Page 1 of 1
Verskil tussen Rooijak en Bakoor.
Posted: Sun Jul 29, 2012 11:41 am
by Christo
Die afgelope week s? 'n ingeligde "oom" vir my dat jy moeilik die roep/klanke van Rooi jakkalse en Bakore uitmekaar kan ken. Help met die een asseblief, wys net hoe min ek eintlik weet.
Die soogdier gids praat van Rooi jak se "Njaa-ha-ha-ha" en die Bakoor se "Hoe-hoe".
ps; as hulle dieselfde klink sal ek aan baie minder stres ly

want dan maak die geskree in die nag nie meer so erg saak nie.
Ek dink nie my stres gaan weggaan nie oom.
Re: Verskil tussen Rooijak en Bakoor.
Posted: Sun Jul 29, 2012 1:43 pm
by Mac
Freek,
Jy sal nooit in jou lewe met die twee deurmekaar raak nie, die bakoor skreeu soos 'n deurmekaar nonnitjies uil op steroids, miskien meer soos 'n jong meisie wat groot skrik, ek weet nie hoe om dit te beskryf nie, maar soos vlekkie? nie eers naby nie, se maar vir daai ou hy moet maar meer tyd in die veld deurbring.
As hier niemand is wat hom al opgeneem het en vir jou kan stuur nie, sal ek probeer as ek hulle weer kry. As jy weer in die veld is, en bakkies kom in, wag totdat hulle hulle verveel en weg loop, dan bring jy hulle terug met 'n ander klank, na so ruk sal hulle jou begin vloek, dan kan jy self hoor. Hulle het ook so meerkat agtige bymekaar bly geluid as hulle op rysmiere of maaiers afkom, of as hulle lekker kry, maar weereens, nie naastenby soos vlekkie nie.
Re: Verskil tussen Rooijak en Bakoor.
Posted: Sun Jul 29, 2012 6:28 pm
by Christo
Dankie Mac, ek het hulle nog nie gehoor of 'n klank wat ek gehoor het met hulle verbind nie. As daar iemand is wat hulle al opgeneem het stuur asseblief die klank vir my.