Page 1 of 1

Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Wed Jul 25, 2012 9:21 pm
by Piet Breedt
[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ets001.jpg[/img]

Ek het die geleentheid aangegryp om hierdie scope wat se kruishaar spesiaal ontwerp is vir veldskiet, deur een van my Jaggeweer Protea spanmaats, nl: Andre Volschenk te toets toe Dolph dit vir my aanbied vir n toets lopie.

My eerste indrukke van die scope was dat hy nie te swaar is, en baie duidelik is. Ek het hom nou al op die Savage Axis .308, en die Savage Axis .22 250 getoets, en hul toetse is hier op die forum te sien. Behalwe vir beeld kwaliteit en helderheid, is die verstelbaarheid, en die vermoe om sy verstellings te behou seker die belangrikste faktore om na te kyk as jy n scope wil koop. Die keuse van kruishaar is persoonlik, en ook vir die doel waarvoor die scope hoofsaaklik aangewend gaan word.

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ets011.jpg[/img]

All dimensions given at 20 x magnification
A. 5 M.O.A
B. 2 M.O.A
C. 2 M.O.A.
D. 1 M.O.A.
E. 2.75 M.O.A.
F. 2 M.O.A
G. 1 M.O.A.
H. 0.4 M.O.A.
1 M.O.A is equal to  29.1 mm at 100 metres
2 M.O.A. is equal to 204 mm at 350 metres

Hierdie afmetings hierbo is korek op 20 x vergroting en werk baie effektief

This scope comes with a "fast focus" eye piece for reticle adjustment and definition.

The fast focus eye piece allows the competitive marksmen to have the sharpest reticle image possible with a quick and easy adjustment

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ets010.jpg[/img]


Ek het bietjie met hom gespeel op gonge op verskillende afstande op verskillende vergrotings, en as jy jou huiswerk bietjie goed doen met die scope, kan jy gonge baie doeltreffend range, mits jy genoeg tyd het, en n stewige skiet posisie. My ondervinding is egter dat onervare skuts so erg deur die fluitjie gepla is, dat hulle vergeet daarvan. Maar n ervare skut kan hom baie beslis tot sy voordeel gebruik. Die kruishare is egter baie fein, en beslis te fein vir my o?, maar Dolph het ges? dat hy reeds die volgende besending bestel het met effens dukker kruishare. Ek vermoed dat die manne met goeie o? wel goed sal regkom met die huidige kruishaar, en dit so sal verkies. Die kolletjie in die middel is egter 100% reg, en nie te groot. Die 3 lyntjies onder die middel kolletjie word gebruik om oor die gonge gesit te word, en in te pas om dan die afstand te verifieer. As daar mirrage is, raak die strepies egter maklik weg op die gong aangesien hul so dun is, en daarom dan my aanbeveling aan Dolph om hul effens dukker te maak.

Hierdie scope sal ook baie lekker jag, aangesien sy vergroting afgedraai kan word na 6, en op die bokteikens waarop ek hom getoets het, sy kruishaar met die kolletjie op verskriklik lekker werk. Sy helderheid is verbasend goed, en selfs teen laaste lig kon ek verlede week baie mooi sien met hom, en nog mooi groepe skiet. Die groepe wat ek met die .22 250 Savage Axis en die Savage .260 Rem LRP met die scope op geskiet het, getuig van n scope wat baie goed "track" en sy zero behou, selfs na herhaaldelikke verstellings van een geweer na die ander, en van een afstand na n ander.

Ek het tans die scope op my Savage .260 Rem LRP, en is van plan om hom daarop te hou vir n langtermyn toets. Ek was tot dus ver baie beindruk met sy verstelbaarheid op al 3 gewere, en hy stel presies soos wat jy van hom verlang. Op die .260Rem, het ek n 20MOA Picatinni rail en moes ek geweldig baie afkom, en so 3" links op 100m nadat ek hom op die .22 250 gehad het met gewone Weaver Rails op. Ek het op n teiken geskiet wat se blokkies presies in duime was, en het na my eerste skoot uitgewerk hoeveel clicks ek moet af (26), en 13 liks. Die volgende skoot was in die plakkertjie. Dit was ook die geval op al twee die vorige gewere waarop ek hom ge monteer het. Ek is dus uiters in my skik met sy verstelbaarheid, en ook hoe hy sy POI behou, selfs nadat ek die turrets op en weer af gestel het vir verskillende afstande, en hoe hy weer terugkeer na sy zero.

Sy turrets is ook lekker groot en van die taktiese soort, en het genoeg plek op om jou afstande op te skryf soos ek maak. Die feit dat sy turrets kan toedraai met n doppie op is n groot bonus. Dus kan dit nie skuif as jy jou geweer in n skietsak, of in die bakkie sit. Dit het my verlede naweek duur te staan gekom, aangesien my turret op my Nightforce verstel het toe ek my geweer in n stywe geweersak geb?re het by die voorlaaste baan van die Limpopo Ope, en toe skiet ek te veel links op die laaste baan, en skiet 2 x -15's op seker die maklikste baan van die dag. n Springbok op ongeveer 150m met n dooierus l? oor n damwal. Ek het dit nie gesien tot na die skiet toe ek sien dat my groep heel links sit. Ek sou gesamentlik tweede met n telling van 870 gewees het. So leer mens.

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ets003.jpg[/img]

[img width=560 height=418]http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... ets009.jpg[/img]

Sy Turrets stel lekker positief, veral die op en af een, maar die links en regs turret is nie so positief soos die op en af een, en moet ek my oormowwe afhaal om die clicks te hoor. Die "side focus" parralux is ook baie effektief en herhaalbaar, maar ongelukkig is hy nie gemerk in yards of meters nie, maar net met sulke strepies wat al dikker word. Die parralax is ook nie deurgaans baie glad nie, en is effens hakkerig op net een plek. Andersins het ek regtig geen klagtes oor die scope nie.

Hierdie scope is net wat ons nodig het, en vul n groot gaping in die mark, veral met sy prys in ag geneem. Dolph moet hom nou net nie te duur gaan staan en maak nie, en ek glo dat baie manne wat so bietjie noustrop trek, en nie die R 15,000.00 en baie meer scopes kan bekostig waarmee so baie van ons nou mee skiet, sal koop.

Baie geluk aan Hennie Breytenbach met n voltal, en Natali Terblanche wat elk met so scope die algehele en die dames klas wenners was by die Limpopo Veldskiet Ope, in sov?r ek weet, die eerste persone is wat n veldskiet kompetisie met die scopes geskiet het. Hulle is albei Protea skuts en my spanmaats in die Veldteiken Luggeweer span wat eersdaags na Noorwee gaan waar ons in die W?reldkampioenskappe gaan deelneem.


Ek is van mening dat dit sov?r die beste scope in die Rudolph reeks is wat ek tot dusv?r getoets het, en n komplimet vir Dolph is dat hy so kwaliteit produk op ons mark geplaas het teen n bekostigbare prys. Ek sal hom egter nog so R 1000.00 goedkoper wou sien, net om homself goed te vestig.  Dolph het reeds ingestem dat ek hierdie een vir n langer termyn kan toets om sy duursaamheid te kan evalueer.

Re: Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Thu Jul 26, 2012 8:14 am
by Zack Benade
Hallo Piet
Sy Turrets stel lekker positief, veral die op en af een, maar die links en regs turret is nie so positief soos die op en af een, en moet ek my oormowwe afhaal om die clicks te hoor.
Dankie vir die mooi toets.  Ek het dieselfde probleem met die turrets ondervind toe ek een vasgehou het.  Op die ou einde het ek nie een gekoop nie want ek was baie skepties oor die negatiewe harde verstelling van die horisontale turret.  Altwee turrets moet dieselfde verstel anders is my geloof in die scope weg. ??? ???

Groete
Zack 

Re: Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Thu Jul 26, 2012 12:14 pm
by Biltong
Piet, dis 'n goeie toetsverslag, baie dankie.

Terwyl Dolph nou dikker kruishare gaan insit, kan die afstandlesings op die paralaksknop nie ook bygesit word nie?

Met die jaggeweerkompetisies stel ek gewoonlik die paralaks voor die tyd op die geskatte afstand.  Dis nie ideaal om eers te mik en dan te besef dat die paralaks dalk nie reg is nie want jy kan nie maklik sien op watter afstand dit gestel is nie.

Ek stel werklik belang om in die toekoms een van hierdie te kry vir kompetisies.

groete

Wicus.

Re: Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Tue Aug 14, 2012 10:42 am
by Fritz de Jager 3
More Piet

Ek het sien jy het ook n Savage .260 LRP. Ek stel baie belang om nou vir my so n geweer te koop. Ek wil graag lang afstande begine skiet sowel ook aan die veldskiete te begin deel neem. Wil graag hoor of jy gelukkig is met jou Savage en watter teleskoop jy sal aan beveel ? Ek sien jy het die Rudolhp baie goed getoets.

Groete

Re: Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Fri Aug 24, 2012 4:00 pm
by Piet Breedt
Eland, ek geniet die .260 baie en lyk my hy skiet enige iets wat jy hom voer op n tiekie. Ek het tans die Rudolph op hom, en albei verbaas my elke keer as ek met hul skiet.

In die kort teidjie wat ek die .260 Rem Savage skiet, het hy al diep onder my vel ingekruip.

Re: Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Fri Aug 24, 2012 4:58 pm
by SeeMoNsteR
Middag manne.. Kan iemand dalk vir my se hoeveel vertikale MOA verstelling die spesifieke scope het??

Prys, asook waneer hul vir die publiek beskikbaar sal wees??
Dankie 

Re: Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Fri Aug 24, 2012 9:00 pm
by immelmanw
SeeMoNsteR wrote: Middag manne.. Kan iemand dalk vir my se hoeveel vertikale MOA verstelling die spesifieke scope het??

Prys, asook waneer hul vir die publiek beskikbaar sal wees??
Dankie
Naand. Stuur sommer n e-pos aan Dolph direk, info@rudolphoptics.co.za

Re: Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Fri Aug 31, 2012 12:18 pm
by Arnold
Is dit 25MOA totaal of +-25MOA?

Re: Rudolph T3 6 - 24 x 50 Veldskiet scope toets

Posted: Mon Nov 26, 2012 8:53 am
by Piet Breedt
Ek het n 20MOA Picatinni rail op my Savage .260 Rem en as ek op dial om die 825m gonge te skiet, het ek nog baie clicks oor voor hy op sy maksimum is.

Ek moet 79 clicks op stel vanaf my 100m om by 825m uit te kom. Ek het dan nog 268 clicks oor om op te stel, dus kan ek efektief opstel om op 1875m nog te kan bykom met die scope. Dit is baie meer as wat ek ooit sal nodig kry met hierdie kombinasie.

Ek het hom nou al verskeie kere vanaf 100m zero op gestel na 825m toe en weer terug, en die scope het elke keer weer presies teruggestel. Dit wys vir my dat sy tracking baie goed is en dat jy op hom kan vertrou.

Nadat ek die scope nou al vir n geruime tyd gebruik, en baie op en af stel, is ek regtig baie beindruk met hom, en veral sy helderheid verbaas my elke keer as ek met hom skiet. Ek het al met baie duurder "naam" teleskope geskiet met min of meer dieselfde vergrotings, wat definitief nie so helder is as hierdie Rudolph nie.

Aanvanklik het ek gedink die links en regs verstelling se clicks was nie so positief nie, maar nadat ek een middag hom so bietjie links wou stel het ek gesien hy verstel nie so presies soos hy moet. Dit voel toe of sy turret gly en na nadere inspeksie sien ek toe dat die lock skroefies van die turret los is. Toe ek hulle vasdraai met n Allen key, toe stel hy sommer baie mooi positief net soos die op en af, en hy skuif ook soos ek vra. Die clicks klink toe ook sommer baie meer positief en duidelik.  Dit was toe al die tyd die oorsaak dat die links en regs clicks nie so positief was, soos die op en af clicks.

Ek kan hierdie Rudolph met n geruste hart aanbeveel as regtig goeie waarde vir geld, en gaan ek hierdie een vir myself hou, net so op die .260 Rem waar hy tans diens doen. Die klein kolletjie werk besonder lekker op die gonge.