Page 1 of 1

QL vir 7mm Rem Mag

Posted: Sat Jul 28, 2012 7:12 pm
by Namib
Naand Manne

Ludwig jy kan daar help met die QL om die 7mm aan die gang te kry nie ASB.

7mm Rem Mag
Tikka t3 Hunter
24" loop
1-9 .5 twist
160 gr Accubond....................en ook met 175 gr Nosler Partition
CCI 250/F215 Gold
S365/S385
Nosler cases =86.2 vol
TPL 85 vir die 160gr en/of............................TPL van 83mm vir die 175gr
Wat sal jy/julle ook reken is die better gewig die 160 of die 175 vir die suide van Namibia.

Dankie en mooiloop

Re: QL vir 7mm Rem Mag

Posted: Sat Aug 04, 2012 8:31 am
by Ralph
Manne

Ek het nog altyd gewonder oor watter gewig koeel die beste is vir jag op die 7Rem Mag. Ek dink aan jag tussen 200 en 400 meter en dan kyk mens seker na trajek en veral energie. Sal QL kan help hiermee?

Groete
Ralph

Re: QL vir 7mm Rem Mag

Posted: Sat Aug 04, 2012 9:11 am
by tau
Ralph wrote: Manne

Ek het nog altyd gewonder oor watter gewig koeel die beste is vir jag op die 7Rem Mag. Ek dink aan jag tussen 200 en 400 meter en dan kyk mens seker na trajek en veral energie. Sal QL kan help hiermee?

Groete
Ralph
150 gr skiet so plat 100 - 300m is almal op 'n A4 bladsy sonder moeilikheid. Ek gaan nou 160 gr Accubonds probeer en dan gebruik ek 150gr Ballistic tips vir alles en teiken skiet. Ek wil net na die Accubonds gaan, want as jy onder 100m skiet met die BT begin hulle lelik op te breek. Anderkant 150 m kook hulle.

Ek het al my Gemsbokke by skoonma in die Suide geskiet met die 150gr en op daai afstande werk hulle uistekend.

Re: QL vir 7mm Rem Mag

Posted: Sat Aug 04, 2012 9:56 am
by Ralph
Ek skiet ook 150BT en hulle is baie akuraat. Het koedoe op 400m geskiet en baie vleis skade gehad toe ek op die blad geskiet het. Dis hoekom ek nou die barnes 150gr TTSX probeer het. Nog nie daarmee gejag nie maar grouping is onder 10mm. Energie op langer afstande met ligter teenoor swaarder koeels is vir my die groot kwessie. Monolistiese koeels help natuurlik met penetrasie. Moet se ek hou van die 150gr oor trajek soos jy ook genoem het.

Aan die einde van die dag gaan dit seker maar oor persoonlikke keuse. Bly interessant om te weet wat die feite is.

Ralph

Re: QL vir 7mm Rem Mag

Posted: Sat Aug 04, 2012 6:30 pm
by Namib
Naant Ludwig

Baie dankie en jammer ek kom nou eers trug,het vrydag trug gekom van n jag af.Ludwig hy het spoed al gemeet,sal kry en weer met jou gesels.
Ander maat van my skiet weer die 150gr Nosler BT op sy 7mm Rem Mag en hy glo in hulle,moet se ek sou ook 150 gr Noslers gegooi het as ek n 7mm Rem Mag geskiet het.

Baie dankie
Mooiloop