Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
As ek gevuurde doppe terugsit in my 223 maak die slot effe stram toe maar baie min. Sodra ek die doppe size en weer probeer maak die slot sommer heel stram toe. Ek kry dit met PMP doppe en in 'n mindere mate met Federal ook maar hulle is baie beter. Ek het die doppe al ge aneal maar dit maak beswaarlik 'n verskil
Peet
Ek het ook al agter gekom dat as ek my doppe gesny het en ek het al eenkeer vergeet om die burr af te haal dat hy ook nie lekker wou kamer nie
Beretta
Beretta, Ludwig hier is nou iets anders wat ek oplet.
Ek het begin meet soos aanbeveel is. Die doppe word langer as ek size. Het 2 gemeet 44.43 en 44.39 voor size en dan 44.55 en 44.60 onderskeidelik na size. Dop rek so .1-.2mm
Wat egte my oog gevang het is dat die skouers van die dop minder skuins is na size as voor die tyd. Dis amper aso die expander die skouer rek as hy deurgaan. Ek vermoed dat daai verlengde skouer die probleem kan wees
Enige opinies daar rondom??
O ja Ludwig die nekke se metaal is so rondom 0.3mm met slegs 0.02mm verskil op en af soos jy om die dop beweeg. PMP en Federal is baie naby aan mekaar.
Virgin PMP doppe is baie dieselfde.
Peet
Last edited by Pvdw on Wed Aug 01, 2012 8:21 pm, edited 1 time in total.
Gevuur nie gesize 6.47mm
gesize 6.21mm
Fedaral gesize 6.25mm
Gou jigg op draaibank gemaak en skouers gemeet waar dit die nek ontmoet. Sonder uitsondering is die gesizede doppe se skouers 0.17-.02mm terug gedruk teenoor die ongesizde doppe. Ek dink die dunner nek na size laat die skouer aners lyk.
Ek wil nou die gesizede doppe swart maak met 'n kers en kamer. Miskien leer ek iets daatuit
Duidelik die skouer wat lol. Waar die skouer en nek ontmoet op daai hoek sit die roet ng mooi swart maar die res van die skouer het geen roet meer op nie. Dis als mooi af en die dop blink amper weer daar. Gaan nou die jigg aanpas om ande plek op skouer te meet.
Doughnut dalk? Kyk bietjie of 'n koeel maklik in 'n gevuurvormde dop inval sonder dat hy iewers vassteek.
Val soos 'n tennisbal deur 'n drynpyp
Ek het nou jig aandepas en ek het 3 doppe gemeet voor size en 3 na size.
Ek meet nou op die skouer self so 1mm voor hy by die dik deel van die dop kom. Ek los egte nog 'n 6.5mm gaatjie vir die nek sodat hy mooi oplyn.
Al drie die gesizde doppe is presies dieselfde lengte. Die 3 wat ongesize is is 0.09, 0.12 en 0.11mm korter op die skouer. Die een wat ek met kers getoets het en in slot gesit het is 0.06mm korter as gesizde doppe omdat slot hom "gesize" het.
So nou weet ek dat die skouers nie reg terug druk nie Hulle word in werklikheid langer as die expander die deurgaan. Waarheen nou??
Peet
Last edited by Pvdw on Wed Aug 01, 2012 9:15 pm, edited 1 time in total.
Ek het al doppe gehad wat na tyd nie meer wou kamer of baie moeilik. Nadat die skouers terug gedruk was is die probleem opgelos en het hulle weer mooi toegemaak. Klink my asof jou probleem daar le.
SJ ek besef die probleem is by die skouer. Wat my dom maak is hoekom die skouer langer is na size as voor size? Ek gaan Ludwig se raad volg en so paar size sonder decap pin en expander ball. Dalk word ek iets wys.
Sal dit nie dalk help as jy die binnekant van die nekke met Lee lubricant smeer nie. Ek doen dit al baie jare sonder enige newe effekte dan glip daai exanderball baie maklik deur die nek
Peet ek weet dis nie die selfde as jou probleem nie maar lees die hele stuk van die begin af
Kliek net op my Quote en lees die hele stuk
Vlakvark wrote:
Gebruik jy 'n FL matrys of 'n NK matrys As jy 'n FL matrys gebruik raak die matrys nog aan die dop en doen jy 'n partial size
Met NK matrys moet jy ook soos met FL matrys die binne kant van die nek lube hier werk daai droe lube baie lekker
Last edited by Vlakvark on Thu Aug 02, 2012 1:34 am, edited 1 time in total.
Pvdw wrote:
Wat my dom maak is hoekom die skouer langer is na size as voor size?
Peet
Met FL sizing word die uitgesette dop bokant die web kleiner gedruk, hierdie materiaal vloei vorentoe, daarom word die skouerlengte (of headspace mate van die dop) langer. Maak of koop vir jou 'n meetapparaat (Stoney Point of Hornady headspace measuring gauge)om jou FL sizing die presies op te stel, sodat jy die skouerlengte van 'n gevuurde dop slegs .02 - .04mm korter te druk, dit behoort jou probleem op te los.
Sit jy Lube aan die binnekant van jou doppe se nekke voordat jy hom deur die matrys sit?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.