Page 1 of 1

Oordoen van ladings

Posted: Wed Jul 25, 2012 12:49 pm
by Ruhan
Nadat ek 20 rondtes vir my .243 gelaai het vir jag, het ek besef ek het 0.3gr te veel gelaai as die lading wat vir my die beste groepering gee.
Sou julle voorstel ek trek die koeels en begin oor of hou hulle net so.

Indien ek oor moet laai, is dit beter om weer te necksize voor kruit en koeels weer gelaai word?

Re: Oordoen van ladings

Posted: Wed Jul 25, 2012 1:01 pm
by Vlakvark
Ruhan
As daai .3g Jou nie oor jou MAX lading vat nie en nie jou groepe te veel grooter gemaak het nie sal ek dit net so gebruik

Re: Oordoen van ladings

Posted: Wed Jul 25, 2012 1:02 pm
by BLOK
Ruhan

Dit sal seker maar afhang van hoe die groepering lyk met die ekstra kruit asook wat jy met die gelaaide patrone beplan om te doen. As die groepering nie te sleg is nie sal hulle seker nog werk bv vir bosveld jag as dit baie sleg is sal ek voorstel jy trek hulle en begin oor. Haal net jou "die" se decaping pin uit en size hulle weer.

Probleem opgelos.

Re: Oordoen van ladings

Posted: Wed Jul 25, 2012 4:02 pm
by Cobus(Cobb)
...of trek die sneller sagter...die koe?l kom dan so 0.3gr stadiger uit die loop uit.

Cheers

Re: Oordoen van ladings

Posted: Wed Jul 25, 2012 6:00 pm
by Jagtersdok
As jou lading oordentlik uitgewerk is sal daai niks verskil maak as jy mooi in die sweetspot is nie

Re: Oordoen van ladings

Posted: Wed Jul 25, 2012 7:09 pm
by kopskoot
Ruhan

Ek sou hulle nie uittrek nie. n tempratuur verskil van 5 grade celcius, sal n groter verskil teweeg bring as daai .3 gr.  Ek dink vir n benchrest skut sal dit dalk, maar vir jag, kan  ek nie glo nie. Ek glo ook nie dit sal onveilig wees nie,tensy jy natuurlik alreeds ver oor die maksimum voorgestelde lading is.

Groete

Re: Oordoen van ladings

Posted: Wed Jul 25, 2012 10:16 pm
by Ruhan
Nee wat ek is heelwat onder die maksimum! Die lading is 38.6 in plaas van 38.3 S365 agter 'n 95gr Nosler Ballistic Tip.

Hopelik kan ek voor die naweek paar skote geskiet kry net om te kyk hoe groot die verskil in groeperings is.

Lekker aand

Re: Oordoen van ladings

Posted: Tue Jul 31, 2012 10:06 am
by Ruhan
More manne,

Net bietjie terugvoer oor die naweek se jag. Die 0.3gr het geen verskil gemaak in jagomstandighede nie. Daar waar ek gemik het, het die lood getref.
Ek dink vir bench rest sal dit nie ideaal wees nie maar in die jagveld, no problem.

groetnis