Page 1 of 1
Watter "Fridge/Freezer" 12v/240v om te koop ?
Posted: Sat May 01, 2010 11:53 pm
by Christo
Ek het gedurende ons Myl 108 trip besef dat 'n Fridge/Freezer onmisbaar is. Ek wil graag een koop en wil nie 'n split-unit he nie. Ek kyk na die ENGEL 60liter maar wil graag hoor by manne wat yskaste het wat hulle ondervinding is en wat aanbeveel word. Ek het ook gekyk na die 80 liter Danfoss wat na 'n goeie produk lyk, weet net nie of hy lekker gaan pas nie.
Miskien is daar 'n "unwanted gift used only once" iewers wat my naam op het.
Gee asseblief julle idees en ondervinding hier sodat ek 'n ingeligte besluit kan maak.
Christo
Re: Watter "Fridge/Freezer" 12v/240v om te koop ?
Posted: Sun May 02, 2010 12:23 am
by Francois Marais
Christo
Ek het so n 60Lt Engel, BAIE vrede met hom, gebruik dit nou al 4 jaar lank op die PH jagte, nog nie n oomblik se probleme gehad nie. Myne het nog nie die digitale termometer op nie, maar ek sien die nuwe Engel's het wel, dis al wat ek op myne sou verander, ek het geen idee hoe koud die kas is nie.
Die plek waar ek myne gekoop het, het die verkoopsdame my te vertelle gehad sy kry beter navekope diens van Engel as van National luna, daarom was my keuse die Engel. Glo ook nie jy gaan n fout maak met National Luna nie, passop ma vir die ander onbekende make, weet van hulle wat BAIE swaar op krag is, trek battery soma nou-nou dood.
My 2c..........en bietjie ondervinding.
Mooi loop
Francois
Re: Watter "Fridge/Freezer" 12v/240v om te koop ?
Posted: Sun May 02, 2010 8:07 am
by Rooies
Christo
Ek kan maar net beaam wat francois s?, het my engel nou al 9jaar nadat ek my minus 40 ingeruil het op
hom en het nog nie n dag se probleme met hom gehad nie. Hy was permanent gemount agter in my bakkie
toe ek nog 4x4 trips gedoen het en het dit aanbeveel vir ouens wat wou yskaste koop.
As jy weer kaap toe gaan 4x4 mega world is gewoonlik jou beste opsie met prys en diens.
Francois
Kyk bietjie agter in die nuwe weg/weg sleep ek sien daar is n D I Y remote termometer wat jy in die kas sit en dan die meter in die lighter socket druk wat die temp as ook jou batt se volts aan dui.
rooies
Re: Watter "Fridge/Freezer" 12v/240v om te koop ?
Posted: Sun May 02, 2010 8:38 am
by DSBW
Christo
Ek het nou al so 9 jaar 'n National Luna, 'n 80 liter met die Fridge/Freezer split. Ek het aanvanklik baie met die ding gery, deesdae is hy maar eintlik net nog 'n vrieskas innie huis. Ek is heel tevrede, maar dit is my tweede een. Die eerste een het presies 'n week gehou, toe kraak die "housing" van die kompressor, kon gelukkig die agente oorreed om vir my 'n nuwe een te gee. Ek kan nie kla nie, maar ek moet met Francois saam stem, ek dink die Engel is nog die kortkoppie voor die ander, en beslis baie beter as van die minder bekende make.
Groete
Dawie
Re: Watter "Fridge/Freezer" 12v/240v om te koop ?
Posted: Sun May 02, 2010 2:13 pm
by Francois Marais
Rooies
Thanks, sal beslis bietjie gaan loer.
Mooi loop
Francois
Re: Watter "Fridge/Freezer" 12v/240v om te koop ?
Posted: Mon Jul 12, 2010 5:41 pm
by Piet Breedt
Francois
Al die goeie make, insluitend die Engel en National luna gebruik n Danfoss compressor. Die Danfoss yskas is dus ook baie goed, en gebruik ook baie min krag, soos die duurder ander 2. Hy is baie goedkoper, maar nie so goed afgewerk as die Engel, en veral die National Luna nie.
Ek het nou al 4 jaar n Danfoss 45 liter, en het ook n Minus 40 112 liter, wat sommer baie swaarder op krag is. Die Minus 40 is my Henties yskas waar mens baie ry, en batterye gereeld ge laaai word. Die Danfoss het my nog nooit in die steek gelaat, en ry sommer baie saam op my ander uitstappies.
Daar is geen twyfel dat die Engel en National Luna die twee top make is nie. Hier by ons is albei se diens blykbaar puik.
Re: Watter "Fridge/Freezer" 12v/240v om te koop ?
Posted: Mon Jul 12, 2010 9:19 pm
by Christo
Ek het toe 'n 60l Engel gekoop. Wat 'n plesier was dit nie. Behalwe vir die groot steenbras is al die ander visse in die freezer geweer binne 'n uur na hulle gevang was. Teen die tyd wat ons in die aand by die huis gekom het was hulle reeds lekker styf. Ek het ook 'n klomp van die blou friesblokke gekoop en hulle net omgeruil in die koelbox wat dan goed gewerk het vir alles wat koud moes wees maar nie vries nie. Yskoue bier gedrink.
Ek sal hom enige dag aanbeveel.
Christo