Page 1 of 1

Kan ek 'n scope met gom plak?

Posted: Thu Jul 26, 2012 10:04 am
by Renier
Dag manne

Ek weet dit klink snaaks, maar my .338 WM skop soos 'n donkie en ek het eers na my laaste jag agtergekom my scope het geskuif, seker al so 7mm van waar hy oorspronklik was. Die scope was so gemonteer dat dir "gerus" het die open sights. Daar is nou letterlik 2 groew in die scope soos dit teen die open sight geskaaf het. Moet ek die skroewe nog baie stywer vasdraai of kan ek die sccope en die ringe aanmekaar vasplak?

Vriendelike groete

Re: Kan ek 'n scope met gom plak?

Posted: Thu Jul 26, 2012 10:40 am
by atplay
Ek weet nie van die gom nie, maar het 'n man die ander dag op die baan gekry wat sy teleskoop aan sy .303 vasgesweis het - ek moet darem bysit dat die oom kla dat die teleskoop "nie lekker wil stel nie"!

Re: Kan ek 'n scope met gom plak?

Posted: Thu Jul 26, 2012 10:45 am
by Eugene
atplay wrote: Ek weet nie van die gom nie, maar het 'n man die ander dag op die baan gekry wat sy teleskoop aan sy .303 vasgesweis het - ek moet darem bysit dat die oom kla dat die teleskoop "nie lekker wil stel nie"!
:o :o :o :o :o :o

Ek het 'n ou windbuks scope op my laaitie se daisy met isolation tape vasgesit, maar sweis.... Syne was darem net vir die idee!

Re: Kan ek 'n scope met gom plak?

Posted: Thu Jul 26, 2012 12:07 pm
by Louis Kriel
Eugene wrote:
atplay wrote: Ek weet nie van die gom nie, maar het 'n man die ander dag op die baan gekry wat sy teleskoop aan sy .303 vasgesweis het - ek moet darem bysit dat die oom kla dat die teleskoop "nie lekker wil stel nie"!
:o :o :o :o :o :o

Ek het 'n ou windbuks scope op my laaitie se daisy met isolation tape vasgesit, maar sweis.... Syne was darem net vir die idee!
Die laaste "effort" van so iets wat ek gesien het, was toe my oom so 20 jaar terug, scope ringe op 'n R1 se romp deksel vasgeswys het om te probeer om 'n "sniper" R1 te maak.  Hoe hy wou gehad het dit moet werk, sal nugter weet.

Re: Kan ek 'n scope met gom plak?

Posted: Thu Jul 26, 2012 12:25 pm
by Biltong
Renier, ek ondersteun Ludwig se raad.

Ek dink nie daai scope was reg gemonteer nie. Ek moes die visier van my .338 ook afhaal om die scope mooi te pas.

Monteer hom reg deur lapping en moenie gom nie!

Groete.

Re: Kan ek 'n scope met gom plak?

Posted: Thu Jul 26, 2012 1:25 pm
by Renier
Baie dankie vir die raad almal. Ek sal verseker die lapping uitprobeer.

En sommer my geweersmid ook laat weet hoe ek voel.
Groete