Page 1 of 1
140gr Accubond herwinde punte
Posted: Wed Aug 01, 2012 1:54 pm
by pietjacobs
Middag almal,
Die wat belangstel, die 2 punte het ek die naweek herwin uit 2 verskillende voltruise. Is geskiet uit 'n .270 teen 2900fps. Die 1 volstruis het gerange 304m en die ander 358m. Die is 140gr Accubond punte en het 94.8gr en 93.8gr geweeg na die tyd.
[img width=560 height=420]
http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... -00775.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... -00776.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... -00777.jpg[/img]
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Wed Aug 01, 2012 1:59 pm
by Dippies
Dankie Piet,
Maar as ek so kyk vir n bonded punt oor s lang afstand en die gewig retensie is die nie baie goed nie.
Groete
Dippies
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Wed Aug 01, 2012 2:04 pm
by Vlakvark
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Wed Aug 01, 2012 2:06 pm
by pietjacobs
Dippies, dis nes jy se daar, dis hoekom ek dit maar geplaas het. Wou hoor wat se die manne. Dis maar die 1ste keer dat ek die punte kon herwin. Al die ander kere skiet hy regdeer, en dit nog op Kudu's ook. Lyk my 'n voel is harder,

Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Wed Aug 01, 2012 2:16 pm
by Vlakvark
Piet
Vir daai lang afstande het ek ook beter gewig retensie verwag
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Wed Aug 01, 2012 2:32 pm
by pietjacobs
Ek sal bietjie vanaand die punte self weeg. 'n Vriend wat saam met my werk het dit vir my geweeg, want ek het die Lyman DPS III skaal, nou om die skaal op te start net om 2 punte te weeg was ek nie lus voor nie, maar sal vanaand net dubbeld seker maak.

Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Wed Aug 01, 2012 2:43 pm
by Dippies
Manne,
Hier is die cheap punte van R300 vir 100. Hierdie punt is geskiet teen 2850ftps op blesbok reg van voor en kom uit die boud uit. Borsbeen is gebreek en als.
175gr interlock en uithaal gewig 164gr.
Was heel verbaas met die manne se performance. Ek het ,y nog 2 pakke 162gr gaan koop om hulle te laai.
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 9:04 am
by Stefan764
Piet
Het jy been gevang?
Die Accubond is veronderstel om 70% geweig te behou onder normale omstandighede. 300+ meter is nie normale omstandighede nie, so ek stem saam dat die koeel nie genoeg gewig behou het nie. Al wat ek kan dink is dat n dik been getref is, dat het die koeel verseker goed presteer. Geen been getref = swak prestasie
Stef
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 9:14 am
by tripodmvr
Ek dink ons moet mooi kyk na hierdie geval. As ek reg redeneer is dit die vere wat hier 'n rol speel. Dink aan die debat oor haelkorrel grootte - hoe kleiner hoe beter wil penetrasie lyk. Is daar nie iemand wat al hiermee eksperimenteer het nie?
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 9:25 am
by Dippies
Manne,
Hier is nog Nosler punt wat herwin is uit n rooibok wat geskiet is op 185m met n 225gr Accubond teen 300ftps.
Die totale herwinde gewig was 115gr. En die pel van my is met Nosler oor die kop geslaan. Hy glo daarin soos sy Bybel. Maar hy se dis die laaste batch wat hy gekoop het wat so swak retensie het.
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 9:38 am
by kopskoot
manne
Ek skiet 200gr accubonds in my 338 Win Mag @ 3000f/s
n Tydjie gelede het ek saam met 'n vriend 'n paar zebras uitgedun en het besluit op die bogenoemde kombinasie, en kon ek hierdie punte (of koeels.ek weet nie meer nie) herwin.Daar was ook 'n paar ander waar die koeels nou nog vlieg. (dwarsdeur)
van links na regs:
[im[img width=560 height=418]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... ubonds.jpg[/img]g][/img]
1)200m op die knoppe en het groot bene gevang. Koeel in die teenoorgesteld blad gekry 152gr = 76%
2)110m op die knoppe en het ook groot bene gevang.koeel onder die teenoorgstelde blad gekry. 144 gr = 72%
3) 75m kopskoot, koeel onder die nekvel gekry nadat hy ook die nek gebreek het. 126gr = 63%
Die gewigsverlies was dus taamlik,(dog binne perke) ,maar die koeel het steeds baie goed gepenetreer.
Die koeels is ook uiters akuraat en daarom gebruik ek hulle.
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 10:15 am
by pietjacobs
Ek self vind hulle ook onsettend akuraat en veral oor afstand. Weet die BC op die 270 is 0.495 as ek nou reg onthou.
Die voels is almal in die poeper geskiet, so deer die stert vere en al die ingewande insluitend die maag en het dan net voor die bors vasgesteek.
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 10:45 am
by tau
kopskoot wrote:
manne
Ek skiet 200gr accubonds in my 338 Win Mag @ 3000f/s
n Tydjie gelede het ek saam met 'n vriend 'n paar zebras uitgedun en het besluit op die bogenoemde kombinasie, en kon ek hierdie punte (of koeels.ek weet nie meer nie) herwin.Daar was ook 'n paar ander waar die koeels nou nog vlieg. (dwarsdeur)
van links na regs:
[im[img width=560 height=418]
http://i1269.photobucket.com/albums/jj5 ... ubonds.jpg[/img]g][/img]
1)200m op die knoppe en het groot bene gevang. Koeel in die teenoorgesteld blad gekry 152gr = 76%
2)110m op die knoppe en het ook groot bene gevang.koeel onder die teenoorgstelde blad gekry. 144 gr = 72%
3) 75m kopskoot, koeel onder die nekvel gekry nadat hy ook die nek gebreek het. 126gr = 63%
Die gewigsverlies was dus taamlik,(dog binne perke) ,maar die koeel het steeds baie goed gepenetreer.
Die koeels is ook uiters akuraat en daarom gebruik ek hulle.
Kopskoot ek stem saam. Hulle druk waar jy mik 'n gaatjie. En dit is bekostigbaar.
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 12:11 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Die meeste Accubons wat ek al kon herwin ge so tussen 60-70% gewigsretensie behaal. In Piet se geval is dit 67% wat maar die norm is. Onthou ook dat daar klippe in n volstruis se maag is en dit n groot invloed op n koeel het.
Groetnis
Wouter
Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 1:06 pm
by Stefan764
Wouter Roets wrote:
Onthou ook dat daar klippe in n volstruis se maag is en dit n groot invloed op n koeel het.
Baie goeie observasie Baas Wout

Re: 140gr Accubond herwinde punte
Posted: Thu Aug 02, 2012 1:44 pm
by Biltong
Stefan764 wrote:
Wouter Roets wrote:
Onthou ook dat daar klippe in n volstruis se maag is en dit n groot invloed op n koeel het.
Baie goeie observasie Baas Wout
+1
Ja, daai koeels lyk juis of hulle uit 'n gruisgat gehaal is.
