Waar kan ek n' mooi rietbok jag?

Post Reply
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Waar kan ek n' mooi rietbok jag?

Post by Dimitri »

Hi Almal

Kan iemand my dalk na n' plaas in die KZN Midlands verwys waar ek n' mooi rietbok trofee kan jag? Ek doen nou al my navorsing vir n' jag volgende jaar maar ek sukkel to dusver om n' lekker plek te vind.

Ek weet Hamish Skead ken rietbokjag baie goed en kry mooi trofees vir sy kliente. Ek was al in kontak met Hamish maar ek stel nie belang om by sy (baie mooi lodge) te bly en dan elke dag na verskillende konsessies te ry om n' mooi trofee op te spoor. Ek weet dit gee jou dalk die beste kaans maar ek wil nie so rondry nie. Ek wil jag op die plaas waar ek bly. Ek wil dat my vrou en kinders ook kan kom kyk waar die bok geval het en dat ons saam n' paar fotos kan neem. Ek wil nie 65km ver van my famielie wees nie, op n' ander konsessie.

Ek dink Hilton Sanders werk ook baie dieselfde as Hamish.

'Sal dit baie waardeur as iemand my na n' mooi KZN Midlands plaas kan verwys waar ek kan walk & stalk en wat famielie-vriendlike akommodasie het.

Baie dankie

Dimitri
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Waar kan ek n' mooi rietbok jag?

Post by Foxcreek »

Bel vir Brett Moller by nul 8 drie  65nul 27vyf 4. S? hom jy het sy nommer by my (Henk) gekry. Hy is in die Kamberg en het mooi rietbokke en elande, met 'n lekker blyplek.

Jy kan ook vir Worshond van die forum kontak.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
Sarge
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Tue Jul 17, 2012 2:45 pm

Re: Waar kan ek n' mooi rietbok jag?

Post by Sarge »

Hi daar, ek sal self ook die nr bel. Ek was 14 dae gelede by Hilton en kon niks kry nie - weer sleg en baie geloop. Het seker 12 bokke gesien, drie ramme maar nie skietkans nie. Aldus Hilton was die horings ook onder 13 dm. Moet s? my lus is bietjie geblus na die avontuur - het hulle groter gedink. Wat se geld praat die ander manne van ? Laat wees my ook asb. Groetnis. Sarge.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Waar kan ek n' mooi rietbok jag?

Post by Dimitri »

Foxcreek wrote:

Bel vir Brett Moller by nul 8 drie  65nul 27vyf 4. S? hom jy het sy nommer by my (Henk) gekry. Hy is in die Kamberg en het mooi rietbokke en elande, met 'n lekker blyplek.

Jy kan ook vir Worshond van die forum kontak.
Baie dankie, Henk. Ek sal vir Brett bel.

Groete

Dimitri
Post Reply