetnis en geniet die jag.
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: waterbok

Post by VdWalt »

;D Hoe lyk die renosters .... enige iets wat die moeite werd is?
Post Reply