Ek het besluit om self te begin herlaai vir my .375H&H. Ek kry nie konstante groeperings met fabrieks ammunisie nie, en die goed raak duur om so oor die toonbank te koop...
Ek het in die nuwe SA Jagter Tydskrif gesien mens kry 'n Lee Breech Lock Challenger Kit vir R1609.00 by Kloppers wat lyk my die basics bevat om te begin herlaai.
Nou wil ek 2 dinge by julle slim manne hoor... Sal die kit werk vir iemand wat nou wil begin herlaai? Mens kan mos later nog goeters en dinge aanskaf soos mens meer clued up raak? Of moet mens saam met die stel nog iets aankoop? Behalwe nou vir die die set...
Dan, het enige een van julle dalk 'n goeie resep (Quick load) vir die .375H&H wat mens mee kan begin? Maw. Tipe en grein punt, kruit, primer keuse en al die relevante dinge? Ek het 'n nuwe CZ550 Magnum Lux in .375H&H, ek dink hy het 'n 1 in 12 twist en 'n 25" duim loop. Maar ek is nie 100% seker nie, niemand kan my se nie...
Ek het gesien hier en daar praat ouens van die 270gr Barnes TSX, is dit 'n goeie keuse?
Ek sal regtig die advies opreg waardeer!
Dankie byvoorbaat,
Hennie

