Page 1 of 1

volmaan

Posted: Thu Aug 02, 2012 12:50 pm
by johans
kan ek roep met volmaan,as ek dalk my speaker verder uitsit en die bakkie mooi toemaak of is dit tydmors?weet ek moet dalk wag tot volgende week maar dis n krisis,jak vang elke 2de aand ???

Re: volmaan

Posted: Thu Aug 02, 2012 12:53 pm
by BLOK
Jy kan maar volmaan jag, soos jy se maak net die bakkie mooi toe en dan moet nie so baie dim soos gewoonlik nie. Jakkals kom gou agter as jy te veel dim in volmaan en as jy hom dan nie skiet nie het hy nou ligsku ook nog geword.

Sterkte

Re: volmaan

Posted: Thu Aug 02, 2012 12:54 pm
by Geno
Volmaan kan werk ja.
Hierdie is in Mei geskiet in die volste volmaan.

http://jaracal.com/index.php/topic,10867.0.html

Re: volmaan

Posted: Thu Aug 02, 2012 2:03 pm
by johans
lekker om van die manne te hoor wat weet,ek gaan vanmiddag probeer wa ek dink hy bly en vanaand daar naby wa hy vang

Re: volmaan

Posted: Thu Aug 02, 2012 3:42 pm
by Gerhard
Looi hulle.

Ek roep weer Saterdag aand.

Ek het baie jakkalse al in vol maan geskiet.

Maak net seker jy dim nie te veel nie.

Re: volmaan

Posted: Thu Aug 02, 2012 4:42 pm
by johann
Johans, hoop jy kry die ou skademaker!

Groete Johann

Re: volmaan

Posted: Thu Aug 02, 2012 7:17 pm
by Blackie Swart
Johans my beste resultate het ek altyd op die helderste maan gehad. jy kan met n geruste hart maar gaan roep. Sterkte da.
Groete
Blackie

Re: volmaan

Posted: Sun Aug 05, 2012 6:42 pm
by Eardley
Het Donderdagaand n dragtige teef geskiet in die volmaan.Het my bakkie goed weggesteek met die Foxpro 80m onderkant my.Ek het na n staanplek gegaan waar hulle gewoonlik nes maak.Tafjak Distress het haar gou ingekry.Die reun is ook al verwyder daar.