Aanvaarbare akuraatheid?
Posted: Sun Apr 25, 2010 5:02 pm
Ek het onlangs n mauser obendorf .22 met n k98 aksie vernuut gekry. die geweerkie is mog in n redelikke goeie toestand. hy kan n scope vat as mens die bolt laat buig. ek probeer hom toe oop versuur met winchester wildcat 40gr patroontjies wat ek het. sien toe hulle werk sonder enige stelling nodig. Ek het vandag met die oop versiere gan skiet - op 50m kry mens onder 1 duim konstant en n half duim met bietjie moeite en op 100 meter so 2.5 duim en 2 duim met bietjie moeite. wat ek wil weet is of die aanvaarbare akuraatheid is vir die geweertjie? ek dink nie hy het genoeg woema vir enige iets verder as 50m in elkgeval nie. is dit die moeite werd om n scope(4x34) op die geweertjie te sit?
groete
groete